Background Image
Previous Page  18 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 18 / 112 Next Page
Page Background

FOKUS

Diere

Spesiale

16

Oktober 2015

Het jy geweet

lusern, mielies en

skape kan ook jou winste verhoog?

D

it is algemeen bekend dat enige besigheid nie al sy eiers

in een mandjie moet plaas nie. Dieselfde geld ook vir

die graanprodusent. Die vraag is net: Waarin moet die

produsent verder investeer en hoeveel gaan die rende-

ment wees?

Die inbring van ‘n skaapstelsel is verseker ‘n baie goeie alternatief

wat oorweeg moet word. Hierdie skaapstelsel het egter beslis sy

eie probleme wat bestuur moet word. Diefstal is verseker ‘n groot

probleem en die bekamping daarvan moet deel uitmaak van die

boerdery se kostestruktuur. Daar is verskeie metodes wat gevolg

kan word, wat onder meer die huur van voltydse wagte en die

gebruik van honde kan insluit.

Kombinasie van komponente

Binne hierdie stelsel kan daar nie net een komponent uitgesonder

word wat die winsgewendheid van die stelsel sal verhoog nie. Dit is

die kombinasie en komplementering van al die komponente in die

stelsel wat tot die voordelige effek daarvan aanleiding gee en wat die

winsgewendheid verhoog.

Die voervloei en die produksie van vee wat saamval met die voer-

vloei, is die goedkoopste manier om volhoubare veeproduksie te

bewerkstellig. In hierdie lusern-, mielie- en skaapstelsel is dit ook

nie anders nie.

As daar diere is wat produseer, moet hul toegang hê tot voldoende

kos wat die nodige voedingselemente kan verskaf om volhoubaar,

effektief en doeltreffend te produseer. In hierdie stelsel voldoen

beide die lusern en mielies aan daardie vereiste – beide mielies en

lusern is hoëkwaliteit-kos wat redelik maklik deur die dier in geld

omgesit kan word.

As diere nie produseer nie, moet hulle op goedkoop voer loop wat óf

net die kondisie handhaaf óf dalk sonder koste ‘n bietjie groei teweeg-

bring. Die lusern-mielie-wisselboustelsel voldoen baie goed aan

hierdie vereistes.

Die diere wat nog groei, kan op lusernweidings loop en as die ooie

nie produseer nie, kan hulle op goedkoop mieliereste wei. Omdat

die lusern in die somer op droëlande groei, beteken dit dat die

ooie in die lente moet lam en dat die ooi die lammers op lusern

moet grootmaak en dat die lammers vanaf hierdie lusernweiding

verkoop word.

Sodra die lammers gespeen word, kan die ooie na natuurlike veld of

aangeplante weiding of oesreste verskuif word en in die winter kan

die ooie dan oesreste benut of dalk natuurlike weiding benut.

Lusern-mielie-wisselboustelsel

Daar is heelwat navorsing oor die lusern-mielie-wisselboustelsel by

die Nooitgedacht Landbou Ontwikkelingsentrum (LOS) op Ermelo

gedoen. Hier is ‘n lentelamstelsel gebruik om die lusern in geld om te

skakel. Op Wildebeesfontein het OTK ook soortgelyke werk gedoen.

Die voervloei wat by Nooitgedacht gebruik is, is hoofsaaklik soos volg:

15 Oktober tot 28 Februarie: Droëland-lusernweiding

1 Maart tot 15 Mei: Droëland-lusernweiding aangevul met hooi,

mielies of mieliereste (soja-oesreste kan ook lekker hierby inpas)

15 Mei tot 30 Julie: Mieliereste

1 Augustus tot 15 September: Mieliereste, proteïenlek en hooi

15 September tot 15 Oktober: Proteïenlek, mielies, hooi tot en

met oorskakeling na droëland-lusernweiding

In die speenlam-produksiestelsel maak die ooie die lammers op die

lusern groot waar die lammers gespeen word en dan word hulle op

die lusern afgerond voor die lammers bemark word. Die ooie is in

die herfs gedek en prikkelvoer in die vorm van mieliegraan is voor-

sien om die konsepsie te verhoog. Koggelramme is gebruik om die

ooie te sinkroniseer en sodoende kon die ooie in ‘n redelike kort tyd

klaar lam.

Ten einde goeie beweiding van die lusern te bewerkstellig, is die

lusern in kleiner kampe verdeel en is drukbeweiding gebruik om

lusernproduksie te verhoog. Dit is baie belangrik om die lusern te

rus om sodoende te verseker dat die lusern aanhou produseer en

daarom is die kampe nie langer as sewe dae bewei nie.

Aangesien die lusern in rye geplant is, het die skape dit verkies om

eerder in die bane te loop, wat vermorsing beperk het. Ongelukkig

is die bane vinnig vasgetrap en moes dit meganies losgemaak word.

Lusern is ‘n gewas wat bekend is daarvoor dat hy kan produseer.

Sodra hierdie gewas op hoëpotensiaalgronde gevestig word, kan

die opbrengs maklik 1 ton droëmateriaal per 100 mm reën wees. In

die Oostelike Hoëveld is dit moontlik om tot 12 ton droëmateriaal

te produseer. Op Nooitgedacht is die lusernlande met tien Merino-

lammerooie per hektaar belaai vir ongeveer sewe maande of

ongeveer 17 kleinvee-eenhede (KVE) per hektaar.

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker

KLAS DIER

GDT* GRAM PER DAG VIR TIEN

DIERE PER HEKTAAR

MASSA PER HEKTAAR (KG)

WOL PER HEKTAAR (KG)

Ooie – voorspeen

700 g vir 120 dae

84 kg

40 kg

Ooie – naspeen

1 100 g vir 60 dae

66 kg

Suiplam

2 400 g vir 120 dae

288 kg

20 kg

Totaal

438 kg

60 kg

TABEL 1: VLEIS- EN WOLPRODUKSIE PER HEKTAAR OP NOOITGEDACHT VERKRY.

* GDT = gemiddelde daaglikse toename