Background Image
Previous Page  10 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 10 / 64 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

NAMPO 2016

Spesiale

Junie 2016

8

NAMPO Oesdag 2016

troef verskeie rekords

G

raan SA se 50ste NAMPO Oesdag het te midde van stram

landboutoestande meer as een rekord laat spat. Dié vier-

dag-handelskou, wat vanaf 17 tot 20 Mei naby Bothaville

gehou is, is deur ‘n rekord 75 116 mense bygewoon terwyl

‘n totaal van 685 uitstallers deelgeneem het – die meeste nog.

Die top-bywoningsyfer het alle verwagtinge oortref en positiewe

terugvoer van uitstallers het bevestig dat hulle goeie besigheid

gedoen het. Ideale weerstoestande het ongetwyfeld bygedra tot

hierdie uiters suksesvolle 50ste Oesdag.

Vergeleke met voorverlede jaar se 399 ligte vliegtuie en helikop-

ters wat oor die vier dae op NAMPO Park geland het, het die

getal vanjaar op 448 te staan gekom. Die vliegveld word deur

uitstallers, besoekersgroepe, private vlieëniers asook landboupro-

dusente gebruik.

Die gladde vloei van besoekers deur die hekke, ten spyte van die

groot bywoning, was opmerklik ná ‘n elektroniese toegangstelsel

verlede jaar ingestel is. ‘n Meer egalige verspreiding van besoekers

oor die vier dae het voorgekom. NAMPO 2016 het weer eens

bewys NAMPO Park se fasiliteite leen hom daartoe om ‘n groot

getal besoekers te hanteer. Positiewe kommentaar is ontvang oor

die gehalte van uitstallers, die goeie en skoon toestand van die

terrein en toiletgeriewe en die rustige atmosfeer en positiewe ge-

moedstemming wat deurgaans geheers het.

“Die NAMPO Oesdag het oor die afgelope halfeeu ontwikkel tot

‘n handelsmerk wat moderne landbou in Suid-Afrika akkuraat uit-

beeld. Dit spreek tot die algemene publiek as verbruikers van ons

landbouprodukte; dit spreek tot alle produsente in ons land; dit

spreek tot besluitnemers in regeringskringe en die bedryf; dit

spreek selfs tot die internasionale arena – en die groeiende

belangstelling uit die buiteland bevestig dit,” het mnr Cobus van

Coller, Oesdagvoorsitter, gesê.

Volgens mnr Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van

Graan SA, haal hy sy hoed af vir Suid-Afrikaanse landbouprodu-

sente se aptyt vir risiko. “Ten spyte van moeilike omstandighede

sien produsente steeds kans om in die bedryf te investeer. Hulle het

nie net NAMPO toe gekom om te kyk nie, maar ook om oordeelkun-

dige aankope te kom doen. Hulle gee vir ons mense hoop.”

‘n Ander aspek wat hy positief ervaar het, is die opgewondenheid

onder Graan SA se gaste wat die Oesdag vir die eerste keer besoek

het. “Senior mense in die strukture van landbouverwante besig-

hede het by NAMPO ‘n prentjie beleef wat die omvang en diepte

van die bedryf betref. Hulle terugvoer was sonder uitsondering

oorweldigend positief oor die beeld van ‘n mededingende, tegnolo-

gies-gevorderde bedryf,” het hy gesê.

Graan SA het tydens ‘n spesiale funksie erkenning gegee aan

uitstallers, vrywilligers, landbouleierskap en personeel se bydrae

tot die NAMPO Oesdag oor die afgelope vyf dekades sedert 1967.

Spesiale erkenning is verleen aan ses van die 1967-Oesdag se agt

uitstallers wat vandag nog uitstal, asook aan 17 uitstallers wat

onafgebroke sedert 1974 op die huidige terrein uitstal.

2016 se rekord NAMPO Oesdag was ‘n wonderlike afskeidsge-

skenk aan mnr Johan Loxton wat NAMPO die afgelope 20 jaar

bestuur het. Mnr Toit Wessels (tans ledebemarking- en kommuni-

kasiebeampte: Graan SA) sal vanaf 1 Oktober 2016 die leisels oor-

neem onder mentorskap van Johan.

Aanstaande jaar se Graan SA NAMPO Oesdag sal plaasvind van

16 tot 19 Mei.

JOHAN SMIT,

besturende redakteur:

SA Graan/Grain

. Foto’s:

ESTIE DE VILLIERS, ELMARIE HELBERG,

LOUISE KUNZ, HANNO SEEGERS

en

ADRI THERON,

SA Graan/Grain

-medewerkers

Graan SA het tydens ’n 50 jaar-geleentheid op Vrydag, 20 Mei, die

organisasie se oud-leierskap, NAMPO Oesdag-komiteelede, vrywil-

ligers, personeel en vriende van die Oesdag onthaal. Op die foto is die

landbouleierskap verantwoordelik vir Graan SA se NAMPO Oesdag oor

die afgelope bykans drie dekades. Voor: Vic Mouton (Oesdagvoorsitter

2001 - 2005), Jub Jubelius (Oesdagvoorsitter 2005 - 2011),

Cobus van Coller (Oesdagvoorsitter sedert 2011) en Johan Loxton

(wat as bestuurder: Kommersiële Dienste vir die afgelope 20 jaar aan

die stuur van die NAMPO Oesdag se organisering staan). Agter:

Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA),

Japie Grobler (Oesdagvoorsitter 1987 - 1989) en Bully Botma

(Oesdagvoorsitter 1989 - 2001).

Spesiale erkenning is verleen aan ses van die 1967-Oesdag se agt

uitstallers wat vandag nog uitstal, asook aan 17 uitstallers wat onaf-

gebroke sedert 1974 op die huidige terrein uitstal. By die funksie was

personeel van New Holland SA, Argo, Barloworld Agri, Kempston Agri

(Claas), Eqstra (Deutz & Same), Shell, Syngenta, Rovic Leers, Pannar,

Senwes en Bessemer. (

Nog foto’s van die funksie sal in die volgende

uitgawe van

SA Graan/Grain

gepubliseer word. – Red.

)