Previous Page  87 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 87 / 108 Next Page
Page Background

85

July 2018

Dit weerspieël duidelik die wisselvalligheid

van reënval en opbrengste wat die afge-

lope paar jaar voorgekom het.

Dit is belangrik dat in gedagte gehou word

dat faktore soos die verspreiding van

reënval deur die loop van die seisoen ‘n

noemenswaardige impak op opbrengspo­

tensiaal, wat nie in die berekeninge weer­

spieël word nie, kan hê. Dit kan grootliks ‘n

verduideliking wees vir die wisselvalligheid

in die afwyking van die gemiddelde

opbrengs teenoor die gemiddelde reënval

vir die seisoen.

Bultfontein-area

Die syfers vir die Bultfontein-area toon

dat die gemiddelde reënval vanaf die

2006/2007-seisoen ongeveer 473 mm per

seisoen beloop het. Na die aanpassing vir

die beskikbare water vir die seisoen, is die

gemiddeld ongeveer 440 mm/seisoen wat

effens laer as die jaarlikse gemiddeld is.

Die gemiddelde opbrengs vir die Bultfon­

tein-area oor hierdie tydperk, soos dit deur

die NOK gerapporteer word, is 4,8 t/ha.

Die gemiddelde opbrengs per millimeter

reën vir die Bultfontein-streek is ongeveer

10,97 kg graan/mm reën. Die jaarlikse

gemiddeld word in

Grafiek 3

aangedui.

Grafiek 4

toon die persentasie afwyking

vanaf die gemiddeld van beide reënval en

opbrengste vir die streek.

Uit Grafiek 4 is dit duidelik dat dit ook be-

treklik wisselvallig oor hierdie tydperk

was, maar dat daar wel jare was waar

bogemiddelde opbrengste met onderge­

middelde reënval geproduseer is.

Wesselsbron-area

Die Wesselsbron-area se gemiddelde

reënval oor die tydperk vanaf die 2007/2008-

seisoen is ongeveer 486 mm per ka­

lenderjaar. Die plantbeskikbare water na die

aanpassing was ongeveer 427 mm/seisoen.

Volgens die NOK se syfers was die ge­

middelde opbrengs vir die streek onge­

veer 4,93 t/ha wat gelykstaande is aan

4 930 kg/ha. Dit beteken dat die gemiddel-

de opbrengs vir die streek ongeveer

12 kg graan/mm reën is. Die jaarlikse syfers

vir die Wesselsbron-streek word in

Gra-

fiek 5

op bladsy 87 getoon.

Grafiek 6

op bladsy 87 toon die gemiddelde

persentasie afwyking vanaf die gemiddeld

vir beide reënval enopbrengste vir die streek.

In dieWesselsbron-area gaan bogemiddelde

reën in menige gevalle gepaard met die

versuiping van graan, wat ‘n negatiewe

impak op opbrengs het. Daar was wel jare

waar die bogemiddelde reënval goeie bo-

gemiddelde opbrengste in die streek

opgelewer het.

Grafiek 2: Persentasie afwyking vanaf gemiddeld vir reënval en opbrengs

per seisoen: Bothaville-area.

Bron: LNR-GKW en NOK

Grafiek 3: Reënval en kg graan/mm reën per seisoen in die Bultfontein-area.

Bron: LNR-GKW en NOK

Grafiek 4: Persentasie afwyking vanaf gemiddeld vir reënval en opbrengs

per seisoen: Bultfontein-area.

Bron: LNR-GKW en NOK