SA Graan Augustus 2014 - page 76

Hierdiedrie faktore sit woema
indieselpryse
d
iesel het die afgelope vyf jaar gemiddeld 15% tot ‘n
graan- enoliesadeprodusent se lopendeproduksiekoste
bygedra. Gedurende hierdie vyfjaar-tydperk het die
groothandelsprys van diesel vanaf ‘n laagtepunt van
R6,86per liter inJulie2009 tot die rekord tot nou toevan
R13,39 per liter in Maart 2014 gewissel. Die dieselprys
het vanaf Julie 2009 tot Julie 2014met 88% toegeneem.
‘n Mens kan jouself net indink wat die koste-implikasie van só ‘n
styging is, van ‘nkomponentwat 15%van jou lopendekostebeslaan.
Faktorewat die dieselprys beïnvloed
Plaaslike brandstofpryse word tot op groothandelsvlak gereguleer.
Met ander woorde: Dit word deur ‘n sekere formule op ‘n
maandelikse basis deur die regering vasgestel. Dit is basies ‘n
invoerpariteitsprysberekening wat op grond van internasionale
brandstofprodukpryse bereken word. Daar is drie faktore wat
hoofsaaklik ‘n rol speel indieberekeningvandieplaaslikedieselprys,
naamlik internasionale brandstofprodukpryse (afgelei van die
ruolieprys), die waarde van die wisselkoers en plaaslike belastings
enheffings opdiesel.
‘n Uiteensetting van hoe die plaaslike groothandelsprys bereken
word, word in
Tabel 1
aangetoon, terwyl die bydrae wat elke koste
tot diedieselprys het, in
Grafiek 1
aangedui word.
Ruolieprys
Die ruolieprys het in dollarwaarde oor ‘n vyfjaar-tydperk vanaf
Junie 2009 tot Junie 2014met 63% vanaf $68,58per liter tot $111,96
per liter toegeneem.
Wisselkoers
Die rand/dollar-wisselkoers het oor hierdie vyfjaar-periodemet 33%
vanaf R8,03 tot R10,69 verswak.
OP PLAASVLAK
CORNÉ LOUW,
senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
INSET
-oorsig
Augustus 2014
74
Grafiek 1: Diebydraewat elke koste tot diedieselprys het.
1...,66,67,68,69,70,71,72,73,74,75 77,78,79,80,81,82,83,84,85,86,...124
Powered by FlippingBook