SA Graan November 2014 - page 98

96
BesteGrootneef
d
ikwels verenig die ganse nasie
oor goedwaarvanhulleniéhou
nie. Niemand hou van tolhekke
nie. Ook nie van die Aussies se
rugby
coach
nie–diésuurpruim
sê nooit dankie en geluk as hy
teen die Bokke verloor nie. En niemand hou
van toustaannie. Veral nie virwater nie.
Ons het onlangs by die familie in die groot
stadgaan kuier.Wat ‘n ellende. Elkeman en
muismoesmet alwat ‘nhol ding is, in ‘n tou
staan vir water uit ‘n tapkar. En net daar, in
diewatertou, leermensemekaar beter ken.
Met een gemenebes – niemand hou van
toustaannie. Veral nie virwater nie.
In die watertou het stories met die riem-
telegram op en af gestroom. Soos, dat
die kabels (alweer) gesteel is. Of, dat die
watertafel gesak het – alles die myne se
skuld. Of, dat iemand vergeet het om die
pomp te diens. Nou pomp die pomp, maar
hywil niepompnie. Die “Illuminati”. Sabotasie...
Dít alles, terwyl die straaltjie uit die tenk al hoe flouer loop. Die
man van die tapkar het ná die laaste druppel skouers opgehaal,
die lorriemet ‘n dreun laat vat en is toe fort om iewers nog te gaan
water haal. Die res van die waterdraers met hul plastiekkanne, het
maar bly staan indiehoopdat die tapkarweer ‘ndraai salmaak voor
die son sak.
Nou kyk, daar was ‘n redelike gemoedelikheid oor die saak onder
die tou waterwagtendes. Daar is mos ‘n ewige optimisme dat as jy
volgende keer aan die kraan draai, daar water sal uitkom. Die gety
het egter ná die derde dag gedraai opDrogeputs. Ekmeen, basiese
dinge soos ‘n ringsittingopwitbank, was skielik ‘n krisis.
Dieenigste ligpunt indiédroewige, droë storie,wasdat LiekwarCity
later indie aandeoopwas.Waterdra is immers hardewerk.
Buurman sê as die mense so staan en wag vir water, moet hulle
sommer stemook. Dan slaan jy twee vlieëmet een klap, want almal
staan reeds in ‘n tou. Ek wonder nogal wat die uitslag sou wees as
diéwaterdraers hul stemmenou kon laat hoor!
Nou dink ek so bymyself. Vir water kan ‘nmens nogwag. Ekmeen,
‘n mens hoef net een keer ‘n week te bad, al is dit nie nodig nie.
Maar hoe wag jy vir brood enmeel?Wat gaan ons mensemaak as
die goewerment se grondplanne naderhandmaak dat ons niemeer
koringenmielies kanplant nieendiebrood- enmeelpyplynverstop?
Hoe dit ook al sy. Vanaand vat ek indie sielerus vandie aandskemer
op die Vrystaatvlaktes, ‘n glasie skoon windpompsjerrie. Boorgat-
sous uit die diepte van die aarde, elke dag ‘n suiwer oesjaar. Met ys
ja,met ys.
Endinkmet deernis aandiemensemet plastiekemmers in ‘n tou, oë
soekendnadie laastewaterwa vandiedag.
GroeteopdieOosgrens.
Kleinneef
E-POSSE
aanGrootneef
Watterwater?
Lesers iswelkom om ‘n e-pos aanKleinneef te stuur by
November 2014
1...,88,89,90,91,92,93,94,95,96,97 99,100
Powered by FlippingBook