Background Image
Previous Page  16 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 16 / 112 Next Page
Page Background

FOKUS

Diere

Spesiale

14

Oktober 2015

Oorwintering van wolskape

‘n Graanopbrengs van byvoorbeeld 5 ton/ha se drakrag sal dus on-

geveer 55 skape/ha vir 90 dae wees. Drakrag kan verhoog word deur

spaarveld aangrensend te wei. Die spaarveld voorsien ook byko-

mende ruvesel om suurpens te beperk.

Praktiese wenke vir die bestuur van diere in

weimielies

Lammers moet soos vir ‘n voerkraal die nodige inentings gegee

word. Inenting teen bloednier en pasteurella is belangrik. In-

wendige parasiete (haarwurm en melklintwurm) en uitwendige

parasiete kan ook behandel word (brommers en bosluise). Oor-

inplantate kan ook toegedien word.

Lekke moet van dag een af gegee word sodat lammers die lek

kan leer vreet. Voorsien ten minste 5 cm vreetspasie per lam.

Skeer lammers twee tot drie weke voor slag om die maksimum

voordeel van wolproduksie te benut.

Om aanpassing te vergemaklik, kan weimielies reeds in die

groenmieliestadium bewei word.

Gebruik die data in Tabel 1 om aanpassing te vergemaklik.

Die aanpassingsperiode van skape wat mielies ken, kan aansien-

lik verkort word deur hulle met Lacticon S te doseer.

‘n Goeie lekinname kan verseker word deur die lekbakke en

waterkrippe naby aan mekaar te plaas.

Monitor lekinname sodat die aanbevole hoeveelheid lek inge-

neem word.

Waterkrippe moet verkieslik twee keer per dag skoonge-

maak word.

Skuif skape betyds na ‘n vars blok – pitte moet nog sigbaar wees.

‘n Trop droë diere met ‘n laer voedingsbehoefte kan gebruik

word om agter die hoë produseerders die land skoon te vreet.

Aangepaste diere en onaangepaste diere moenie in een trop

wei nie.

Monitor diere vir simptome van suurpens – diere is styf en be-

weeg moeilik, lakseer, ontwater en die mis ruik suur.

Siek diere moet onttrek word, met Lacticon S of ‘n teensuurmid-

del (geaktiveerde houtskool) behandel word. Hierdie diere moet

weer aangepas word, voer lusernhooi (goeie ruvoer) en voeg ge-

lykmatig mielies by sodat hulle so gou as moontlik weer op die

land teruggeplaas kan word.

Hou troppe so as klein as moontlik om bestuur te vergemaklik.

Ouer diere kan by jonger diere geplaas word om die jonger diere

die mielies te leer vreet.

GRAANOPBRENGS (TON/HA) DRAKRAG (KVE/HA VIR 60 DAE)

1

15 - 18

2

33 - 35

3

48 - 52

4

64 - 70

TABEL 2: DIE DRAKRAG VAN WEIMIELIES BY VERSKILLENDE

GRAANOPBRENGSTE.

As weimielies so doeltreffend as

moontlik deur skape benut word

en probleme soos suurpens

beperk kan word, is dit ‘n

relatiewe goedkoop weidingsbron

waarop talle skape kan wei.

nie en dan ewe skielik ná sewe tot 14 dae begin hulle sterk wei en

kry suurpens. Lammers wat lakseer is geweldig vatbaar vir brom-

meraanvalle. Dit bly ‘n probleem tot en met die eerste strawwe ryp.

Ander probleme

Die minerale is nie gebalanseerd nie en ‘n oormaat fosfor gee aan-

leiding tot die vorming van blaasstene by hamels en ramme, veral as

hulle langer as 75 dae op die weimielies loop.

Mielies se proteïenwaarde is laag en op die meeste lande is daar ‘n

tekort aan sink, mangaan, selenium en koper. Veral vir lammerooie is

die proteïenwaarde te laag en dan kry ‘n mens baie boepenslammers.

Let op vir brommeraanvalle, veral in die herfsmaande.

Waak daarteen dat die graankomponent in die kamp wat bewei

word, nie totaal uitgeput raak voordat die diere na ‘n nuwe kamp

verskuif word nie. Selfs twee dae sonder graan is genoeg om weer

suurpens in die nuwe kamp te veroorsaak. Dit is dus raadsaam om

ongeveer 80% van die graankomponent te benut en die diere dan

aan te skuif. Daardie kamp kan later weer skoongewei of as oesreste

deur droë ooie benut word.

Aanpassing van diere

Aanpassing van die diere kan na gelang van

Tabel 1

plaasvind. Dit is

belangrik om te onthou dat aanpassing suurpens nie totaal sal uit-

skakel nie, maar dat dit die aantal gevalle en die intensiteit daarvan

sal verminder. Die aanpassingsperiode van skape wat mielies ken,

kan aansienlik verkort word deur hulle met Lacticon S te doseer.

Aanvullings op weimielies

Proteïenaanvulling is baie belangrik, veral deurvloeiproteïen vir

groeiende en lakterende diere. Natuurlike proteïenbronne wat ryk is

aan deurvloeiproteïen, soos katoensaadoliekoek, brouersgraan en

vismeel behoort oorweeg te word.

Lekke wat oorweeg kan word, sluit in Voermol Landelek (V15414) en

Molatek se wolskaaplek met 5% koeksoda ingemeng. Albei hierdie

lekke word teen 200 g/dier/dag aanbeveel. Landelek kan ook met

Procon gemeng word (drie sakke Landelek en een sak Procon) om vir

hoër produserende diere te gee.

Spoorelementtekorte – veral mangaan, sink en koper – kom by

weimielies voor en moet aangevul word.

Drakrag

Drakrag is direk gekoppel aan die graanopbrengs (

Tabel 2

). Vir elke

1 ton graan is daar 1 000 kleinveeweidae (45 kg - 50 kg skape). Dit

maak voorsiening vir ‘n inname van 1 kg mielies/skaap/dag.