SA Graan Augustus 2014 - page 12

Augustus 2014
10
g
raan SA-voorsitter, mnr Louw Steytler, het op 27 Junie
‘n mediaverklaring uitgereik aangaande die grondher-
vormingsvoorstelle.
Die Naturellegrondwet van 1913 en die daaropvolgende
beleid van apartheid en afsonderlike ontwikkeling het
die meerderheid Suid-Afrikaners die reg ontneem om in landbou
betrokke te raak. Dit het mense hul menswaardigheid ontneem
asook die reg om grond te besit, wat tot grootskaalse armoede
gelei het. Uitsprake van politici oorvereenvoudig die redes waarom
grondhervorming steeds vandagonsuksesvol is.
Die Grondwet word blameer, huidige grondeienaars word blameer
en dit opsigself doen afbreuk aan die ware redes vir die mislukte
grondhervorming tot dusver. Onsmoet terugkeer na die inklusiewe
proses van oplossings soekwat oud-president NelsonMandela ons
kom leerhet.Onskanalleenliksuksesbehaal asonsbeter saamwerk.
Daarmee saam moet ons ‘n einde bring aan alle korrupsie in die
proses, wat nie net grondhervorming ondermyn nie, maar ook die
volhoubaarheid vanons ekonomiebedreig.
Graan SA wil graag die samelewing daarop wys dat die huidige
somergraanoesaandiebeginvandie jaarop ‘nmespuntgebalanseer
was. Was dit nie vir die reën vroeg in Februarie vanjaar nie, weens
‘n sikloon wat oor die Indiese Oseaan gevorm het, sou ons ‘n baie
ernstige voedselsekerheidsprobleem gehad het. Is dit nie ironies
dat Suid-Afrika 250 000 ton mielies in Januarie 2014 na Zimbabwe
moes uitvoer om produksietekorte aan te vul nie? Voedselsekerheid
is opsigself nie ‘n reg nie, maar ‘n voorreg enmoet dus so deur alle
Suid-Afrikaners gekoesterword.
Die tyd het aangebreek dat alle Suid-Afrikaners moet verenig en
moet saamwerk om die uitdagings van ons tyd aan te spreek.
Indien ons daarin sou faal, sal dit die struktuur van ons samelewing
vernietig. Honger mense kan maklik onregeerbaar word. Voedsel-
invoere sal ons handelstekort verder negatief beïnvloed. Dit is iets
wat ons allermins kan bekostig. Gesprekke tussen alle partyemoet
in alle erns nou begin, aangesien daar ‘n tyd kan kom dat die weer
en klimaat ons toekoms gaan dikteer en ons nie genoegsame graan
vir onsself kan produseer nie. Graan SA doen ‘n beroep op almal
om saam te staan en die probleme en uitdagings van ons land die
hoof te bied. Deur dit te doen, handhaaf ons die gees van ons land
se Grondwet. Dié Grondwet wat deur baie as van die beste in die
wêreldbeskouword.
GraanSA is ‘n gewillige en verantwoordelike rolspeler in die grond-
hervormingsdebat via ons affiliasie met AFASA en Agri SA, twee
vandie land senasionale landbou-unies. Onshet kennisgeneemdat
die grondsakedebat nou ook in diemedia gevoer word enwil graag
‘n bydraemaak om rigting daaraan te gee en ons ondervindingmet
ander te deel. Graan SA wil dit duidelik maak dat ons nie minister
Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming,
se voorstel om die helfte van elke plaas vir die werkers te gee en
geen vergoeding aandie eienaars tebetaal, ondersteunnie.
Ons is oortuig dat so ‘n voorstel nie net onmiddellik ‘n voedselkrisis
sal veroorsaak nie, maar dat dit voedselpryse die hoogte sal laat
inskiet, tot hoër inflasie sal lei en stygende rentekoerse tot gevolg
sal hê. Dit sal lei tot ‘n verlangsaming in ekonomiese groei en groter
werkloosheid. Groter armoede sal aan die orde van die dag wees.
Suid-Afrika kan nie bekostig om enige welvaart te vernietig deur
onverantwoordelike inmenging indievryemarknie.Dievryemark in
landbouhet die afgelope klompie jare genoegbekostigbare voedsel
aan almal indie landgelewer.
Die driemaandelange staking van diewerkers op die platinummyne
het vir ons baie mooi aangedui wat sal gebeur as die produsente
van die land nie toegelaat word om hulle grondwetlike regte uit
te oefen, deur vir die land kos te produseer nie. In die geval waar
daar ernstige inmenging in grondeienaarskap kom, sal die gevolge
veel langer aanhou en dit kan selfs tot anargie lei, soos wat ons in
Noord-Afrika endieMidde-Ooste in 2008gesienhet.
Regerings is omvergewerp en alles het begin by tekorte aan kos
en hoë voedselpryse. Graanproduksie word deur die kommersiële
banke en agribesighede gefinansier. Grondeienaarskap word as
sekuriteit gebruik om die nodige lenings te kry om insette, soos
saad, kunsmis, chemikalieë en diesel te koop. Sonder die nodige
titelaktes is daar geen finansiering nie. Sonder finansiering is daar
nie ‘noes nie.
Die grootste struikelblok vir ons swart graanboere vandag is die
toegang tot produksielenings. Diegrondwaarophulleboer, behoort
aan die staat en die stamhoofde. Gevolglik het hulle geen sekuriteit
om aan te bied vir produksielenings nie. Grondhervorming sonder
titelaktes is gedoem tot geenproduksie nie. Dieminister se voorstel
sal onmiddellik die grond vir graanproduksie met ten minste 50%
verminder.Dit sal tot groot tekorteen reuse-voedselprysstygings lei.
‘n Produk soos mielies se prys sal van uitvoerpariteit (weens sur-
plus) tot invoerpariteit (weens tekort) styg, in vandag se terme
R1 400/ton, of tewel 70%. Voedselinflasie sal die algemene inflasie
ver bo die Reserwebank se teikens stoot en stygende rentekoerse
sal die ekonomiese groei verlangsaam. Die hawe- en logistiese
vermoëns van Suid-Afrika is nie van so ‘n aard dat dit ‘n groot
hoeveelheid invoere sal kan akkommodeer nie. Dit sal tot tekort en
selfs noghoër voedselpryse lei.
Daar is vandag genoeg navorsing wat die sterk korrelasie aandui
tussen hoë voedselpryse en tekorte aan die een kant en politieke
onstabiliteit en oproer aan die ander kant. Die minister kan dit tog
nie in gedagte gehad het toe hy dié voorstelle gemaak het nie. Elke
politiesgedrewe besluit het immers gevolge. Hierdie gevolge is nie
diegewensteuitkomste soosvervat indieGrondwet vanSuid-Afrika
nie en selfs nie eers indieVryheidsmanifes nie.
Ons as Suid-Afrikanersmoet deeglike oorweginggee aandie sosio-
ekonomiese gevolge wat deur almal ervaar gaan word, veral die
armstes wat die grootste persentasie, meer as ander inkomste-
groepe, aan voedsel spandeer. Dit sal hul lot vererger tot ‘n
veel groter mate as enige ander inkomstegroep. Hierdie is nie
loononderhandelinge nie. Ons is besigmet die basiese lewensmid-
GRAANSAKOMMUNIKASIE
PERSVERKLARINGS
GraanSA
Steytlerpraat oorgrondhervorming
1...,2,3,4,5,6,7,8,9,10,11 13,14,15,16,17,18,19,20,21,22,...124
Powered by FlippingBook