SA Graan Augustus 2014 - page 38

Werktuieen toerusting
FOKUS
Spesiale
Augustus 2014
36
Die tegnologie ís daar vir
presisieboerdery
“T
egnologie vir presisieboerdery” impliseer nie dat
tegnologie nodig is vir presisieboerdery nie, maar
dat daar tegnologie bestaan wat gebruik kan word.
Hierdie is ‘n nie-tegniese artikel en probeer geensins
om voorskriftelik te wees ten opsigte van toerusting wat gebruik
word nie. Dit is daarommoeilik om spesifiek na sekere toerusting te
verwys asook om foto’s daarvan aan tebied.
Tegnologie is slegs ‘n hulpmiddel; die belangrikste elemente om
‘n sukses van presisieboerdery te maak, is die toewyding van die
produsent en die opleiding van die personeel wat hiermee gaan
werk. Sonder hierdie twee faktore sal presisieboerdery nie sommer
suksesvol wees nie.
Ons moet ook verder in gedagte hou dat die meeste van die
toerustingwat hier beskikbaar is, in die VSA ontwerp en vervaardig
word vir húlle omstandighede en dat die grootste gedeelte van die
werk deur kontrakteurs gedoenword.
Suid-Afrikaanseprodusentemaak in ‘nbaie kleinermategebruikvan
kontrakteurs en dit ismaar eers in die afgelope paar jaar waar daar
‘n klein persentasie van die werk deur kontrakteurs gedoen word.
Die vraag is nou:Wat het ditmet dieprys van eiers tedoen?
Die antwoord is eenvoudig. Indien daar van ‘n kontrakteur gebruik
gemaak word, maak die produsent slegs ‘n besigheidsbesluit en is
niebetrokke indieaankoop,onderhoudengebruikvandie tegnologie
nie. Verder gebruik die kontrakteur die toerusting daagliks en is
ten volle vertroud daarmee en het personeel wat opgelei is om dit
te gebruik. Dit het ook tot gevolg dat hy moet verseker dat hy die
toerusting kanonderhou.
Die presisieboerderyproses
Tegnologie bestaan om inligting te versamel, te verwerk, te stoor
en te gebruik om implemente te beheer sodat toedeling veranderlik
kan plaasvind volgens die behoefte wat bepaal is deur al die lae
in ag te neem. Die gebruik hiervan in die landbou staan bekend
as presisieboerdery. Ander toerusting wat bestaan, maar nie data
hoef te versamel nie, word nie hier bespreek nie, byvoorbeeld
stuurstelsels.
Datalae vir besluitneming
Datawat versamel word (
Figuur 1
), sluit in:
Landgrense
Grondtipe engewaspotensiaal
Grondvoedingstatus
In-seisoen-land-bestuursinligtingwat weerdata insluit
Afstandwaarnemingsbeelde
Opbrengs
Diemeeste van bogenoemdeword deur kontrakteurs, insetverskaf-
fers, of onafhanklikediensverskaffersgedoen.Opbrengs is ‘nproses
wat data versamel, maar dit het toerusting nodig. Ander toerusting
samel nie data in nie, maar gebruik inligting om implemente te
beheer.
In-seisoen-land-bestuursinligting is een van die datastelle wat
baie agterweë gelaat word, maar is ‘n baie belangrike stel data wat
oor tyd ‘n groot invloed het op die sukses van presisieboerdery
(byvoorbeeldgewas, chemiese toediening enplantdatum).
Die vyfde punt het ‘n redelike nuwe toevoeging gekry met die
sogenaamde
drone
wat gebruik kan word vir die inspeksie van
lande. Kommersieel is die gebruik hiervan vandag nog ‘n probleem
en onwettig om te gebruik, daar word daaraan gewerk en behoort
binne die volgende 18maande wetgewing te wees wat die gebruik
van
drones
sal beheer.
Dataverwerking
Dataverwerking is die proses waar die data wat versamel is,
verwerk word tot inligting, want besluite kan net op grond van
inligting geneem word en nie op data nie. ‘n Groot gedeelte van
die verwerkingword tans gedoen as ‘n diens deur insetverskaffers,
onafhanklike agronomiese diensteverskaffers en deur spesialis
landboudataverwerkers.
Die funksie van hierdie programme is om puntdata wat versamel
word na ruimtelikverspreide data om te skakel. Die rede hiervoor is
dat ‘ngewas nie oppunte groei nie,maar ruimtelik oor die hele land
versprei is.
‘n Goeie voorbeeld hiervan is die verspreiding van die voeding-
status oor ‘n hele land. Daar wordmonsters getrek op sekere punte
(
Figuur 2
) en danword die voedingstatus vertoon oor die hele land
inplaas vanopdiepunte (
Figuur 3
).
Hierdiebeginsel iswaar vir al die laewaar daar data versamel word.
Die sagteware word verskaf deur verskaffers van toerusting; ook
het die groot, bekende vervaardigers van trekkers en implemente
almal hul eie stel sagteware om hulle toerusting uniek te maak en
sodoende teprobeer omdieprodusent lojaal teenoor hulle tehou.
Die meer gesofistikeerde sagteware word verskaf deur spesialis
sagtewaremaatskappye wat meer doeltreffende sagteware verskaf
en ook toelaat dat data van enige vervaardiger verwerk kan word
asook die funksie verskaf waar data gekonsolideer word en inligting
oor gebiedebeskikbaarword.
Gekonsolideerde inligting wat nie baie vinnig vorder nie, is weens
die feit dat dit duur ontwikkeling is en produsente onder die indruk
verkeer dat dit nie tot hulle onmiddellike voordeel sal strek nie.
Hierdie is egter ‘n foutiewe benadering en die samevoeging van
sekere data kan tot almal se voordeel gebruik word. Dit is nodig
dat koöperasies en georganiseerde landbou hulle verpligtinge
teenoor hulle lede nakom en projekte soos hierdie help finansier en
inplek stel.
In hierdie fase van presisieboerdery word ook die aanbevelings
vir die beheer van die toerusting verkry, verder word die data hier
gestoor en kan dan verwerk word om oor tyd tendense te bekom.
BOETVAN TONDER,
TLConsulting
1...,28,29,30,31,32,33,34,35,36,37 39,40,41,42,43,44,45,46,47,48,...124
Powered by FlippingBook