SA Graan Augustus 2014 - page 28

Werktuieen toerusting
FOKUS
Spesiale
Augustus 2014
26
OPLEIDING
– ‘nbelangrikedeel vanMultispray sedienslewering
M
ultispray, wat een van die eerste lugbespuitingsmaat-
skappye in Suid-Afrika was, is in 1954 deur mnr Jimmy
Popham gestig om lugbespuitingsdienste aan produ-
sente landswyd te verskaf.
Met die beperkte aantal lugbespuiters in die landboubedryf en die
vinnigegroei vanboerderye,wasdit nodigom ‘nmeer bekostigbare
spuit te ontwerp. Dit is toe wat die “driepunt”-trekkergemonteerde
spuiteenhede in produksie begin kom het. Van die eerste eenhede
wat Multispray gebou het, het 44 gallon dromme gebruik as tenk-
houers engasspuitpunte is gebruik omdiegif opdiegrond teplaas.
Multispray het van die begin af reeds ‘n nou band met hul kliënte
gehad. Verskillende tipes spuiteword steeds op die perseel gebou,
maar die besigheid se diens word nou oor ‘n veel groter ver-
skeidenheid van nywerhede verskaf. Die bedrywighede wat tans
deurMultispraygediensword, sluit in landbou, tuinbou, kleinvee- en
grootveeboerderye, gholfbane, skole, plaagbeheer en tuindienste
– omnet ‘npaar tenoem.
Diemaatskappy diens kliënte landswyd. Saammet
SAGraan/Grain
se Julie 2014-uitgawe, het Multispray 18 000 van Teejet se nuutste
katalogusse (51A-M) na die verskillende verbruikers uitgestuur.
Hierdie ontwikkeling sal produsente in staat stel om ‘n meer akku-
rate besteling van spuittoebehore temaak en om informasie te be-
kom wat sal help om spuitkarre te kan kalibreer. Die nuwe reeks
spuitpunte is nouook indie katalogus beskikbaar.
In 2012 is die besigheid van Multispray deur mnr Carl Henning
en sy pa, Poek, gekoop. Hulle boer saam op Louis Trichardt met
subtropiese vrugte en hulle wou graag ‘n besigheid koop waarin
hulle as produsente ‘n verskil konmaak.
Gedurende November 2013 het hulle Autrex Industrial in Durban-
ville/Kaapstad gekoop om Multispray se dienste in die Wes-Kaap
uit te brei. Die voordele was tweeledig, want dit het Multispray
toegelaat om hulle produkte na dieWes-Kaap uit te brei en Autrex
Industrial se produkte na Gauteng toe te bring. Albei besighede se
produkteoorvleuelmekaar endit het reeds dividendebeginwys.
Multispray verskaf hoofsaaklik Teejet-spuittoerusting asook Comet-
pompe, Flojet-pompe, Matabi-rugsakspuite, en ‘n reeks pype
wat deur die landbou en ander bedrywe gebruik word, insluitend
chemiese tenks. Multispray is daarbenewens ook besig om die
presisieboerdery-arena te betree en verkoop ‘n verskeidenheid
Teejet-produkte, soos die Centerline 220 asook die Matrix 570.
Toerusting soos hierdie kan produsente baie tyd spaar en is maklik
omop enige soort trekker temonteer.
Die maatskappy het onlangs ook ‘n verspreider van Micron-
produkte geword (CDA), wat ultralae volume spuit en is ook besig
om spuittoerusting te bou wat die Micromax (elektriese 12 V) mo-
tors gebruik.
“Ons bou enige soort spuittoerusting,” sêCarl, “en is tans besig om
spuite op te maak wat in die Mosambiekse en Malawiese bosbou
gebruik gaanword.”
Die maatskappy se hoofdoel en fokus is om seker te maak dat die
produsent of verbruiker se operateur in staat is om spuitpunte en
spuittoebehore akkuraat te kan gebruik. Opleiding vorm daarom
ook nou ‘nbelangrikedeel vanMultispray sediensleweringmet kort
opleidingskursussewat aangebiedword.
Produsente spandeer honderde duisende rande op hierdie
toerusting, soms miljoene, maar besef nie altyd dat die spuitpunt
die belangrikste komponent daarvan is nie. Korrekte toediening
van chemikalieë kan net gedoen word met spuitpunte wat op ‘n
gereelde basis gekalibreer word – ‘n geslyte spuitpunt wat 10%
meer chemikalie toedien aswat ditmoet, kan ‘nprodusent duisende
randeuit die sak uit jaag.
In Multispray se produksie-afdeling word alle vorme van spuite
vervaardig om voorsiening te maak vir die wye verskeidenheid
van nywerhede wat Multispray tans diens. Trekker- en voertuigge-
monteerde spuite en spuite wat gebruik word op vierwielmotor-
fietse is van die toerusting wat die afgelope 60 jaar by Multispray
vervaardig is. Kruiwa-gemonteerde spuite is vandiegewildste indie
tuinbou-afdeling.
Boonop doen die maatskappy se spuitbou-afdeling ook opknap-
pingswerk. Ná 60 jaar in die bedryf, is daar baie van ons kliëntewat
reeds hul toerusting ‘n paar keer al ingestuur het om opgeknap te
word. Hier word alle onderdele goed nagegaan en enige geslyte
onderdeleword vervangof reggemaak.
Multispray is ook druk besig om hulle nuwe webtuiste te herskep
om dit vir produsente en verbruikers te vergemaklik om bestellings
te plaas. Hierdie ontwikkeling sal die produsent in staat stel om al
die maatskappy se produkte vinnig te kan besigtig en maklik die
onderdele vanhul keuse te kanbestel.
Al die nuutste verwikkelinge in die spuitbedryf sal ook aan die
verbruikers gestuurword.
Laastenswil ons graag al ons getroue produsente en kliënte bedank
vir hul ondersteuning die afgelope 60 jaar en beloof om in die
toekoms die diens en ondersteuningwaaraan ons kliënte nou reeds
gewoondgeraak het, voort te sit.
Produk-inligting
ARTHURMANNING,
Multispray
1...,18,19,20,21,22,23,24,25,26,27 29,30,31,32,33,34,35,36,37,38,...124
Powered by FlippingBook