SA Graan November 2014 - page 97

95
FordTransit-vragdraerreeks tot
2-tonnervergroot
f
ord Suid-Afrika het hulle reeks handelsvoertuie uitgebrei
met die bekendstelling van ‘n 2-ton Ford Transit-paneelwa
en vragdraer-onderstel met kajuit. Die Transits is ontwerp
om uitstaande betroubaarheid te bied en daarom is dit ver-
al in Europa so ‘n gewilde vragmotor. Daar is, sedert die
eerste Transit in 1965 geloods is, wêreldwyd alreeds meer
as 7miljoenTransits verkoop.
Die 2-ton Transit-paneelwaens is beskikbaar in ‘n kort- of lang-
wielbasis, terwyl produsente van die vragdraers sal hou. Laasge-
noemde bied verskeie onderstelopsies, sodat jy basies jou eie
2-ton vragmotor kan ontwerp om aan jou vragwerk se behoeftes
te voldoen.
Ford se 2,2 liter Duratorq-dieselenjin word in die Transit gebruik,
met twee kraguitsetspesifikasies. Jy kan of die ekonomiese 92 kW
weergawe, wat ‘n wringkrag van 350 Nm ontwikkel, kies, óf die
meer kragtige 114 kW-weergawe, wat 385 Nm ontwikkel. Albei
hierdie kragbronne kommet ‘n sesspoedhandratkas uit.
Die bakwerk en onderstel is besonders sterk gebou en word ook
weerspieël deur Ford se vertroue daarin met hul vyfjaar-geen-
roeswaarborg.
Verder het die Transit ‘n groot, ruim kajuit met voldoende geriefs-
eienskappe om ‘n rit veilig en gemaklik te maak. Die dubbele
passasiersitplek kan sitplek vir twee persone bied, sodat daar in
totaal drie persone gemaklik in die kajuit kan sit. ‘n Pluspunt is die
groot gesigsvelddanksydieuitlegvandievensters,wat verseker dat
die bestuurder duidelik alles om hom kan sien, veral wanneer daar
in trurat geparkeermoetword. Die sitplekke is vanhoëgehalteom ‘n
gemaklike en stewige sitposisie te verseker.
Die stuurkolom is ten volle verstelbaar en binne bied die kajuit
heelwat stoorruimte. ‘nRakbodiewindskermen ‘nversteekte stoor-
ruimte onder die passasiersitplek bied ‘n uit-die-oog-plek om duur-
same itemsweg testeek.Daar isaltesaamdrie12-volt-kragproppe in
die kajuit beskikbaar omdeesdae se velemobiele tegnologieë, soos
selfone ennavigasiestelsels sebatterye te laai.
Daar is ook ‘n ordentlike klankstelsel wat deur Bluetooth en ‘nUSB-
poort ondersteunword.
Verdere tegnologie om die bestuurder en sy passasiers te beveilig,
is ABS-remme, elektroniese remkragverspreiding, ‘n elektroniese
stabiliteitstelsel, elektroniese swaaibeheer (wat keer dat die vrag-
motor beheer verloor as dit te vinnig draai) en heuwelhulp, wat
keer dat die voertuig agteruitloop as dit teen ‘n helling stilhou. Vir
‘n bietjie ekstra kan ‘n tru-kamera en voor- en agterste parkeersen-
sors vir die koper indieTransit geïnstalleerword.
Met al hierdie tegnologie en gerief ry die Transit besonder gemak-
lik en die bestuurder voel nooit hy werk te hard met die stuur nie.
Die kersie op die koek is die geharde onderstel wat regtig ‘n 2-ton
vrag veilig en sonder ‘ngesukkel by sybestemming kanbring.
Ford-handelaars is landswyd teenwoordig en pryse is op aanvraag
beskikbaar.
GERRIE SMIT,
lid van die SAMotorskrywersgilde
WIELE
vir die plaas
‘n FordTransit 2-ton vragdraermet ‘n aluminium-platbakmet kante,watmaklik afslaan vir laaigerief.
November 2014
1...,87,88,89,90,91,92,93,94,95,96 98,99,100
Powered by FlippingBook