SA Graan Augustus 2014 - page 18

FOKUS
Werktuieen toerusting
Spesiale
Augustus 2014
16
Weesmeer effektief en
weetwat is koste
– slaan sóduur bewerkingskostehok
O
m lande te bewerk is ‘n duur storie. Teen ‘n dieselprys
van ongeveer R13/liter en steeds aan die styg, raak die
brandstofrekening iets om tebestuur.
m effektiwiteit en doeltreffendheid te verhoog, is dit belangrik
om teweet hoeveel brandstof gebruik ‘n trekker om ‘n sekere aksie
uit te voer en hoeveel begroot moet word om die trekker in stand
te hou. Hierdie inligting is nie algemeen beskikbaar nie omdat die
grondsoorte, die diepte van bewerking asook die drywer en die
toestand vandie trekker dit beïnvloed.
Deurdat produsente self hul trekkers se brandstofgebruik kontro-
leer, kan baie koste bespaar word. In hierdie artikel word die koste
van verskillendebewerkingsaksiesweergegee.
Omdie koste van ‘nbewerkingsaksie te bereken, is dit belangrik om
eers die kostestruktuur daarvan te verstaan. Twee tipes koste is ter
sprake, naamlikvaste kosteenveranderlike koste. Vaste kostedui op
die besit van ‘nmasjien en kom voor ongeag of die masjiene werk
of nie.
Die veranderlike koste vanmasjinerie spruit uit die gebruik daarvan.
Veranderlike koste bestaan gewoonlik uit brandstofkoste asook
herstel- en onderhoudskoste wat direk met die gebruik van die
masjien korreleer.
Vaste koste
Vaste koste kan weer verdeel word in ‘n nie-kontant- en ‘n kontant-
uitgawe gedeelte. Die nie-kontantuitgawes sluit aspekte soos
waardevermindering en rente op kapitaalbelegging in. Die rente op
kapitaal word bepaal om die geleentheidskoste van diemasjien aan
te dui. Die kontantuitgawes van die vaste koste bestaan gewoonlik
uit versekering en lisensiegelde.
Waardevermindering kom altyd voor en verwys na die verlies of
afname in ‘nmasjien sewaarde oor tyd. Dit is algemene kennis dat
enigemasjienof implement indieeerste jaar van sy lewediemeeste
waarde verloor, maar dit weerspieël nie noodwendig wat met die
masjiengebeur nie.
Oor hierdie rede word die reglynige metode algemeen gebruik
omwaardevermindering te bereken. Die metode sorg dat waarde-
vermindering in gelyke gedeeltes oor tyd afgeskryf word en
weerspieëlmeerwatmet ‘nmasjiengebeur.
Om die waardevermindering van masjinerie as koste per uur te
bepaal, word die aankoopkoste minus die skrootwaarde van die
masjien gedeel deur die lewensverwagting van die masjien. Die
gemiddelde lewensverwagting van trekkers word gewoonlik as
12 000 uur aanvaar en die skrootwaarde van trekkers word op 10%
vandie koopprys aanvaar.
Waardeverminderingby implementewordoppresies dieselfdewyse
asby trekkersbepaal.Dieenigsteverskil isdat die lewensverwagting
vandie implementeverskil. In
Tabel1
en
Tabel2
worddieverskillende
implemente se lewensverwagtinge aangedui.
Om die rentekoste te bereken, word die gemiddelde kapitaalbeleg-
ging (aankoopprys plus skrootwaarde gedeel deur twee) verme-
nigvuldig met die rentekoers wat op ‘n mediumtermyn-belegging
verdien kanword.
Hierdie bedrag word deur die gemiddelde jaarlikse gebruik van die
masjienwat op1000uur aanvaarword, gedeel omdie kosteper uur
tebepaal.
Die lisensie- en versekeringskoste vanmasjinerie is ‘n kontantkoste
waar die ouderdom van die masjien ‘n rol speel. Daar is verskeie
maniereom lisensie-enversekeringskoste tebepaal,maardaarword
algemeen aanvaar dat 2% vandiegemiddelde kapitaalbeleggingdie
algemeenste koste is.
Veranderlike koste
Veranderlike koste word saamgestel uit die herstel en onderhoud
asook die brandstofkoste van ‘n masjien. Hierdie koste is baie
moeilik om te voorspel omdat daar so baie faktore is wat die
veranderlike koste beïnvloed. Die vaardigheid van die bestuurder,
die werktoestande, onderhoud en baie meer, beïnvloed die werk-
verrigting enherstelwerk van ‘n trekker.
Om die herstelwerk van ‘n masjien te voorspel, is ‘n ingewikkelde
proses. Hoe meer werk die trekker verrig, hoe hoër gaan die
herstelkostewees, maar onsweet ook dat as ‘n trekker teminwerk,
breek hymos indie stoor.
‘n Nuwe trekker sal nie noodwendig soveel herstelwerk as ‘n ou
trekker benodig nie. Tog blyk dit dat herstelwerk aan ouer trekkers
toeneem tot op ‘npunt endan afplat. Diegebruik van ‘ngemiddelde
herstelwerkkoste per uur vir die trekker, los in ‘nmate die probleem
op. Tansword ‘n norm aanvaar waar die herstelwerk oor die trekker
se lewe bepaal word op 120% van die aankoopprys van die trekker.
InTabel 1 enTabel 2wordhierdienormegebruik.
Die herstelwerk van implemente word beïnvloed deur die tipe
implement en die slytasie. Implementherstelwerk word net soos
dié van trekkers ook as ‘n persentasie van die aankoopprys oor die
lewensverwagting van die implement bereken. In Tabel 1 en Tabel 2
wordhierdienorme aangetoon.
Die berekening van brandstofkoste is baiemeer ingewikkeld as dié
vanherstelwerk. Aspekte soosdiebrandstofprys, drywingsvereiste,
die litersgebruikper kilowattuur endiepersentasie kilowatt gebruik,
speel ‘nbelangrike rol indiebrandstofkoste.Ander aspekte, soosdie
trekkeroperateur endiegrondtoestand, speel ook ‘nbelangrike rol in
‘n trekker sebrandstofgebruik.
Oor die algemeenmaak diemeeste publikasies voorsiening vir hoë,
medium en laedrywingsvereistes.
PIETMANBOTHA,
SAGraan/Grain
medewerker
1...,8,9,10,11,12,13,14,15,16,17 19,20,21,22,23,24,25,26,27,28,...124
Powered by FlippingBook