SA Graan Augustus 2014 - page 47

Werktuieen toerusting
Produk-inligting
NewHolland op voorpunt van innovasie
as dit by landboutoerusting kom
W
anneer dit by stropertoerusting kom, hoef NewHolland
geensins terug te staan as dit by innoverende denke en
tegnologieseontwikkeling komnie.
Voorbeeldehiervan is die volgende:
Intelli Cruise
Hierdie stelsel bestaanuit ‘n sensorwat die ladingopdie invoerstel-
sel vanaf die tafel na die stroper meet en dan die stroper se voor-
waartse spoed aanpas om te verseker dat die potensiaal van die
stroper ten alle tyeoptimaal benut word.
Opti Sieve
Die Opti Sieve-sisteem bestaan daaruit dat die bo-sif in die teen-
oorgestelde rigting skud as wat die graanpan en voorsif skud. Dit
verseker ‘n meer eweredige vloei van materiaal oor die bo-sif, wat
die effektiwiteit van die sifstelsel verhoog en sodoende verliese
beperk en ‘nuitstekendegraanmonster verseker.
Opti Fan
Hierdie stelsel pas die waaierspoed (windvolume) outomaties aan
na gelang van die opwaartse (verminder) of afwaartse (vermeerder)
hellingwaarteendaar gestroopword.
Smart Traxmet Terraglide
Hoewel rusperbande reeds vir ‘n geruime tyd beskikbaar is op
stropers, hetNewHollanddie konsepnog ‘n stappieverder geneem.
Hierdie stelsel is ontwerp sodat die stroper se totale spoorwydte
nie3,5moorskrynie, selfs niemet diewydste rusperbandopsiewat
30duim is nie.
Die stelsel is soontwerpdat dieonderste roller kantel om aan te
pas byongelykegrondoppervlaktes.
Die spanning van die bande word hidroulies aangepas, terwyl
die ingeboude suspensieook hidroulies beheerword.
Gebaseer op ‘n driehoekkonsep, verseker dit dat daar geen
skerp hoeke iswaarteen die rusperbande hoef te loop nie en dit
waarborg ‘n verlengdebandlewe.
‘n Getande profiel aan die binnekant van die band kam in op
dieselfde profiel op die dryfrat, wat bandglip uitskakel en posi-
tiewe traksiemeebring.
Vari Feed-fyngraantafels
Die afstand tussen diemes en invoer-awegaar kan vanuit die kajuit
verstel word om aan te pas by die volume graan wat hanteer moet
word. Die aanpassinggeskiedhidroulies endie afstandwat diemes
vorentoe en agtertoe kanbeweeg, is 500mm.
Addisionele opsies
Verskeie kamera-opsies wat op enige posisie van die stroper
gemonteer kanword, is as ‘n opsie beskikbaar. Voorbeelde hiervan
sluit in ‘n tru-kamera, ‘n graantenkkamera om die volume te bepaal
asook ‘nontlaaipypkameraomdieontlaaiproses te vergemaklik.
Belangrik om te onthou
Alle New Holland-stropers wat na Suid-Afrika ingevoer word, is
standaard toegerus met presisieboerderysisteme asook die sag-
teware om die stroperdata op ‘n rekenaar af te laai vir verdere ver-
werking.
Hierdie pakket sluit ook gratis opleiding in om die dataverwer-
king te doen asook ‘n gratis tweejaar-hulplyn ten opsigte van
dataverwerking.
45
August 2014
FOKUS
Spesiale
ROELF STOFBERG,
NewHolland
AlleNewHolland-stroperswat naSuid-Afrika ingevoerword, is standaard toegerusmet
presisieboerderysisteme.
1...,37,38,39,40,41,42,43,44,45,46 48,49,50,51,52,53,54,55,56,57,...124
Powered by FlippingBook