SA Graan Augustus 2014 - page 24

Werktuieen toerusting
Hoë drywingsvereistes word gewoonlik gebruik as die trekker baie
swaar werk doen en 60% of meer van die trekker kilowatt benodig
word. Ploeg sal byvoorbeeldweeswaar hoëdrywing vereisword.
‘nLaedrywingsvereiste sal gebruikwordwaar ‘n trekker aangewend
word om te spuit en waar die gewig van die trekker eerder ‘n rol
speel as die kilowatt van die trekker. Vir die berekening van lae
drywingsvereistes, word tot 35% van die trekkerkilowatt benodig.
Vir mediumkilowatt word tussen 35% en 60% van die kilowatt
benodig.
Gewoonlik word die brandstofgebruik van ‘n trekker uitgedruk as
tussen 0,3 liter en 0,4 liter per kilowatt-uur.
Koste per aksie
Om die koste per aksie te bereken, word beide die trekker en die
implement se koste bymekaar getel. Die trekker en die implement
het beidevasteenveranderlike koste. Indiendie kostenie saamgetel
word nie, kan dit lei tot ‘n onderskatting van koste. In Tabel 1 en
Tabel 2word ‘n volledige voorbeeldgegee.
Koste per hektaar
Omdiekosteperuurom teskakel nakosteperhektaar isditbelangrik
om te weet hoeveel hektaar per uur bewerk word. Die hektare
bewerk per uur word bepaal deur die werkspoed van die trekker,
die werkswydte van die implement en die land se effektiwiteit. Die
land se effektiwiteit sal bepaal word deur die hoeveelheid kere wat
die trekker moet draai, stop en wag en hoe ver die trekker op die
wenakkermoet ry. Hoeminder die trekkermoet draai, hoe korter die
tydwat die trekker wag en hoeminder op diewenakker geryword,
hoehoër sal die effektiwiteit vandie trekkerwees.
Om die koste per uur om te skakel na koste per hektaar, kan die
volgende eenvoudige formule gebruik word. (R/uur) ÷ (ha/uur) =
R/ha. Om die brandstof per hektaar te bereken kan die volgende
formulegebruikword (liter/uur)÷ (ha/uur)= liter/ha.
In Tabel 1 en Tabel 2 word die koste vir 77 kW en 250 kW vierwiel-
aangedrewe trekkers met verskillende implemente aangetoon. In
Tabel 3
word die bewerkingsproses van stropers asook ‘n selfaan-
gedrewe spuit aangetoon.
Samevatting
Dit is belangrik dat produsente weet hoeveel dit hul kos om ‘n be-
werkingsaksie uit te voer. Hierdie kennis moet met die bedryf ver-
gelyk word. Deur dit te doen, kan doeltreffendheid en effektiwiteit
verhoogword.
Jaarliks publiseer die Direktoraat Landbou Ekonomie die publikasie
Guide to machinery costs
waarin die meeste masjineriekoste
verskyn. Hierdie inligting kanvanaf dieDirektoraat Landbou Inligting
by0123198086bestel word. Die
Meganisasiegids
, soos saamgestel
deur Koos leRoux, kanbestel wordby 082 828 9531.
Indien jy enige verdere navrae het, kontak vir Pietman Botha by
082 759 2991.
Weesmeer effektief enweetwat is koste
SAGraan/
Sasol Nitro fotokompetisie
–AnnemarieNel 2012
FOKUS
Spesiale
1...,14,15,16,17,18,19,20,21,22,23 25,26,27,28,29,30,31,32,33,34,...124
Powered by FlippingBook