Previous Page  17 / 53 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 17 / 53 Next Page
Page Background

ႃႉ

HOOFSTUK 4

Op ’n stadium was dit ’n vereiste dat ’n aansoeker meer as ’n sekere hoeveelheid

mielies moes produseer om as lid van NAMPO te kwalifiseer. Later is egter voor-

siening gemaak om lede op ’n ander basis as produksiegrondslag te aanvaar, ten

einde ook vir lidmaatskap van ontwikkelende landbouers voorsiening te maak: Met

dien verstande dat slegs die lede wat aan die produksievereiste voldoen het, stem-

reg in die bestuurstrukture van NAMPO gehad het.

NAMPO het nie affiliasies van ander belangegroepe toegelaat nie. Die sienswyse

was dat NAMPO nie sy spesialisasiedoelwit kan bereik deur groepe met ander

belange as lede toe te laat nie, omdat verskillende belangegroepe uiteraard ook

verskillende doelstellings gehad het. NAMPO het wel gestreef na samewerking

met ander rolspelers en belangegroepe ten einde gemeenskaplike probleme te

identifiseer en daaroor saam te werk.

Van meet af aan was dit een van NAMPO se doelstellings om groter samewerking

tussen die verskillende graanprodusente-organisasies te bewerkstellig. Hierdie

doelwit is vanaf sy stigting deur NAMPO van tyd tot tyd aktief met onderlinge

samesprekings tussen die bedrywe nagestreef, sonder sukses.

Befondsing

NAMPO is aanvanklik, benewens die inkomste uit die Oesdag, slegs uit bydraes

van sy lede befonds. Die inkomste uit ledegelde het in die tydperk kort na NAMPO

se stigting aansienlik verminder, as gevolg van ’n daling in ledetal. Dit het NAMPO

se finansiële posisie geweldig geknou, tot so ’n mate dat die organisasie op ’n

stadium in 1983 nie genoeg fondse beskikbaar gehad het om die personeel se sala-

risse te betaal nie en ’n oortrokke fasiliteit by die bank daarvoor gereël moes word.

Gedurende die middel 1980’s het die Direkteur-generaal van Landbou ’n bedrag uit

’n surplus in die heffingsfonds aan NAMPO oorbetaal. Daardie fondse is belê en

is nooit deur NAMPO aangewend nie, omdat die Hoofbestuurder van mening was

dat die organisasie se lopende koste deur die bedryf self gefinansier moes word.

Die bedoeling was om die belegging te laat groei tot op ’n vlak waar die inkomste

daaruit voldoende sou wees om die organisasie se kernfunksies in stand te hou

ongeag die ledegeldbydraes. Met die stigting van Graan SA het dit tot ’n stewige

neseier gegroei.

NAMPO het later van tyd wel befondsing vir navorsing ontvang, asook bystand

met die oog op sekere spesifieke projekte en aksies. Die feit is egter dat een van

die grootste beperkings van SAMPI en NAMPO juis in beperkte fondse geleë was.

Strategiese beplanning

NAMPO het verskeie strategiese doelwitte gehad. Aan die een kant was daar die

sogenaamde Ontwikkelingstrust onder leiding van die hoofekonoom, dr Kit le Clus,

wat op bedryfsekonomiese navorsing toegespits was. Die resultate van die be-

trokke afdeling se werk was aangewend om akkurate inligting aan lede en ander

belanghebbendes te voorsien. Sodanige inligting het produsente in staat gestel

om beter produksie- en bemarkingsbesluite te neem. In daardie afdeling was ook

die sogenaamde “breintrust” gesetel. Die breintrust het ten doel gehad om die

NAMPO produsentelede op die Mielieraad van inligting en advies te bedien in hul

voorbereiding vir Mielieraadsvergaderings, omdat deel van die strategie was dat

al die produsentelede aktief aan die Mielieraad se besprekings moes deelneem.

Aan die administratiewe kant was verskillende projekte onder leiding van Van

Zyl geloods om die aansien van mielieproduksie en mielieprodusente in die breë

ekonomie te poets. Sodanige projekte het, onder andere, die volgende ingesluit:

beeldbou, medianetwerke, die NAMPO Oesdag, die tydskrif

Mielies/Maize

, die

Mielieman van die Jaar toekennings en openbare betrekkinge.

NAMPO se leierskorps het baie klem geplaas op vooruitskouing ten einde tydig

strategiese aanpassings te kon maak. Kundiges uit die politieke arena sowel as die

privaat sektor is betrek, onder andere, drr Kobus Neethling, Frederik van Zyl Slab-

bert en Jan Dreyer, asook mnre Clem Sunter en Jac Laubser ten einde NAMPO se

Hoofbestuurslede blootstelling te gee aan eksterne sienings wat hulle in die vor-

ming van hulle eie toekomsvisie kon ondersteun.

GEDURENDE DIE SAMPI

ERA HET DIE LEDETAL

GEGROEI TOT ONGEVEER

6 700 OPBETAALDE LEDE,

MAAR TEEN 1983 HET

NAMPO SLEGS SOWAT

2 200 OPBETAALDE

LEDE GEHAD.

Video: Die groot mieliestryd word raak opge-

som deur mnr Giel van Zyl.

Video: Argumente is deurentyd gebaseer op

feite en stawende data – wat deur die kundige

personeel voorberei is, vertel mnr Von Abo.

Play Video
Play Video