SA Graan Junie 2014 - page 38

NAMPO, NAMPO,
jou inligtingsreus
M
etmeer as650uitstallerswasdit
vanjaarweermoeilikomallesop
Graan SA se NAMPO Oesdag
gesien te kon kry. Baie voete is
voos geloop, enbeursies dungekoop,maar
diemeerderheid besoekers kon net met lof
vanhul besoek aanNAMPOpraat.
Soos verwag, het NAMPO weer eens aan
die verwagtinge van die vele besoekers
voldoen. Baie nuwe en verbeterde
tegnologie is soos in die verlede weer
uitgestal.
As gevolg van talle veranderinge, word
produsente gedwing om konstant hul
produksieprosesse aan te pas en te
verbeter. Produkpryse asook insetkoste
dwing produsente om meer te fokus op
effektiwiteit en doeltreffendheid, want
daar word verwag dat meer met minder
geproduseerword.Minder arbeiden insette
moet baie meer produkte lewer en hier
speelmeganisering ‘nbelangrike rol.
Vir beide die konvensionele verbouings-
praktyke asook die bewaringsbewerkings-
praktyke, is heelwat nuwe tegnologie
tydensNAMPO 2014 ten toongestel.
Die groot trekkervervaardigers het almal
gefokus op verhoogde effektiwiteit en
die geïntegreerde satellietstuursisteme is
op uitstalling geplaas. Alhoewel hierdie
tegnologie al ‘n geruime tyd beskikbaar
is, word daar jaarliks verbeteringe in die
spesifieke veld aangebring, met die gevolg
dat produksiekoste verlaag word. Trekkers
wat met dié toerusting toegerus is, is
prakties gedemonstreer.
Trekkervervaardigers fokus terselfdertyd
op die brandstofverbruik van hul masjiene.
Nuwe trekkerbande, kruiptrekkerbande en
talle ander maniere om grondkompaksie te
verminder, is vertoon, wat daartoe lei dat
die brandstofverbruik per hektaar verlaag
word. Masjiene wat maklik omgeskakel kan
word ommeer as een taak te kan verrig, is
ook ten toongestel.
Sommige vervaardigers se nuwe imple-
mente is só ontwerp om bekende
implemente totaal tevervang. Kontrasnyeg-
vervaardigers van Europa het hul imple-
mente se skottelgroottes en invalshoeke
verander sodat hierdie kontrasnyeg gemak-
lik25cmdiep inbaiemoeilike toestandekan
sny. Dieselfde implement werk net so goed
as dit baie vlak gestel word. Hierdie veran-
deringe het die kragbehoefte vandié imple-
mentedramatiesverlaagen sodoende isdie
effektiwiteit endoeltreffendheidvandie im-
plemente verhoog, met ‘n gepaardgaande
kosteverlaging.
‘nMagdomnuwebeitelploeë en skeurploeë
asook hul bykomstighede is by NAMPO
vertoon. Sommiges is met rollers toegerus
om die grond weer effens te verseël en
sodoende vogverlies te beperk. Verskeie
nuwebeitelploegtande is ten toongestel.
Om die oes in te samel, is die stropertafel
baie belangrik. ‘n Interessante sojaboon-
stropertafel is ook ten toon gestel wat
wind gebruik om stroopverliese te beperk.
Die wind blaas pitte wat aan die uitspring
is, op die stropertafel en sodoende word
verliese beperk en die effektiwiteit van die
toerusting verhoog. Verskeie nuwe mielie-
en sonneblomtafels is vertoon. Produsente
sal hul huiswerk goed moet doen om die
regte aankoopkeuses temaak.
Wanneer die graan klaar geproduseer en
gestroop is, moet dit vervoer, geberg en
verwerk word. Verskeie tapkarre (groot
en klein met verskillende uitlaaitempo’s)
is vertoon. Daar is selfs verskuifbare
graanopbergingsfasiliteitebeskikbaar.
