SA Graan Augustus 2014 - page 75

Eersteklas
kundigheid
verseker
groei in jou
besigheid.
Besproeiingsbastersvirdie top resultate.
PANNAR sepraktieseboerderyoplossings is ’n
koste-effektiewebestuursinset.DieYIELDBOOST
swam-en insekdoderspuitprogrammegee
gemoedsrusengoeie risikobestuurop ’n
uitgesoektegroep topmieliebasters.
2014/MAIZE/A/05A
®Geregistreerde handelsmerke vanPANNARBPK, © 2014PANNARBPK
GLOBALE TEGNOLOGIE
PLAASLIKE PRESTASIE
Saam boer ons
vir die toekoms
73
Pryse het daarna tydens die vroeë lewering van mielies tot einde
April 2014 skerpgedaal.
Vanaf die derde week in Junie het die internasionale prys vanmie-
lies ook skerp begin daal, wat tot laer uitvoerpariteitsprysvlakke
gelei het. Die plaaslike JSE-mieliepryse het die internasionale prys-
daling nagevolg. Die plaaslike mieliepryse het sedert ‘n maand ge-
ledemet 9%vanaf R1950/ton tot R1775/tonop18Julie2014gedaal.
Mielieprysvooruitsigte
Ten tye van die skryf van hierdie artikel, het markdeelnemers wat
op die JSE deelneem, verwag dat toekomstige pryse vir wit- en
geelmielies soos aangedui in
Grafiek 8
in die komendemaande kan
realiseer. Teen die huidige pryse is die produksie van mielies nie
winsgewend nie. Die lae pryse kan aanplantings vir die volgende
seisoen bo en behalwe die moontlikheid van ongunstige weers-
toestande, negatief beïnvloed.
Dit is belangrik om daarop te let dat indien Suid-Afrikaanse pro-
dusente in die komende produksieseisoen weer 2 668 000 hektaar
aanplant en die opbrengs in plaas van ‘n rekord 5,17 ton/ha, slegs
4,34 ton/ha beloop, daar ‘n tekort bo die pyplyn van 85 000 ton kan
realiseer. Onder hierdie omstandighede geniet pryse ondersteuning
omnader aan invoerpariteit tebegin styg.
Die 4,34 ton/ha is gelykstaande aan die gemiddelde totale mielie-
opbrengs van die voorafgaande twee tot drie jaar. Dit is met ander
woorde ‘n realistiese opbrengs gebaseer op die twee tot drie jaar
voor diehuidige rekordopbrengsjaar.
Teen die huidige prysvlakke kan verwag word dat produsente min-
der mielies gaan aanplant omdat pryse onder produksiekoste is en
banke perke op produksiefinansiering kan plaas. Indien opbrengste
boonop ‘n gemiddelde van die voorafgaande twee tot drie bemar-
kingsjare gaan wees, kan verwag word dat Suid-Afrika weer teen
die einde van 2015/2016 ‘n potensiëlemielietekort kan ondervind in-
diendie landvanjaar daarin slaagomnagenoeg2miljoen tonmielies
uit te voer.
Aanplantings vir 2015/2016
‘nLaer nasionaleopbrengsvan4,37 ton/ha kan teendieselfdeopper-
vlakte (2 688 000 hektaar) mielieswat in die huidige bemarkingsjaar
aangeplant is, ‘n totalemielieproduksie realiseer wat 11 747 000 ton
beloop. Die totalemielieproduksie behoort dan 15% laer tewees as
die huidige bemarkingsjaar se 13,89 miljoen ton. Teen dié vlak van
mielieproduksie,word ‘n tekort van85000 tonbodiepyplyngereali-
seer, wat betekendat pryseondersteuning kangeniet.
Dit is ‘n klein waarskynlikheid dat dieselfde rekordopbrengs in die
komende jaar behaal sal word. Teen dieselfde rekordopbrengs van
5,17 ton/hamoet aanplantingsmetmeer as 15% vanaf 2,688miljoen
tot 2,27 miljoen hektaar verlaag om dieselfde tekort bo die pyplyn
vanongeveer 85 000 ton te realiseer.
Indien produsente die afgelope drie jaar se gemiddelde van
2,723 miljoen hektaar aanplant en die voorafgaande drie jaar se
gemiddelde opbrengs van 4,37 ton/ha realiseer, beteken dit dat
Suid-Afrika teen einde April 2015 ‘n klein surplus bo die pyplyn van
68 000 ton kan realiseer.
Daar is dus ‘n sterk moontlikheid dat, ten spyte van die groot oor-
dragvoorraad teen die einde van April 2015, die voorraadvlakke in
dievolgendebemarkingsjaar kleiner kanwees. Dieverwagte afname
in aanplantings weens pryse wat onder eenheidproduksiekoste is,
tesamemet die groter waarskynlikheid dat opbrengste boonop laer
as die huidige rekordopbrengste kan wees, behoort daartoe te lei
dat ‘n tekort bodie pyplyngedurende die 2015/2016-bemarkingsjaar
nieuitgesluit kanwordnie.
Produsente wat tans nog nie goeie produsentepryse vir hul mielies
behaal het nie, behoort in die volgende bemarkingsjaar beter pryse
te realiseer.
1...,65,66,67,68,69,70,71,72,73,74 76,77,78,79,80,81,82,83,84,85,...124
Powered by FlippingBook