SA Graan Augustus 2014 - page 19

17
FOKUS
Werktuie...
Spesiale
Agrico:
Betroubare verskaffer vanboerdery-
oplossings vir dieafgelope110 jaar
A
grico, ‘n bekende verskaffer van besproeiings- en land-
boumasjinerie, is ‘n gevestigde familiesaakwat reeds deur
die vierdegeslagAndrags bestuurword.
Die stigter, Paul Andrag, het in 1896 vanuit Duitsland in Suid-Afrika
aangekom om by die Morawiese sendingstasie naby Caledon te
gaanwerk. Sy taakwas omdiewinkel opGenadendal tebestuur.
In 1904 het hy na Saron, nabyGouda, verhuiswaar hy sy eiewinkel
begin het en vinnig opgemerk dat die plaasboere sukkel, omdat
hulle nie die nodige implemente het om hul werklas te verlig nie.
Dus het hybeginom landboutoerusting vanaf Europa in te voer.
Mettertyd het sy seuns by hom in die onderneming aangesluit en
het hulle vir talle eerstes in Suid-Afrika gesorg, soos die eerste
trekkers met rubberwiele, sprinkelbesproeiingstelsels, plante soos
lupine en serradella, van die eerste plaaslikvervaardigde ploeë en
pype vir besproeiing ennog talle ander.
Sedertdien het hulle nog nooit teruggekyk nie. Agentskappe soos
KSB-pompe en John Deere-trekkers is onderskeidelik omtrent
100 jaar en 80 jaar reeds deel van die firma. Agrico spog vandag
met drie fabrieke en 26 verkoopstakke wat regoor Suid-Afrika be-
sigheiddoen.
Agrico-spilpunte word plaaslik vervaardig en gerugsteun deur die
maatskappy.
Die maatskappy lewer voortdurend nuwe oplossings. ‘n Voorbeeld
hiervan is die JCB-landboutoerustingsagentskap wat onlangs
bekom is. Toerusting wat van JCB ingevoer word, sluit laaiersloot-
grawers (TLB’s) en telelaaiers in asook teleskopiese vurkhysers
en laaigrawe.
ALFREDANDRAG,
bemarkings- en operasionele direkteur, Agrico
Die JCB 531-70-telelaaier – dit kan ‘n 3 100 kg vrag 7mhoogoptel.
Produk-inligting
1...,9,10,11,12,13,14,15,16,17,18 20,21,22,23,24,25,26,27,28,29,...124
Powered by FlippingBook