SA Graan Augustus 2014 - page 30

Werktuieen toerusting
FOKUS
Spesiale
Augustus 2014
28
Hoehet die landboumasjineriemark
oor tyd verander?
D
ie“norm”van trekkerverkopevoor1981wasongeveer15000
eenhede per jaar, maar die kans dat sulke verkope weer in
Suid-Afrika sal realiseer, is baie skraal. Veranderinge in die
plaaslike landboumasjineriemark (hoofsaaklik gefokus op
trekkers) oor dieafgelopepaar jaar,word inhierdieartikel vergelyk.
Trekkervloot en trekkerverkope
Sedert 1983het die totale trekkervloot uit 211 055 eenhedebestaan,
waarna dit konstant tot ‘n laagtepunt van 62 424 eenhede in 2005
afgeneem het. Sedert 2005 het die vloot weer stelselmatig begin
toeneem en staan tans op 80 311 eenhede.
Volgens AGFACTS is daar drie belangrike faktorewat in ag geneem
moet word indien historiese en toekomstige trekkerverkope met
mekaar vergelyk word. Hierdie faktore het bygedra tot die daling in
die grootte van die trekkervloot in die lang termyn en het so ook ‘n
demper opdie algehele vraagna trekkers geplaas.
Hulle is soos volg:
Die oppervlakte beplant vir somergewasse het van ‘n hoog-
tepunt van 6,040 miljoen hektaar in 1986/1987, tot ‘n huidige
vlak van ongeveer 3,980miljoen hektaar gedaal. Dit is ‘n daling
van ongeveer 34% in die algehele oppervlakte beplant vir
somergewasse.
Die oppervlakte met koring beplant, het met sowat 73%, van
‘n gemiddeld van 1,9 miljoen hektaar in die 1970’s en 1980’s,
afgeneem tot ongeveer 0,500miljoenhektaar.
Die gemiddelde krag van die nuwe trekkers wat in Suid-Afrika
aangekoopword, het vanongeveer 58 kW in 1987 tot ‘n vlak van
bykans82kW in2012 toegeneem.Dit is ‘n toenamevanongeveer
40% indiegemiddelde krag vannuwe trekkerverkope.
Trekkerverkope vir die afgelope 20 jaar (1993 - 2013) word in
Grafiek 1
aangetoon. Hierdie syfers sluit uitvoere uit en behels
slegs plaaslike verkope. Volgens die grafiek is dit sigbaar dat die
trekkerverkope vir 2013 traer as dié van 2012was.
Verskeie faktore kan aandie laer verkope toegeskryf word,maar die
droogtetoestande wat in die westelike mielieproduksiegebiede van
Suid-Afrika voorgekom het, het ‘n beduidende rol in hierdie afname
gespeel. Jaarlikse trekkerverkope het gedurende die tydperk van
1993 - 2013 tussen ‘n minimum van 2 624 eenhede in 1999 en ‘n
maksimum van 7 899 eenhede in 2012gevarieer.
Trekkrag van trekkers in die trekkervloot
Met die gemiddelde krag (kW) van nuwe trekkers wat die afge-
lope paar jaar geleidelik toegeneem het, is dit waarskynlik meer
sinvol om na die trekkrag van die trekkervloot te kyk as na die
totale aantal eenhede. As daar na die totale trekkrag in die
Suid-Afrikaanse trekkervloot gekykword, staan dit tans op 6,19mil-
joen kW (
Grafiek 2
).
Dit het skerp toegeneem in vergelyking met die 4,26 miljoen kW
tien jaar gelede,maar is 11,8%minder as die 7,02miljoen kW 20 jaar
gelede.
Hoewel die totale trekkraggrootte van die trekkervloot tot ‘n mini-
mum in 2003 afgeneem het, het dit daarna aansienlikmet 45,3% tot
in 2013 toegeneem.
Die gemiddelde trekkrag van trekkers in die totale trekkervloot het
toegeneem van 67,5 kW (tien jaar gelede) tot die huidige 77,1 kW
(
Grafiek 3
).
Ouderdom van die trekkervloot
Sedert 2003, toedie totale trekkragbegin toeneemhet, het diekwali-
teit in terme van verspreiding van trekkerouderdom ook aansienlik
verbeter.
Grafiek 4
illustreer hoe die ouderdomuiteensetting van
die algehele Suid-Afrikaanse trekkervloot die afgelope 20 jaar ver-
ander het.
In 1993het die totale trekkers jonger as tien jaar 35,8% vandie vloot
uitgemaak waarna die grootte van die trekkervloot jonger as tien
jaar stelselmatig begin groei het. ‘nSkerp toename het die afgelope
sewe jaar plaasgevind en tansmaak die trekkers jonger as tien jaar
71,6% van die totale trekkervloot uit (Grafiek 4). Die gemiddelde
ouderdom vandie trekkervloot staan tans op sewe jaar.
Graan/trekker-ruilvoet
Grafiek 5
dui aan hoeveel ton mielies benodig word om ‘n trekker
tussen 70 kW en 80 kW aan te koop.
PETRU FOURIE,
ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
Grafiek 1: Jaarlikse trekkerverkope (1993 - 2013).
SAGraan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,20,21,22,23,24,25,26,27,28,29 31,32,33,34,35,36,37,38,39,40,...124
Powered by FlippingBook