SA Graan Augustus 2014 - page 39

37
August 2014
Hierdie is ‘n baie wye en gevorderde fase en kan nie ten volle hier
bespreekwordnie.
Toerusting
Die bespreking van toerusting vir presisieboerdery word bemoeilik
omdat dit onredelik sal wees om sekere vervaardigers se produkte
te bespreek en ander nie. Hierdie is dus ‘n algemene verwysing na
die produkte wat bestaan en verwys nie na enige spesifieke ver-
vaardiger seproduktenie.
Die produsent moet gemaklik wees met die verskaffer asook die
vervaardiger van die produkte enmoet die volgende in ag neem in
sybesluit:
Funksionaliteit vandieproduk.
Die inskakelingbydie res van sybedrywighede.
Die toerusting moenie net met die vervaardiger se sagteware
kanwerk nie, ditmoet ook deur spesialis sagteware kanwerk.
Die verskaffer van die toerusting moet ‘n diens kan lewer wat
nabydieprodusent is.
Moet verseker wees van diens en onderhoud in opvolgende
seisoene,maardieprodusentmoet ookbesef dat hierdiedienste
niegratis verskaf kanwordnie.
Die aantal hektaar wat bewerkword, sal bepaal of toerusting koste-
effektief aangeskaf kan word en of dit enigsins aangeskaf moet
word. Onthou daar kan van kontrakteurs gebruik gemaak word en
hoe meer daar van hulle gebruik gemaak word, hoe gouer sal die
dienste vermeerder asook verbeter.
Tans is daar nog nie genoeg kontrakteurs om alle dienste te verskaf
nie, maar dit is besig om te verander in die VSA en Europa waar
meeste van die toedienings deur byvoorbeeld kontrakteurs gedoen
word. In die eerste plek moet die produsent onthou dat al hierdie
toerusting bestaan om ‘n beter agronomiese doel te bereik en nie
bestaan om enige ander rede nie. Om hierdie toerusting aan te skaf
en tegebruik sonder goeie agronomie sal niediegewenste resultate
lewer nie.
Wees dus seker dat daar goeie data bestaan om hierdie toerusting
aan te dryf enook as die produsent nie self die agronomie kandoen
nie, dat jy ‘nbaie sterkagronomiesedeskundigehetwat jouhiermee
kan bystaan. Dit is ook verder belangrik om seker te maak dat die
sagteware wat gebruik word alle lae in ag kan neem, want soos jy
vorder met presisieboerdery sal dit noodsaaklik wees dat dit kan
gebeur. Hierdie dienste van raadgewers gaan in die toekoms groter
word en dit is nie ‘n skande om dit te gebruik nie. Boerdery is so ‘n
gekompliseerde bedryf dat een persoon net nie meer ‘n kenner op
allegebiede kanwees nie.
Verder moet daar besef word dat die vordering met presisieboer-
dery in klein stappies vorentoe geneemmoet word. Dit is nie iets
wat jy in een jaar kan gebruik en dit danmaar kan los nie, want dan
sou jy net jou geld gemors het. Die geheim is om te bou op die
vorige jaar se sukses.
Dit is onmoontlik om in ‘n artikel soos hierdie al die toerusting te
bespreek. Elkeen vanhullehet ‘n vollebesprekingnodig.
Toerustingwat beskikbaar is
Opbrengsmonitor
Handrekenaar vir data versamel
UAVof
drone
kan ‘nbaie goeie in-seisoenbeeld verskaf vanwat
op ‘n land aangaan
Plantermonitor en aandrywing vir veranderlikeplantestand
Beheer van strooiers
Beheer van spuite
Veranderlikebemestingopplanters
Beheer van voorplantstikstofstelle
Dieptebeheer vanbewerking volgens kaart
Hierdie is diemees belangrike en algemeenste toerustingwat enige
produsent sal gebruik – dit is nienoodwendig volledignie.
Opleiding in praktyk
Om suksesvol teweesmet presisieboerderyvereis toewydingen sal
bykomende tyd vereis. Deur dit egter toe te pas sal ‘n gedeelte van
die risiko inboerdery aangespreekword.
Hier is die mees beperkende faktor in die Suid-Afrikaanse omge-
wing die opleiding van alle personeel wat betrokke is. Ons lyk
dus veral na die personeel wat die toerusting in die land moet
hanteer en dit het noodsaaklik geword dat georganiseerde land-
bou in hierdie opleiding betrokke moet raak, opvoedkundige
instansies moet ook begin om die akademie aan te pas by die
praktyk. Die akademiese waarde word nie onderskat nie, maar dit
moet aangepaswordbydiepraktyk.
Figuur 1: Datalaewat vir besluitnemingbenodigword.
Figuur 2:Monsters (puntdata)word
op sekerepunte indie landgetrek.
Figuur 3: Diepuntdatawat versamel
is,wordna ruimtelikverspreidedata
omgeskakel.
SAGraan/
Sasol
Nitro fotokompetisie
1...,29,30,31,32,33,34,35,36,37,38 40,41,42,43,44,45,46,47,48,49,...124
Powered by FlippingBook