SA Graan Augustus 2014 - page 78

OP PLAASVLAK
Plaagbeheer
–Deel 3
PJ PIETERSE,
Departement Agronomie, Universiteit van Stellenbosch
Predikantsluis (
Ripgut brome
)
WINTERREËNVALSTREEK
Onkruide in die
Reeks
n
aas raaigras en wildehawer, is predikantsluis (
Bromus
diandrus
)sekerdiebelangrikstegrasonkruid ingesaaides
indiewinterreënvalstreek.
Die suiwer spesie
B. diandrus
en naverwante spesie
B. rigidus
is aparte spesies in Europa, maar in Suid-
Afrikaverbasterhullevrylikenstaandusasdie
B. diandrus
kompleks
bekend.Daar isniehierplaaslikdrastieseverskille tussendiespesies
nie enhulleworddus saambehandel as die
B. diandrus
kompleks.
Dit is ‘n yl vertakte polgras wat tot 1 m hoog kan word. Alhoewel
die halms haarloos is, is daar digte hare op die blare. Die liguul
(blaartongetjie) is ‘n4mm - 6mm lange,witmembraan. Kenmerkend
van jong saailinge is die fyngestreepte (perserig gestreep)
blaarskedes. Die bloeiwyse is ‘n skurwe, slaphangende pluim endie
blompakkies is lank en reguit, tot 6 cm lankmet skurwe kafnaalde.
Kleure is groen of groen met pers in die onvolwasse stadium. Die
sade is lig- tot donkerbruin, tot 1,1 cm lank en gerond aan die een
kant en ingeduik aan die ander kant. Predikantsluis is ‘n redelike
strawwe kompeteerder.
In Australië is daar gevind dat waar 400 predikantsluisplante vir
71 dae met koring gekompeteer het, het die droë massa per
koringplantmet ongeveer 65%gedaal endie aantal koringhalms per
vierkantemetermet ongeveer 45%. Indieselfde studie is gevinddat
100 predikantsluisplante per vierkante meter die koringopbrengs
met 30% kan verlaag.
Die plante word ook nie in die volwasse stadium geredelik deur
vee benut nie omdat die kafnaalde in hulle bekke en neuse steek.
Dit kan ook die wol van skape kontamineer en saad hiervan kan
graderingsroosters verstop. Boonop kan dit as gasheer optree vir ‘n
aantal graanwortelsiektes.
Voorkoms en verspreiding
Predikantsluis kom redelik wydverspreid in die winterreënvalstreek
voor, maar veral in die Sandveldgebiede waar raaigras nie juis
aard nie en in die naburige Swartland is dit ‘n belangrike onkruid
van ekonomiese belang. Dit groei ook langs paaie, in tuine en
op klam plekke langs riviere. Koring-monokultuur en beperkte
grondbewerkinghet getalle vanhierdieonkruid laat toeneem.
Beheer
Chemiese beheer
Die lys van onkruiddoderswat vir predikantsluis geregistreer iswat
indiepublikasie
AGuide for theChemical Control ofWeeds inSouth
Africa
genoemword, word in
Tabel 1
aangetoon. Daar is ook ‘npaar
onkruiddoders en toepassings bygevoeg wat geregistreer is nadat
die gids gepubliseer is asook sommige nie-selektiewe onkruiddo-
ders wat nie spesifiseer watter onkruidspesies beheer word nie,
maar wat wel effektief teen predikantsluis is as daar nie weerstand
is nie.
Dit isnoodsaaklikdat produsenteen/of chemiesevervaardigings- en
bemarkingsmaatskappye probeer vasstel wat die weerstandstatus
van predikantsluis in ‘n land is voordat onkruiddoders daarop
toegedienword.
Indien daar nie weerstand teen ‘n spesifieke onkruiddoder is nie,
moet sorg gedra word dat die onkruiddoder onder goeie spuit-
toestande en die korrekte dosis toegedienword op onkruidwat nie
groter as die vierblaar-stadium is nie.
Téhoëen té laedosisse veroorsaak hoë seleksiedruk vir teikensetel-
en nie-teikensetelweerstand onderskeidelik. Wissel ook die gebruik
van ‘n effektiewe onkruiddoder so gereeld asmoontlik afmet ander
onkruiddoders met ‘n ander werkswyse (met ander woorde in ‘n
anderwerkswysegroep).
In Tabel 1 word aangedui teen watter onkruiddoders, wat geregi-
streer is vir beheer van predikantsluis, daar alreeds bewese of
vermoedelike weerstandwaargeneem is. Alhoewel weerstand teen
onkruiddoders in predikantsluis nie op so groot skaal voorkom as in
raaigras nie, is daar tog ook baie gevalle vanweerstand aangeteken
enwaargeneem.
Dit is egter makliker om weerstand in predikantsluis te beheer
veral as dit in die vroeë stadium waargeneem kan word. Omdat
predikantsluis selfbestuiwend is, sal ‘nweerstandbiedende plant se
weerstandsgenenet deurmiddel vansaadoorgedrawordendit kom
dus kol-kol op ‘n land voor waar die weerstandbiedende moeder-
plant die vorige jaar gestaanhet.
Indien predikantsluisplante opgespoor kan word voordat die saad
ryp word en uitgestort word, kan die kolle plante maklik met die
Wetenskaplike naam:
Bromus diandrus
Afrikaanse naam:
Predikantsluis
Engelse naam:
Ripgut brome
Augustus 2014
76
1...,68,69,70,71,72,73,74,75,76,77 79,80,81,82,83,84,85,86,87,88,...124
Powered by FlippingBook