Background Image
Previous Page  10 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 112 Next Page
Page Background

A13081

Gegewe die huidige bevolkingsgroei dui alles daarop dat die wêreldbevolking die

8 miljard-merk gaan bereik teen 2025. Om kos op die tafels van ’n groeiende bevolking te

sit, bly ’n uitdaging.

Gevorderde navorsing en nuwe hulpmiddels soos biotegnologie het ’n omwenteling in die

landbou teweeggebring deur boere te help om meer te produseer en die omgewing beter te

bewaar, terwyl hulle poog om in die stygende aanvraag na kos te voorsien.

Hierdie hulpmiddels help hulle om uitdagings te oorkom soos beperkte hulpbronne (water

en grond), ekstreme weerstoestande as gevolg van klimaatsverandering, asook plae wat om

voedsel meeding.

Biotegnologiese gewasse en die voedsel- en veselprodukte wat daaruit gekweek word, is

van die gewasse wat die meeste op grootskaal getoets, getipeer en gereguleer word. Na

15 jaar van produksie en meer as 1 miljard hektaar wêreldwyd, was daar nog geen nadelige

effekte gedokumenteer van die voedsel wat gekweek is van biotegnologiese gewasse nie.

Inteendeel, biotegnologiese gewasse (GM-gewasse) het ’n gesonder omgewing tot gevolg

deur die verminderde gebruik van insekdoders en verminderde kweekhuisgasse terwyl dit

aansienlike hoër opbrengste tot gevolg het.*

Te danke aan maatskappye soos Monsanto is ons verseker van veilige, gesonde voedsel**

wat volhoubaar geproduseer word.

Lees meer oor die veiligheid van GM-gewasse op

www.monsanto.com

.

Monsanto is daartoe verbind om lewens te verbeter deur die landbou te verbeter.

* Volgens Brookes en Barfoot, 2013, het biotegnologiese gewasse van 1996 tot 2011 bygedra

tot voedselsekerheid en volhoubaarheid deur gewasproduksie met US$98,2 miljard te verhoog.

Dit het ook bygedra tot ‘n gesonder omgewing deur die gebruik van insekdoders te verminder met

473 miljoen kg aktiewe bestanddele. In 2011 alleen is CO

2

-uitlating met 23,1 miljard kg verminder,

gelykstaande daaraan om 10,2 miljoen motors van die pad af te verwyder.

** Regulatoriese liggame wêreldwyd, soos die Voedsel- en Landbouorganisasie, Wêreldgesondheids-

organisasie, die Europese Kommissie, die Franse Akademie vir Geneeskunde, die Amerikaanse

Mediese Vereniging, en die Amerikaanse Genootskap van Toksikologie het bevind en gestaaf dat

GM-voedsel veilig is vir die mens se gesondheid.

http://www.sho.int/foodsafety/publications/biotech/20questions/en/ http://ec.europa.eu/research/biosociety/pdf/a_decade_of_eu-funded_gmo_research.pdf

Meer oor Monsanto Maatskappy

Monsanto-maatskappy is ’n toonaangewende, globale verskaffer

van tegnologiegebaseerde oplossings en landbouprodukte wat

die produktiwiteit op die plaas en die kwaliteit van voedsel

verbeter. Monsanto is daarop gefokus om boere by te staan om

meer uit hul grond te kry terwyl hulle die wêreld se natuurlike

hulpbronne, soos water en energie, toenemend bewaar.

Monsanto is ‘n geregistreerde handelsmerk van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk.

Posbus 69933, Bryanston, 2021. Tel: 011 790-8200 of

customercare.sa@monsanto.com

WILLEM VOOGT,

bestuurder: Bemarking en Finansies, Graan SA

LEDE-LANDSKAP

‘n 180°-blik op ons lede en tak-akt iwiteite

Positiewe terugvoer oor Graan SA/Momentum

se plaaswerkersvoordele-produkte

g

raan SA het in Maart vanjaar by Kongr s ‘n strategiese

vennootskap met Momentum onderteken wat aan ons

lede die geleentheid bied om toegang te kry tot ‘n produk

wat finansiële welstand inhou vir plaaswerkers. Van ons

lede spaar duisende rande deur die uiters kompeterende

koerse wat beding is. Vanaf so min as R29 per maand

laat hierdie produk jou toe om onder meer vir jou plaaswerkers ‘n

begrafnisdekking van R10 000 te bied. Verskeie opsies is beskikbaar

vir Graan SA-lede: Van goedkoper opsies met minder dekking, tot

duurder opsies wat meer dekking bied.

Die voordele wat gebied word, is:

Begrafnisdekking

Onderrigvoordele

Hospitaal-kontantvoordele

Lewensdekking

Ongeskiktheidsdekking

Effektetrust-spaarrekening

Graan SA moedig goeie arbeidspraktyke aan en daarom bevorder

ons die produk onder ons lede.

Die proses om aan te sluit, is baie eenvoudig. Lede kan die inligting

kry op Graan SA se webtuiste by

www.grainsa.co.za

of hulle kan

Momentum se inskakelsentrum kontak by 0860 333 334 of ‘n

e-pos stuur na

commercialproduct@momentum.co.za .