Background Image
Previous Page  13 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 13 / 112 Next Page
Page Background

11

October 2015

verpil word en om by die regte tekstuur en hardheid uit te kom, sal dit

moontlik nodig wees om 40 kg melassemeel met 40 kg mieliemeel

te vervang.

Pas ooie gelykmatig oor 14 dae op die mengsel aan en voer ten min-

ste twee keer per dag vars voer. Voer dragtige ooie met meerlinge

teen ongeveer 3% van hul liggaamsgewig, en nadat hulle gelam het,

ongeveer 4% van hul liggaamsgewig.

In ‘n praktykproef oor vyf weke (die laaste twee weke van dragtig-

heid en eerste drie weke van laktasie) is ooie 80 kg gevoer (inset) en

die uitset was ‘n 23 kg lam op 21 dae ouderdom. Dit verteenwoordig

‘n voeromsetverhouding van 1:3,5 (aanvaar geboortemassa as deel

van die uitset).

Om die somme te laat klop, moet voerverbruik en kilogram lam

geproduseer noukeurig gemonitor word, want dit bepaal die wins-

gewendheid van die stelsel. Ooidoeltreffendheid speel ‘n baie

belangrike rol en teling vir verhoogde doeltreffendheid is kritiek

belangrik. In telingsproewe is gevind dat sekere ooie tot 48% meer

kilogram lam per kilogram ooimassa produseer op 42 dae ouderdom

(Van Pletzen en De Villiers).

Groot variasie kom tussen ooie voor en dit bied die geleentheid vir

seleksie – ongelukkig is dit ‘n baie stadige proses.

Die geleentheid bestaan om wins uit skaapboerdery deur intensiewe

stelsels te verhoog, maar die ooi se terugbetaalvermoë (doeltref-

fendheid) is vir ‘n kort periode van tien tot twaalf weke rondom

lamtyd. In haar droë periode moet sy op laekoste-weidings of voer-

bronne loop.

Dieselfde geld tot ‘n groot mate vir vervangingsooie, wat eers op

ongeveer 15 tot 16 maande ouderdom ‘n inkomste kan lewer. By

melkerye word die grootmaak van vervangingsverse toenemend uit-

gekontrakteer, reeds om hierdie rede.

Die groot geleentheid (of risiko vir té hoë voerkoste) vir intensiewe

lamstelsels lê in die plaas se eiesoortige weiding- en beskikbare

voerbronne.

Lamhokke verminder lamverliese aansienlik by meerlinggeboortes.

‘n Voorbeeld van ‘n doeltreffende ooi. Op 21 dae weeg haar lammers

23 kg (uitset) en haar voerverbruik was 80 kg (inset). Haar voeromset-

verhouding was dus 1:3,5.