Background Image
Previous Page  14 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 14 / 64 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

NAMPO 2016

Spesiale

Junie 2016

12

Monosem se spogproduk by die Oesdag was die Quad-max-geenbewer-

kingsplanter vir rywydtes tot en met 52,5 cm. Volgens Arend Langer

(besturende direkteur en eienaar: Carrotech SA) is die egalige gewigs-

verspreiding oor die volle wydte van die planter een van sy groot

voordele. Regs staan Harold Groenewald (handelaar: Monosem,

Middelburg, Mpumalanga).

Die Ford Ranger Super Cab 3.2 XLT is ‘n 4x4-outomatiese dieselvoertuig

wat baie belangstelling by Ford se uitstalruimte gewek het. Stefan van

Jaarsveld (Coligny) en sy vriendin, Elri van den Berg (Ottosdal), het

hierdie “groen” bakkie met ‘n gemiddelde brandstofverbruik van

8,6 liter/100 km van naderby beskou.

Kobus Mostert het al die pad van Hochfeldt in Namibië gekom om

die NAMPO Oesdag by te woon. Bertus Weber (verkoopskonsultant:

Kubota, Vereeniging) het hom meer vertel van die 96 kW Kubota

M130X-trekker wat ‘n laaigraaf het wat tot 1 000 kg kan optel. Dit

is die grootste trekker in Kubota se reeks.

Hein Kruger (verkoopsverteenwoordiger: Electrolee) het aan

Hendri van Dyk (Brandfort) verduidelik hoe die nuwe laserwyser

afstandbeheerde skakelaar van Electrolee energiebesparing tot gevolg

kan hê omdat dit op individuele items kan funksioneer. Dit gebruik ‘n

240 V wisselstroom-kragbron. ‘n Reënbestande eenheid is ook beskik-

baar.

In hierdie tegnologiese eeu is die ATN X-Sight II Intelligence nagsig- en

dagteleskoop met vyf tot 20 keer vergroting ‘n moet vir elke geesdrif-

tige jagter. Herman de Wet (Rouxville) het dit by NWK se uitstalruimte

uitgetoets. Volgens Francois Coetzee (verkoopskonsultant: ECM

Technologies) bring hierdie teleskoop voorheen onsigbare teikens

nou binne sig.

Pieter van Loggerenberg (verkoopsbestuurder: Sparex) en sy span is al

‘n bekende gesig by NAMPO. Pieter, Hein van der Merwe (Bela-Bela),

Johan du Plessis (verkoopsverteenwoordiger: KwaZulu-Natal en

Swaziland) en Garth Els (Bela-Bela) het gesels oor Sparex se “alle

seisoene”-reeks wat die aarde kan laat bewe met alles van skoffel-

ploegonderdele tot grassnyerlemme.

NAMPO Oesdag 2016 troef verskeie rekords