Previous Page  15 / 23 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 15 / 23 Next Page
Page Background

ႃႇ

HOOFSTUK 8

Gevorderde boere

Daar is steeds ’n gaping tussen die meer gevorderde ontwikkelende boere en die kom-

mersiële boere. Al die ontwikkelende boere kan nie op dieselfde basiese vlak onder-

steun word nie. In die studiegroepe word boere ondersteun met inligting en opleiding

omhulle by bestepraktyk-produksie betrokke te kry. Talle boere het ontwikkel en is nou

klaar met hierdie soort ondersteuning, aangesien hulle reeds op ’n semi-kommersiële

grondslag boer. Hulle is egter nog nie só geposisioneer dat hulle in die mededingen-

de kommersiële wêreld heeltemal aan hulle eie genade oorgelaat kan word nie. Dit is

hoofsaaklik die kleinboere (10 ha tot 250 ton). Ons probeer ook om die boere bewus te

maak op die belangrikheid van bemarking en ons bring hulle in kontak met agente wat

bereid is om daardie pad saam met hulle te stap. Die vrye mark is vir talle mense, en

veral vir ontwikkelende boere, baie uitdagend.

Die doel van hierdie program is om die uitstaande kandidate te ondersteun

wat uit die studiegroepstelsel te voorskyn gekom het. Hierdie boere het een-

tot-een-ondersteuning nodig ten opsigte van produksiebeplanning, bestuur,

ondersteu-ning ten opsigte van finansiële aansoeke en verslagdoening, enso-

voorts. Die Graan SA-span stel ook gedetailleerde sakeplanne vir hierdie boere

op wanneer nodig. Wanneer die boer meer as 250 ton/jaar produseer en aan die

“kommersiële” produksiestandaarde voldoen, word hulle aan die kommersiële

boere in daardie streek oorhandig om die integrasie van die swart boere by die

kommersiële sektor te versnel. In 2015 het die onderskeie kantore ’n totaal van

154 gevorderde boere ondersteun.

Die vordering ten opsigte van die nuwe-era kommersiële status was stadiger as

wat verwag is, aangesien hierdie boere talle uitdagings moet oorkom:

Produksielenings

• Talle boere voldoen nie aan die sekuriteitsvereistes van die uitleeninstellings

(insluitend die Land Bank) nie.

• Die boere kwalifiseer nie vir multirisikoversekering nie.

• Indien die boere gelukkig genoeg is om vir multirisikoversekering te kwalifiseer,

is die waarborg nie genoeg om die lening te sekureer nie.

• Die klein marges in droëland-graanproduksie maak dit riskant vir iemand wat

nog die “ambag” leer – daar is geen ruimte vir foute nie.

Trekkers en masjinerie

• In talle gebiede is meganisering nie beskikbaar nie.

• In gevalle waar daar meganisering is, is die toestand daarvan dikwels baie swak.

• Die regering het in sommige gebiede gedeelde toerusting verskaf, en die

bestuur daarvan skep swak produktiwiteit.

• Kontrakteurs word wyd gebruik en daar is geweldige uitdagings hieraan ver-

bonde, insluitend die tydsberekening van bedrywighede, die gehalte van die

werk wat gedoen word en die hoë koste daarvan (slegs die kontrakteur maak

op die ou einde geld).

Kwessies ten opsigte van grondgebied en grond

• In die gemeenskaplike gebiede is die besitreg dikwels onseker (boere

“gebruik” die ongebruikte grond van afwesige boere asook hulle eie grond en

die besitreg van die grond is nie verseker nie).

• Die pH van die grond is laag (veral in gebiede met ’n hoër reënval en groter po-

tensiaal), en in talle gebiede is die fosfaatvlakke baie laag as gevolg van jare se

bewerking sonder die aanwending van voldoende bemestingstowwe.

• Grond met lae potensiaal word beplant (onwinsgewend).

• In sommige gebiede, soos die besproeiingslanderye in Taung, deel vier boere

een sentrale spilpunt, wat baie spanning veroorsaak.

Demonstrasieproefnemings en boeredae

Die doel van die demonstrasieproefneminglanderye is om aan die ontwik-

kelende boere die resultate van goeie produksiepraktyke te WYS: Die regte

Boere ontvang opleiding in verskeie

fasette van boerdery en bestuur.