Vir die vervoer van die graan was ook ‘n
paar nuut-ontwerpte vragmotorleunwaens
te sien. Soos in die verlede, is daar ook
heelwat nuwe graanverwerkingstoerusting
gedemonstreer en vertoon. Verskeie
masjiene is vertoon wat die graan tot voer
vir die vee kan verwerk. Waardetoevoeging
is enbly altyd ‘ngoeiebelegging.
Direkte plant en bewaringsbewerking-
stelsels se benodigde implemente het ook
baie belangstelling getrek. Verskeie nuwe
direkte plant planters is uitgestal. Sommige
vervaardigers bou planters met tande,
terwyl ander planters bou wat net van
snykouters gebruikmaak.
‘n Aantal plaaslik vervaardigde planters
is ook vertoon. Plantspoed is vir menige
produsent belangrik en daar is verskeie
planters ten toon gestel wat vinnig en
effektief kan plant. Sommige planters wat
vertoon is, het ook die vermoë om met
redelike klein omskakelings beide somer-
sowel as wintergewasse akkuraat te kan
plant. Tydens plant is daar baie staantyd en
deur dit te verminder word die effektiwiteit
vandieplantersverhoog.Omhierdiedoel te
bereik, is ook heelwat implemente vertoon
watdiestaantyd tydensplant kanverminder.
Verskeiepresisiestrooierswat kunsmisvoor
die tyd kan uitstrooi, groot kunsmiskarre
wat aan die planters gehaak kan word
asook kunsmisoorlaaiwaens is vertoon. Van
hierdie kunsmiskarre aan die planter het
ook die vermoë om binne die trekkerspore
te bly en sodoende word grondkompaksie
verminder. Ten einde die losmaatkunsmis
in die kunsmisoorlaaiwaens asook in
die planters te kry, is heelwat metodes
gedemonstreer.
Dit is algemeen bekend dat reg gespasi-
eerde en reg geplaasdemieliepitte tot hoër
opbrengste aanleiding gee. Op hierdie
gebied kon produsente ‘n verskeidenheid
meganismes bekyk en navraag doen oor
hul werking. Daar is ook nuwe tegnologie
vertoonwat die plantereenhede elektronies
aandryf en sodoende kan die plantestand
volgens presisieplantpraktyke gevarieer
word. Een uitstaller het aan besoekers
gedemonstreer hoe die effektiwiteit van
ouer planters dramaties kan verbeter.
Naas jou planter, is jou spuit seker een van
die belangrikste implemente op die plaas.
Talle selfloopspuite is ten toon gestel en
nuwes is tydens NAMPO bekend gestel.
Plaaslik vervaardigde, selfaangedrewe
asook sleeptipes spuitewas te sien. Vandie
nuwe tegnologie wat uitgestal is, was die
meganismeomdie spuitbalk altyddieselfde
hoogte van die grond af te hou. Dít helpom
die effektiwiteit van die chemiese middels
te verhoog. Sonder goeie spuitpunte kan ‘n
spuit ook nie werk nie en die vervaardigers
van spuitpunte het ook heelwat aandag
by vanjaar se NAMPO gekry. Daar is ‘n
verskeidenheid van spuitpunte wat in
uiteenlopende omstandighede aangewend
kanword, vertoon.
Dit is ook belangrik dat produsente
gemaklik en goedkoop op die plaas kan
rondbeweeg en soms moet so ‘n voertuig
ook gebruik kan word om ‘n bietjie pret
mee te hê. Hiervoor was daar ook ‘n rits
standaard- en vierwieldryfbakkies te sien.
Ligte, alleterrein-vierwielvoertuie asook
motorfietse is uitgestal. Die ligte, alle-
PIETMANBOTHA,
SAGraan/Grain
medewerker
Junie 2014
36
TERUGBLIK
NAMPO 2014
Spesiale
1...,28,29,30,31,32,33,34,35,36,37 39,40,41,42,43,44,45,46,47,48,...84
Powered by FlippingBook