SA Graan Augustus 2014 - page 35

Werktuieen toerusting
Produk-inligting
Bespaar tyd engeldmet
Drylobag-silosakke
‘n
Effektiewenuweoplossingvir die
droging van gewasse beloof om
produsente se drogingstyd en
-koste aansienlik te verminder.
Drylobag-silosakke, ‘n ontwerp van mnr
Werner Swart van Bultfontein, lyk en
funksioneer soos gewone silosakke en
word van dieselfde materiaal vervaardig.
Die verskil kom in by die deurlugtingspype
wat deel vorm van die sak en droging
teweegbring. “Hierdie is ‘n koste-effektiewe
manier om gewasse te droog. Dit hou
bepaalde voordele vir die produsent in om-
dat dit enige plek geplaas kanword, risiko’s
beperk en ‘n boerdery meer aanpasbaar
maak,” aldusSwart.
Die Drylobag-silosakke is 60 m lank,
2,86 m in deursnee en word van poliëti-
leen, 230 mikron dik, vervaardig. Aan die
sak is ‘n drogingseenheid gekoppel wat lug
deur middel van ‘n poliëtileenpyp deur die
sak versprei. Die lugpype is langs die sak
aangebring in die volle lengte van die sak
en is sógeplaasomhomogenevloei oor die
totale volume vandie sak te verseker.
Hierdie eenheid het geen vaste struktuur
nodig om te funksioneer nie. Die droog-
en stooreenheid is een komponent en dus
maakdit dieprosesmeer koste-effektief.Dit
is geskik vir alle gewasse en die kapasiteit
per sak is ongeveer 180 ton mielies en
65 tongrondbone.
Die drogingseenheid bestaan uit ‘n elek-
triese waaier met ‘n gasbrander en ‘n elek-
troniese deurlugtingsbeheerder wat lug in
die pyp langs die kant van die sak inblaas.
Diedeurlugtingsbeheerder reguleer ook die
werking van die waaier en brander volgens
omgewingstoestande.
Elke gewas se drogingsvereistes asook
die omgewingsfaktore, soos humiditeit en
temperatuur, word in ag geneem met die
programmeringsproses. ‘n Kaart met die
verskillende programmerings word daar-
benewens saammet die eenheid voorsien.
Hiermee kandie korrekte verstelling vir elke
gewassoort met inagneming van inlaatvog
en die verlangde finale vogpersentasie
benodig, gedoenword.
‘n Eenheidwat met ‘n enjin en niemet elek-
trisiteit werk nie, is ook onlangs ontwikkel.
Hier funksioneer diewaaiermet behulp van
‘npetrolenjin enworddiehitte vandie enjin
as hittebron gebruik vir die droging van die
graan. Die stelsel is so ontwerp dat geen
uitlaatgassedeurgelaat wordnie.
Drylobags is reeds in die Bloemhof-, Bult-
fontein-, Bothaville- en Setlagole-distrikte
bekend gestel en in Desember verlede jaar
is koring in die Vrystaat suksesvol daarmee
gedroog. Met ‘n geslaagde proeftydperk
agter die rug, gaan Drylobag International
nou in produksie met die vervaardiging
van hierdie produk. Drylobag International
het internasionale patentreg gekry op
die produk en daar is reeds uit verskeie
oorde groot belangstelling. Volgens Swart,
wat meganiese ingenieurwese gestu-
deer het, kan hierdie ontwerp bydra tot
voedselsekerheid omdat verliese beperk
word met die gebruik van Drylobags. Dié
konsep is juis ontwikkel nadat hy besef
het hoeveel verliese met die hantering van
grondbone voorkom. Die drogingsproses is
ook baie duur en daar is dikwels beperkte
kapasiteit bydrogingsfasiliteite.
Voordele
Daar is talle voordele verbonde aan hierdie
produk. In die meer vogtige areas van die
land kan graan nou effektief gedroogword.
Risikobestuur kan baie effektief toegepas
wordomdatgraanvroeërennattergestroop
kan word. Boonop is die risikoverlaging
by veral koring, groot en vroeër strooptyd
beteken dat opvolggewasse spoediger in
diegrond kan kom.
Sojabone kan gestroop word voordat dit
op die land oopskiet en kan dan in die sak
gedroog word. By grondbone word die
proses minder arbeidsintensief omdat
grondbone direk in die silosak geplaas kan
word en die gebruik van goiingsakke dus
uitgeskakel word.
Daar is ook prysvoordele verbonde aan
die gebruik van hierdie sakke omdat die
produkte vroeër op die mark kan kom.
Vanweë die feit dat die produk op die plaas
gedroog en gestoor kan word, word koste
bespaar.
Rig enige navrae aan Werner Swart by
082 886 7404 of stuur ‘n e-pos na
werner.
.
LOUISEKUNZ,
SAGraan/Grain
medewerker
1: Drylobag-silosakke is ‘n koste-effektiewemanier om ge-
wasse tedroog.
2: Dit hou bepaalde voordele vir die produsent in omdat dit
enigeplekgeplaas kanword en risiko’s beperk.
3: Die deurlugtingspype vorm deel van die sak en bewerk-
stelligdroging.
2
3
FOKUS
Spesiale
33
August 2014
In diemeer vogtige areas van
die land kan graan nou effektief
gedroogword.
1
1...,25,26,27,28,29,30,31,32,33,34 36,37,38,39,40,41,42,43,44,45,...124
Powered by FlippingBook