SA Graan Augustus 2014 - page 86

Augustus 2014
84
k
waadaardige edeem (gasgangreen) veroorsaak elke jaar
duisende vrektes onder vee oor die hele Suid-Afrika, want
dié bakterieë is wydverspreid in die grond aanwesig. Hier-
diesiektetoestandwordookkwaadaardigeedeemgenoem.
Dit is ‘n komplekse siektetoestand aangesien ten minste
drie verskillende bakterieë vir die siekte verantwoordelik kan
wees. Die belangrikste oorsake van gasgangreen is sponssiekte,
dikkopsponssiekteen kwaadaardigeedeem, enwordonderskeidelik
deur die bakterieë
Clostridium chauvoei
,
C. novyi
,
C. sordellii
en
C. septicum
veroorsaak.
Al die bakterieë is gasvormend en vandaar die maklike verwarring
van die siektetoestande. Beeste, skape, bokke, perde en varke kan
gasgangreen kry. Meer as een van bogenoemde bakterieë kan
gelyktydig verantwoordelikwees vir gasgangreen.
Alhoewel die siektetoestande as aparte entiteite beskryf word, is dit
nie noodwendighoe die siekte indie natuur voorkomnie. Die siekte
begin skielik endiemeestedierevrekgewoonlik. Hierdie siektes kan
doeltreffend met enkele of ‘n kombinasie van entstowwe beheer
word. Daar is nog verskeie ander klostridialebakterieëwat ‘n rol kan
speel of geassosieer is met kwaadaardige edeem/gasgangreen by
plaasdiere.
Sponssiekte
Die bakterieë
C. chauvoei,
wat sponssiekte by beeste veroorsaak,
kan ook gasgangreen ná wondbesmetting by beeste, skape, bokke
en soms perde en varke veroorsaak.
Beskrywing van sponssiekte
Sponssiekte is ‘n baie algemene siekte by beeste, maar skape
word in ‘n mindere mate daardeur aangetas. Die siekte ontstaan
skielik en is gewoonlikdodelik. Die
C. chauvoei
-sporewat rustend in
die bees se groter spiere lê (boud, dye en skouer) begin vermeerder
en produseer gifstowwe en gas ná ‘n besering van die spiere en dit
veroorsaak die vrektes.
Sponssiekte kom meer algemeen voor by vinnig groeiende jong
diere (negemaande tot twee jaar) wat in ‘n goeie kondisie en op ‘n
goeie voedingspeil is,maar ouer dierewordook soms aangetas.
Hoe besmettingplaasvind
Die
C. chauvoei
-sporewat vir jarebuitedie liggaam kanoorleef, kom
oral in die grond en besmette water voor. Spore word met kos of
water deur die bek ingeneem. Besmetting vind veral plaaswanneer
jongdiere tandewissel.
Diere word waarskynlik deur klein wonde in die bek besmet.
Uitbrekingsvansponssiektebybeesteblykseisoenaal tewees, veral
ná swaar reëngedurendedie somer enherfs. In sekeregebiede kom
meer sponssiekte voor as elders en die grondsamestelling speel
waarskynlik hierin ‘n rol. Sponssiekte is nie aansteeklik nie. Direkte
besmetting van eendier na ‘n ander komdus nie voor nie.
Dierewat vrek van sponssiekte is die hoofbron van besmetting van
dieomgewingendiesporekanvir jareoorleef. Beeste, skape, bokke,
perde en varke van alle ouderdomme kan lokale kwaadaardige
edeem na
C. chauvoei
-besmetting van wonde as gevolg van skeer,
OP PLAASVLAK
Diere
Kwaadaardigeedeemof gasgangreen
(sponssiekte, dikkopsponssiekteen
kwaadaardigeedeem)
JANDUPREEZ,
besturende direkteur: Instituut vir Suiweltegnologie
WILDFAKTOR
Vee- en
Reeks
1: Sponssiektekommeer algemeenvoor byvinniggroei-
ende jong diere wat in ‘n goeie kondisie is. Die vers is
dood aan sponssiekte. Let op die swelsel van die regter
agterstebeen enboudgedeelte.
2: ‘n Jersey-melkkoei wat van dikkopsponssiekte ge-
vrek het. Die dier blaas baie gou op en verrotting tree
spoedig in.
3:Dié skaaphet vandikkopsponssiektegevrek. Bloeding
en inflammasie is duidelik indienek sigbaar.
1
2
3
1...,76,77,78,79,80,81,82,83,84,85 87,88,89,90,91,92,93,94,95,96,...124
Powered by FlippingBook