Previous Page  92 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 92 / 108 Next Page
Page Background

op plaasvlak

Agronomiese praktyke / Argentynse stelsel / Verskillende streke

Bewaringslandbou

Argentynse

en

plaaslike

praktyke

in proewe vergelyk

Deel 4: Evaluering van sekere grondeienskappe

Julie 2018

90

D

eel 1 en Deel 2 is in die Junie-

uitgawe van

SA Graan/Grain

en

op bladsy 88 van dié uitgawe is

Deel 3 van hierdie reeks gepu­

bliseer. Die agtergrond, proefpraktyke,

opbrengste en basiese grondeienskappe

ten opsigte van die vergelyking van die

Argentynse geenbewerkingspraktyke met

plaaspraktyke in verskillende produksiege­

biede is daarin uiteengesit.

Die proewe is op die volgende lokaliteite

uitgevoer:

Settlers, in die Springbokvlakte, met ‘n

warm semi-ariede klimaat, op ‘n swaar

klei (turf)-grond, op die plaas Good

Hope van mnr Willem Groothof;

Nigel, met ‘n koel, humiede klimaat, op ‘n

diep sandleem- tot sandkleileemgrond;

op die plaas Manjoh Ranch van mnr

Tony da Costa;

Odendaalsrus, met ‘n warm, semi-

ariede klimaat, op ‘n sand- tot sand­

kleileemgrond, op die plaas Leeuwkuil

van mnr David Maree; en

Lichtenburg, met ‘n warm klimaat, op

‘n deeglik-gedreineerde, diep sand­

kleileemgrond, op die plaas van mnr

Arno van Vuuren (hierdie proef is

ongelukkig na twee seisoene gestaak en

sal nie bespreek word nie).

In hierdie artikel (Deel 4) word gefokus op

die evaluering van sekere grondeienskappe

wat, soos gemeet in die 2013/2014-seisoen,

enersyds ‘n rol speel in die implementering

van die Argentynse en plaaspraktyke,

maar ook andersyds beïnvloed is deur die

implementering van hierdie praktyke.

Brutodigtheid en

wortelontwikkeling

Die brutodigtheid van die proefgronde is

met ‘n valhamerboor (

Foto 1

) in duplikaat

op reëlmatige diepte-intervalle bepaal. Op

Good Hope is brutodigtheid op ‘n graan­

sorghumland onder die plaaspraktyk en

op Manjoh Ranch en Leeuwkuil op ‘n mie-

lie- en sonneblomland, onderskeidelik, bei­

de onder die Argentynse stelsel bepaal.

Op die Arcadia-grond van Good Hope is

baie lae brutodigthede (

Grafiek 1

), wat

goeie wortelontwikkeling tot gevolg gehad

het (regs op Foto 1), gemeet. Onder die

Argentynse stelsel op die Hutton-grond

van Manjoh Ranch is ‘n betreklik-hoë bruto­

digtheid van 1,69 g/cm

3

op 150 mm-diepte

gemeet met waardes wat gaandeweg

kleiner word hoe dieper ‘n mens gaan.

Op Leeuwkuil op die Avalon-grond is

ook hoë brutodigthede op vlak grond­

dieptes onder die Argentynse stelsel

gemeet: Terwyl ‘n brutodigtheid van

1,45 g/cm

3

op 36 mm-diepte gemeet

Dr Danie Beukes,

onafhanklike grondkundige en

HERTZ EISELEN

, AgriConsult Trust

Grafiek 1: Brutodigthede op proefgronde.

Grafiek 2: Grondwaterinhoude van gronde onder graansorghum op Good Hope (Arg91K =

Argentynse stelsel teen 91 000 plante/ha, Plaas67K = plaaspraktyk teen 67 000 plante/ha).

1

2