Background Image
Previous Page  12 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 12 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2015

10

Riglyne vir voeding by

intensiewe lamstelsels

HENDRIK VAN PLETZEN,

Voermol Voere

FOKUS

Diere

Spesiale

V

erliese as gevolg van ongediertes en diefstal is vir meer as

20 jaar lank die mees beperkende faktor by skaapboerdery.

Die intensivering van skaapboerdery is onder meer ‘n po-

ging om die verliese te beperk en tans is daar opnuut

belangstelling in dié onderw rp.

Een van die grootste uitdagings is om koste en spesifiek voerkoste

van intensiewe stelsels onder beheer te hou. Dit is algemeen

bekend dat ‘n melkkoei die doeltreffendste herkouer is en as gevolg

van voerkoste, het melkerye wegbeweeg van volvoerstelsels (nul

beweiding) na laer koste, hoëkwaliteit aangeplante weidings. Daar is

heelwat te leer by melkerye omdat daar groot ooreenkomste tussen

die intensiewe stelsels is.

Die voedingsbehoefte van skape in verskillende produksiestadiums

en daarmee saam die voervloei- en weidingbeplanning om aan die

behoeftes te voldoen, is van kritieke belang om intensiewe lamstel-

sels ekonomies te laat slaag.

Elke plaas het sy eie hulpbronsamestelling in terme van veld, aange-

plante weidings en selfgeproduseerde voere en daar is beslis nie een

resep wat vir alle omstandighede geld nie. Die voedingsbehoeftes

van skape is goed nagevors en die basiese riglyne word in

Tabel 1

aangetoon.

Die NRC-tabelle gee ‘n goeie aanduiding van voedingsbehoeftes en

bevat baie meer detail as bogenoemde, maar vir die bepaling van

voerhoeveelhede en kwaliteit, volstaan ons by bogenoemde rigly-

ne. Die inligting kan goed gebruik word om voervloeibeplanning-,

hoeveelhede en voerkoste te bereken.

Byvoorbeeld, oor ‘n tweejaar-periode waar die ooi elke agt maande

lam, benodig ‘n 60 kg ooi nagenoeg 630 kg onderhoudsvoer en

580 kg laktasievoer (lamhokvoer). Die laktasierantsoen word vanaf

laat dragtigheid gevoer en moet met die nodige konsentrate ge-

meng word om aan die verhoogde voedingsbehoeftes te voorsien.

Mielies (of gars) en lusern is die beste grondstowwe om in só ‘n stel-

sel te gebruik.

In die produksiesiklus van die ooi, is sy vir die relatiewe kort periode

van tien tot twaalf weke werklik doeltreffend om voer in geld om te

sit. Haar voedingsbehoeftes styg aansienlik in die laaste ses weke

van dragtigheid en in die eerste ses weke van laktasie.

Sy bereik haar piek in melkproduksie ongeveer drie weke ná lam

en dan plat melkproduksie af. In intensiewe stelsels word lammers

op agt weke gespeen en dan is die ooi vir ten minste vyf tot ses

maande droog.

In hierdie droë tydperk moet sy op laekoste-weidings loop, want

sy is dan ‘n ondoeltreffende voerbenutter. Hoe groter die ooi, hoe

meer vreet sy en lewer geen inkomste nie. In die geval van dubbel-

doelrasse, produseer sy daagliks 7 g tot 12 g skoonwol en met hui-

dige wolpryse beloop dit ‘n inkomste van R0,70 tot R1,20 per dag.

Wolinkomste kan ‘n betekenisvolle deel van die koste in intensiewe

stelsels betaal.

Lamhokke speel ‘n belangrike rol om verliese by meerlinge te beperk

en dit is die hoofrede vir die gebruik van lamhokke. Die voedingsbe-

hoefte van ‘n meerlingooi in terme van nutriëntsamestelling is soort-

gelyk aan ‘n melkkoei wat 30 liter - 35 liter melk per dag produseer.

Met selfgeproduseerde voere, soos byvoorbeeld lusern en mielies,

kan die rantsoenkoste aansienlik laer wees as aangekoopte volvoere.

Die samestelling van ‘n tipiese laktasierantsoen (lamhokrantsoen)

wat goeie resultate lewer, is soos volg: 400 kg lusern (met ‘n 25 mm

sif gemaal), 320 kg mieliemeel, 80 kg Voermol Melassemeel, 150 kg

Maxiwolkonsentraat en 50 kg Voermol Procon 33.

Indien ‘n mielieprys van R2 500/ton en vir lusern R2 000/ton aanvaar

word, beloop die rantsoenkoste R2 880/ton. Die rantsoen kan ook

PRODUKSIESTADIUM

DROË MATERIAAL* (DM) IN-

NAME PER DAG (KG)

PROTEÏEN @ 20% NDP (G/DAG) TOTALE VERTEERBARE VOE-

DINGSTOWWE (TVV) (KG/DAG)

Droog

1,05

79

0,56

Teelseisoen

1,15

93

0,61

Vroeg dragtig

1,51

129

0,80

Laat dragtig

1,65

173

1,09

Vroeg laktasie

1,80

281

1,20

Mid-laktasie

1,94

235

1,03

TABEL 1: DIE VOEDINGSBEHOEFTES VAN ‘N 60 KG OOI MET ‘N TWEELING (AS VOORBEELD) IN VERSKILLENDE PRODUKSIESTADIUMS

(NRC, 2007).

* Droë materiaal (DM) verwys na 100% droog. Droë ruvoere, soos byvoorbeeld lusernhooi, is nie 100% droog nie, maar bevat ongeveer 10% vog (lugdroog)