Background Image
Previous Page  17 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 17 / 112 Next Page
Page Background

15

Spoorelementtekorte, veral mangaan, sink en koper kom by

weimielies voor en moet dus aangevul word.

Weimielies se beweiding kan so vroeg soos net ná die eerste

ryp begin. Lammerooie kan vroeër ingejaag word. Hulle sal aan

die beskikbare groenmateriaal vreet totdat die graan ryp is. Die

diere word dan stelselmatig aan die grane blootgestel (dit ver-

minder suurpens) en die lammers sal ook minder verliese hê.

Lammerooie op weimielies toon verhoogde melkproduksie en

die lammers sal ook minder speenskok ervaar.

Sojabone kan in rye saam met die weimielies aangeplant word

om die proteïentekorte wat in weimielies voorkom, aan te vul. Dit

sal steeds nodig wees om lekke te verskaf.

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie

Die praktyk waar mielies geplant word vir gebruik deur skape as

staande hooi, of weimielies, word al vir baie jare lank toegepas. As

weimielies so doeltreffend as moontlik deur skape benut word en

probleme soos suurpens beperk kan word, is dit ‘n relatiewe goedkoop

weidingsbron waarop talle skape kan wei.