Previous Page  18 / 53 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 18 / 53 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႃႊ

Sunter het die produsente by verskeie geleenthede toegespreek oor toekoms sce-

nario’s en sy publikasies is gereeld onder NAMPO se Hoofbestuurslede versprei

ten einde hulle op hoogte te hou van die nuutste sienings oor toekomsverwagtings.

NAMPO-projekte

Gedurende sy bestaan van 20 jaar het NAMPO as aktiewe, vooruitstrewende or-

ganisasie menige projekte aangepak en groot insette in veral die mieliebedryf van

Suid-Afrika gelewer. Dit is nie moontlik om binne die bestek van hierdie publikasie

selfs net na al daardie insette te verwys nie, wat nog te sê van besonderhede daar-

oor weer te gee. Daarom word net enkele van die werksaamhede en inisiatiewe ge-

noem in ’n poging om ’n blik te probeer gee op die aard van die insette en bydraes

wat NAMPO gemaak het.

Aansien van graanprodusente

Ten tyde van NAMPO se stigting was die algemene beeld van die graanprodusent

in Suid-Afrika een van “’n armsalige landbouer met ’n verslonste oorpak op ’n af-

geleefde trekker”, glad nie baie positief nie. Dr Piet Gous, die Hoofbestuurder, se

opdrag was om dit te verander. Onder sy leiding is ’n spesifieke fokus daarop ge-

plaas om te demonstreer dat graanprodusente hulself op die hoogste vlakke van

die sakewêreld en die samelewing kon handhaaf.

Met verloop van tyd het die graanprodusent se beeld en posisie inderdaad sodanig

verbeter dat produsente geruime tyd reeds met aansien bejeën word en inderdaad

erkenning kry vir die groot en belangrike rol wat hulle in die sakewêreld en die

gemeenskap speel.

In die proses is die samewerking en insette van verskeie vooraanstaande sake-

leiers en akademici verkry wat groot bydraes tot die ontwikkeling van NAMPO se

interne poel van kennis gelewer het. Een van hulle was prof Jan Groenewald, wat

die Dekaan van die Fakulteit Landbou-ekonomie aan die Universiteit van Pretoria

NAMPO-ONDERHOUDE MET DIE PERS

Ten einde te verseker dat regte beeld en boodskap van NAMPO ten alle tye

uitgebeeld en oorgedra word, is klem daarop gelê dat niemand oor ’n saak

mag praat as hy nie behoorlik daarop voorbereid was nie. Op aandrang van

mnr Hennie de Jager is later besluit dat alleen die Voorsitter van NAMPO

gemagtig was om onderhoude aan die pers toe te staan en slegs indien die

Voorsitter glad nie beskikbaar was nie, kon die Hoofbestuurder dit doen.

Video: NAMPO het sy lede se behoeftes op vele

terreine bedien – mnr Giel van Zyl.

Benewens voortsetting van sy normale

take, is ʼn hele nuwe dimensie tot NAMPO se

werkterreine gevoeg, naamlik uitgebreide

bemarkingsdienste. ʼn Spotprent in

Mielies/

Maize

van Augustus 1997 beeld die nuwe

dinamika uit.

Die eerste Voorsitter van NAMPO, mnr

Fanie Ferreira.

Mnr Japie Grobler, NAMPO se laaste Voor-

sitter voor eenwording in die graanbedryf

in 1999.

Play Video