SA Graan Augustus 2014 - page 43

Werktuieen toerusting
FOKUS
Spesiale
Presisieboerdery as
boerderybestuurshulpmiddel
P
resisieboerdery of satellietboerdery
is ‘nboerderybestuurskonsepgeba-
seer op die waarneming en reaksie
van variasies binne-in ‘n land. Pre-
sisieboerdery handel oor plaasbestuur as
‘n geheel met behulp van nuwe tegnologie,
soos satellietbeelde, inligtingstegnologie
en geografiese hulpmiddels, met optimale
opbrengste van insette, terwyl hulpbronne
bewaarword.
Die elektroniese revolusie van die afgelope
paar dekades het gestalte gegee aan
twee tegnologiese uitvindsels wat in die
volgende dekade ‘n belangrike impak op
landbou gaan hê, naamlik geografiese inlig-
tingstelsels (GIS) en die globale posisione-
ringstelsel (GPS).
Tesame met GIS en GPS het ‘n groot ver-
skeidenheid sensors, monitors en beheer-
ders van landboutoerusting ontstaan. Ge-
samentlik stel hulle produsente in staat om
elektroniese gids-hulpmiddels te gebruik
omondermeer diebewegingsvan landbou-
implemente meer akkuraat te beheer, die
presiese posisionering vir verskillende
bewerkings en chemiese toedienings te
bepaal en al die data in samewerking met
ander databronne, soos byvoorbeeld agro-
nomie en klimaat, te analiseer.
Waar om te begin
Vir ‘n produsent wat presisieboerdery suk-
sesvol wil implementeer, is dit aanvanklik
baie belangrik om so veel as moontlik ken-
nis oor sy natuurlikehulpbronne in tewin.
Dit beteken ‘n beter begrip van sy grond-
tipes, grondvog (hidrologie), mikroklimaat
en lugfoto’s. Voordat ‘n produsent ‘n op-
brengskaart kan produseer, moet hy die
faktore identifiseer wat varieer en die op-
brengs op sy landebeïnvloed.
‘n Opbrengskaart moet dien as bevestiging
van die variasie in data wat op die lande
bestaan. Boerderybestuurstrategieë en
voorskrifkaarte sal waarskynlik nie net
gebaseer wees op opbrengskaarte nie. ‘n
Plaaskaart en lugfoto’s is die belangrikste
bron van inligtingwaarsonder ‘n produsent
niemet presisieboerderymoet beginnie.
Voordele van
presisieboerdery
Verminder bemestingskoste en die
aanwending van chemieseprodukte.
Verminderbesoedelingveroorsaakdeur
chemikalieë.
Verhoogoesopbrengste.
Verskaf meer inligting vir bestuurs-
doeleindes.
Verskaf verbeterde boerderyrekords.
Dit is baie belangrik om goeie rekords
te hou, veral van klimaatstoestande.
Groot klimaatsgebeure op kritieke tye
kan ‘n betekenisvolle invloed hê op by-
voorbeeld onkruiddoderprestasie, be-
stuiwing en korsvorming.
Verbeter naspoorbaarheid.
Verbeter die inherente kwaliteit van
plaasprodukte, byvoorbeeld proteïen-
vlakke inmielies (voer).
Presisieboerdery poog om boerderybe-
stuur op grondvlak te verbeter deur aandag
tegee aan:
Agronomie
Omgewingsbewaring
Ekonomie
Stadiums en tegnieke
Geografiese ligging vandata
Ditsteldieprodusent instaatom inligtingwat
versamel is, byvoorbeeld grondontledings,
inligting oor opbrengs en grondpotensiaal,
bo-opmekaar teplaas.
Dit wordop tweemanierebepaal:
Die land word deur middel van ‘n GPS-
toestel binne-in die trekker afgebaken,
terwyl dieprodusent omdie land ry.
Die land word afgebaken op ‘n basis-
kaart, verkryvanaf satelliet- of lugfoto’s.
Omskrywing van variasie
Intra- en interlandvariasie word deur ver-
skeie faktore teweeggebring, soos klimaats-
toestande (hael, droogtes en reën), grond
(tekstuur, diepte en stikstofvlakke), bewer-
kingstelsels (geenbewerking), onkruid en
siektes.
Permanente aanwysers, hoofsaaklik grond,
voorsien produsente met inligting oor
die belangrikste omgewingsfaktore. Deur
middel van puntdata kan die status van ‘n
gewas gemonitor word, byvoorbeeld deur
te kyk of siektes ontwikkel, of die gewas
aan vog- of stikstofstremming lei en of dit
beskadig is deur hael. Sodanige inligting
kan afkomstig wees van weerstasies en
monitors, waarnemings met die blote oog
en satellietbeelde.
Strategieë ommet variasie
tewerk
Produsente wat grondkaarte gebruik en
insette wil varieer, kan van twee strategieë
gebruikmaak:
‘n Voorspelbare aanslag gebaseer op
ontledings van statiese aanwysers
soos byvoorbeeld grond, geleiding en
die land se geskiedenis gedurende die
normalegewassiklus.
‘nBeheerdeaanslag– inligtingafkomstig
van statiese aanwysers – word gereeld
gedurende die gewassiklus opgedateer
deurmiddel van:
Monsterneming: Bepaal biomassa en
blaarchlorofil-inhoud, die weeg van
vrugte en someer.
Afstandswaarneming: Deur middel
van afstandsbeheerde netwerke is
dit moontlik om lug- en grondtem-
peratuur; lug-, grond- en blaarhumidi-
teit enwindspoed temeet.
Afstandswaarneming: ‘n Sensor in
‘n voertuig meet byvoorbeeld blaar-
status, terwyl die produsent om die
land ry.
Lug- of satellietafstandswaarneming:
Multilaagbeelde, soos byvoorbeeld
infrarooi,wordgebruikomkaartemet
biofisieseparameters op te stel.
Die implementering van
praktykewat variasie aanpak
Nuwe inligting- en kommunikasietegnolo-
gie maak gewasbestuur vir produsente
makliker enmeer uitvoerbaar opgrondvlak.
Bevorder volhoubaarheid
Met presisieboerdery kan die hoeveelheid
kunsmis en ander gewasinsette aansienlik
verminder word, terwyl opbrengs ver-
hoog word. ‘n Tweede en moontlik groter
voordeel, is die langtermyninvloed wat
presisieboerdery op die natuurlike omge-
winghet.
Deur die regte hoeveelheid van ‘n produk
op die regte tyd op die regte plek in die
land toe te dien, bevoordeel dit die gewas,
grond en grondwater. Presisieboerdery is
dus ‘n hoeksteen van volhoubare boerdery,
aangesien dit aspekte soos grond, gewasse
enprodusente respekteer.
41
August 2014
WIMPIEMARE,
tegniese verteenwoordiger/landboukundige,Monsanto
1...,33,34,35,36,37,38,39,40,41,42 44,45,46,47,48,49,50,51,52,53,...124
Powered by FlippingBook