SA Graan Oktober 2014 - page 74

OP PLAASVLAK
Geïntegreerdeplaagbeheer
–Deel 5
PJ PIETERSE,
Departement Agronomie, Universiteit van Stellenbosch
Ramenas (
Wild radish
)
WINTERREËNVALSTREEK
Onkruide in die
Reeks
d
aar kom twee
Raphanus
-spesies in Suid-Afrika voor,
maar net
Raphanus raphanistrum
(ramenas) veroorsaak
probleme ingewaslande.
Dit word algemeen beskou as die belangrikste breë-
blaar-onkruid in gesaaides in die winterreënvalstreek.
Somsworddié spesiemet vandiewildemostert-spesies (
Rapistrum
rigosum
,
Sysimbrium capense
en
S. thellungii
) in die vegetatiewe
stadium verwar.Wanneer dit reeds vrugtegevormhet, kan ramenas
egter maklik onderskei word deurdat die vrugtewat soos peule lyk,
diep insnoerings tussen die sade het wat veroorsaak dat dit later in
enkelsadigedeleopbreek.
Ramenas is ‘n strawwe kompeteerder en in Australië is gevind dat
60 ramenasplante/m² die droëmassa van koring met 45% - 55%
verlaag by ‘n koring-plantdigtheid van 100 plante/m². Indien die
koring-plantdigtheid egter opgestoot word na 400 plante/m² is
die droëmassaverliese slegs 20% - 25%, wat illustreer dat hoër
gewasdigthede ‘npositiewe invloedop kompetisiemet onkruidhet.
Soortgelyke tendense is waargeneem in terme van koringop-
brengs, waar 60 ramenasplante/m² die opbrengs van koring teen
‘n digtheid van 100 plante/m² met 50% verlaag het, van ongeveer
4 ton/ha na 2 ton/ha.
By ‘nplantdigtheid van 400 koringplantewas die verlaging egter net
ongeveer 22% – van ongeveer 4,8 ton/ha na ongeveer 3,75 ton/ha.
(Die data is verkry van die artikel deur Eslami, S.V., Gill, G.S.,
Bellotti, B. en McDonald, G.: Wild radish (
Raphanus raphanistrum
)
interference inwheat in
WeedScience
54: 749 - 756, 2006.)
Ramenas is een- of tweejarige plante wat bestaan uit ‘n onderste
blaarrosetmet stewige blaarwortels.Wanneer dit reproduktief raak,
vorm dit ‘n regopvertakte stingel wat tot 90 cm hoog kan groei. Die
stingels is grof en fyn geriffeld met stywe hare op die onderste
gedeeltes.
Die rosetblare en die onderste blare op die stingel is enkelvoudig,
gesteeld en diep gelob, liervormig (die boonste lob is groter as die
ander)met getande rande, harig en tot 20 cm lank en 5 cmbreed.
Die boonste stingelblare is ook enkelvoudig, maar sittend (sonder
‘n steeltjie), afwisselend gerangskik, donkergrysgroen en gelob.
Blomme kom voor in lang, eindstandige trosse, gewoonlik geel en
somsmet donker are.
Wetenskaplike naam:
Raphanus raphanistrum
Afrikaanse naam:
Ramenas
Engelse naam:
Wild radish
72
1: Houtjies en saad van ramenas – let opdie insnoerings tussendie sade enhoediehoutjie in enkelsadige segmenteopbreek.
1
Oktober 2014
1...,64,65,66,67,68,69,70,71,72,73 75,76,77,78,79,80,81,82,83,84,...124
Powered by FlippingBook