SA Graan Augustus 2014 - page 36

Werktuieen toerusting
FOKUS
Spesiale
Augustus 2014
34
Sunflower-reeks gaan van
krag tot krag
B
arloworld Agriculture het sy Sunflower-reeks van groot im-
plemente uitgebrei met meer voorkeur-opsies vir primêre
en sekondêre grondvoorbereiding. Dit beteken dat Barlo-
worldAgriculture nou saammet sy hoëkilowatt-trekkers uit
dieMassey Ferguson- en Challenger-stal ‘n volledigermeganisasie-
oplossing vir grondbewerking aangroot produsentebied.
Die Sunflower-reeks is ontwerp vir die kommersiële produsent wat
‘ngroot hoeveelheidhektare sodoeltreffend enproduktiefmoontlik
moet bewerk, met tegnologie wat met gehalte-grondvoorbereiding
die fondament help lê vir diebestemoontlikeoes.
Opeiebodemhet dieSunflower-snyegsowel asdiesaadbedvoorbe-
reidingsimplemente in hierdie reeks van Barloworld, reeds dubbel
en dwars hul staal bewys. Die nuwe toevoegings tot die reeks
sluit hierby aan en word ook gekenmerk deur ‘n goed deurdagte,
duursame swaardiens-ontwerp.
Die Sunflower 1000-tandemsnyegreeks is beskikbaar met werks-
wydtes van 8 m tot 12,2 m en die kilowattvereiste is gemiddeld
25 kW - 35 kW per meter, afhangend van grondtipes. Die druk per
26 duim-skottel is sowat 89 kg tot 102 kg om te verseker dat
plantreste deeglik met die grond vermeng word. Dié implemente
het ‘n X-vormige raamontwerp met drie skarnierpunte en seksies
kan teen ‘n hoek van tot 6° werk om ongelyke lande of kontoere
doeltreffend tehanteer.
‘nVoorbeeldvanSunflower se slimontwerpopdie1000-reeks isom
die tussenskottelspasie op nege duim (sowat 230mm) te hou om ‘n
meer gelyke en fyner primêre en sekondêre bewerking te gee. Selfs
indroëgrond sorgdit vir ‘n fyner bewerkingmetminder kluite.
Die Sunflower 1700-kontrasnyegreeks met werkswydtes van tot
5,5m, bied druk van tot sowat 132 kg per skottel en is ontwerp vir
die bewerking van swaarder of harder grond. ‘n Trekker van tot
175 kWwordbenodig.
Die Sunflower 4700-inlynskeurploegreeks is ontwerp vir die ry-
op-ry-bewerking van swaar gekompakteerde grond en het groot
swaardienskouters wat gemaklik deur digte plantreste sny. Die
tande het ‘n maksimum werksdiepte van 508 m en ‘n veerherset-
aksie wat dit beskerm wanneer dit obstruksies tref. Modelle met
5 tot 12 tande is beskikbaar en trekkers van 150 kW tot 360 kW
word benodig afhangend van die model en grondtipe. Harkies is
opsioneel beskikbaar.
Twee kombinasie-implemente is ook beskikbaar. Die Sunflower
4412 kombinasie-skottelskeurploeg het ‘n ry skottels voor en skeur-
ploegtande agter om ‘n dieper algehele bewerking te gee om
plantmateriaal dieper met die grond te vermeng. Die veerherset-
tande werk tot 550 mm diep en harkies is weer eens opsioneel
beskikbaaromgrondagternagelyk tehark.Modellemet vyf ensewe
tande isbeskikbaar en trekkersvan tot 225kWvir diegrootstemodel
wordbenodig afhangend vandiegrondtipe.
Die Sunflower 4213-reeks bestaan uit kouterbeitelploeë met 7 tot
15 C-tipe veerherset-tande met ‘n werksdiepte van sowat 305 mm
elk en kouterlemme voor om die materiaal te sny, met die opsie
van harkies of rollers. Werkswydtes wissel van 2,6 m tot 5,8 m
en minstens 40 kW per meter word benodig om dié kombinasie-
kouterbeitelploeë te sleep.
Die “C”-tand Sunflower 2433-beitelploegreeks kan met die toevoe-
ging van die nodige bybehore, soos harkies en vlerkskare, vir
sowel primêre as sekondêre bewerking gebruik word. Die reeks
is beskikbaar met 25 tot 41 veerherset-tande met ‘n maksimum
werksdiepte van sowat 305 mm en ‘n werkswydte van 7,6 m tot
12,5m. Die kilowattvereistewissel van 200 kW tot 410 kW.
Vir saadbedvoorbereiding bied Sunflower nog ‘n produk wat
reeds sy staal in Suid-Afrika gewys het. Die Sunflower 5000-reeks
saadbedskoffels is beskikbaar inwerkswydtes van 6,3m tot 19,2m
enbenodig tot 380 kW vir diegrootstemodel.
Sunflower-implemente word sedert 1941 in die VSA vervaardig
en die snyegreeks is onder meer vandag die algehele markleier
in Noord-Amerika. Sunflower was die eerste maatskappy wat
grondvoorbereidingstoerusting vervaardig het wat ongelyke ter-
rein kon volg en het reeds in die 1960’s die eerste fleksie-ploeg,
-beitelploeg en -kontrasnyeg bekend gestel. Vandag word voort-
gebouophierdie en talle ander innovasies.
Produk-inligting
HENRYVANVUUREN,
BarloworldAgriculture
Sunflower se saadbedvoorbereidingsimplement bied aanplaaslikeprodusentedie voorste implementtegnologieuitNoord-Amerika.
1...,26,27,28,29,30,31,32,33,34,35 37,38,39,40,41,42,43,44,45,46,...124
Powered by FlippingBook