Background Image
Previous Page  6 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 6 / 64 Next Page
Page Background

4

d

ie afgelope paar maande tussen Graan SA se kongres

en die NAMPO Oesdag het relatief stil verloop. So stil

soos ‘n seun wat ‘n pak slae by die skoolhoof gekry het.

Die droogte sny diep in die bedryf in!

Daar was egter ‘n paar fundamentele sake wat ernstig

aangeroer is: Ons land se Grondwet het weer nuwe status gekry,

danksy me Thuli Madonsela en brawe regters wat hulle nie deur

politici laat beïnvloed nie. Terwyl produsente steeds ‘n swaard

oor hulle koppe het oor grondhervorming en vasgevang is in die

droogte se wurggreep, was hierdie beslis ‘n reuse oorwinning.

In die landbouvergaderings en -praatjies in die gange, het ek egter

‘n nuwe waarneming gemaak: Die transformasiemotief word die

nuwe poort na meer beheer deur die Staat. Veralgemenings soos:

“Daar het nog die afgelope 20 jaar geen transformasie in landbou

plaasgevind nie” raak nou die belangrikste dryfveer vir die Staat

om ingrepe in die mark te maak.

Nou wonder ek sommer of Suid-Afrika ook eers deur honger-

snood sal moet gaan (soos die tyd voor die Grondwethofuitspraak)

voordat die Regering sal agterkom dat ‘n mens nie inmeng in die vrye

mark as jy genoeg kos wil hê nie?

Transformasie is essensieel, maar as dit geïmplementeer word

sonder om volhoubaarheid in die oog te hou, gaan dit ons baie duur

te staan kom. Eskom het ons almal geleer dat oorhaastige besluite

en oormatige dryf van politieke motiewe tot nie-volhoubaarheid

lei. Dit kos die land miljoene rande aan ekonomiese groei en werks-

geleenthede. Georganiseerde landbou sal mooi moet kophou dat

ons nie die een doen en die ander nalaat nie. Volhoubaarheid is af-

hanklik van gesonde besigheidsbeginsels.

Een saak wat vir my al hoe duideliker word, is dat die bedryf meer

sal moet privatiseer. Die begroting vir navorsing is weer eens

gesny. Die staatsbeheerde saadvermeerderingprojek het ontspoor.

Graan SA kon nie die ondersteuning van die maal- en bakbedryf

verkry vir ‘n statutêre heffing vir koringteling nie. Ons sal strategies

moet dink oor wie ons ware vennote in die toekoms gaan wees. Ek is

baie bemoedig deur die hande (en rande) van samewerking wat in

die moeilike jaar na Graan SA en die landbousektor uitgesteek is.

Ons gaan dit vir lank onthou! Dankie daarvoor.

Ek het onlangs deur groot dele van die Vrystaat se produksiege-

biede gery. Waar weiding vir die diere hierdie winter vandaan

gaan kom, weet ek nie. Ons is egter ook bly saam met die wat so

gelukkig is om wel ‘n oes af te haal – en dit terwyl pryse op so ‘n

goeie vlak verkeer.

Die Wes-Kaap het goeie planttoestande gehad en ons hoop dat

hulle, veral in die Swartland, ‘n normale jaar gaan hê. Daar is ook

heelwat manne in die Vrystaat wat op leë mielielande koring plant.

Graan SA wil elke produsent maan om hulle somme sorgvuldig

te maak – die uitvoerpariteit vir mielies vir 2017 lyk nie gunstig nie.

Die Staat is ernstig besig om die koringtariefbedeling te bevraag-

teken (en dit is nie om die tarief hoër te maak nie!). Hoë voedsel-

pryse weens die droogte en die swak wisselkoers se oplossings

word nou gesoek in laer pryse vir produsente en dit is nie volhou-

baar nie. Wanneer gaan ons dan leer?

Leer ons dan nooit?

JANNIE DE VILLIERS,

uitvoerende hoofbestuurder/CEO

Transformasie is

essensieel, maar as dit

geïmplementeer word

sonder om volhoubaar-

heid in die oog te hou,

gaan dit ons baie duur

te staan kom.

STANDPUNT

POINT OF VIEW

Graan SA

Junie 2016