Background Image
Previous Page  15 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 15 / 64 Next Page
Page Background

Rovic Leers staan gereed

met groot verskeidenheid werktuie tydens NAMPO

R

ovic Leers het hierdie jaar weer gereed gestaan om produsente

te herinner waarom hulle aan die voorpunt is met van die mees

gevorderde landbou-implemente. Hul volledige reeks werktuie was

by Graan SA se NAMPO Oesdag te sien.

Dié verskaffer spog juis met letterlik iets van alles, van saaiboer-

derywerktuie tot wingerd- en boordtoerusting. Die Flory-toerus-

tingreeks wat die leier in neutoesmasjiene is, het baie aandag getrek

en word deesdae ook deur Rovic Leers in Suid-Afrika versprei.

Ander bekende handelsmerke wat versprei word, sluit in Remlinger,

Kuhn, Cicoria, Krone, Quicke en Seko.

1: Matheus Rekkers (Krone) en Albert Coetzee (Rovic Leers) by die

Krone Big Pack 870-baler. Die Big Pack 870 is ‘n kleiner weergawe van

die Big Pack 1270 en lewer ‘n baal van 800 mm by 700 mm, wat dit mak-

liker maak om te hanteer.

2: Willie Serfontein (Rovic Leers), Bill Smith en Ken Cronje (albei van

Hartswater) by die Flory 8600-oesmasjien. Die masjien kan ‘n verskei-

denheid van neute (hasel-, makadamia-, amandel-, okker- en pekan-

neute) oes.

3: Erick Oosthuizen, Sakkie van Zyl en Johann de Wet (almal van

Swellendam) by die Flory 78-reeks veër (

sweeper

). Hierdie selfaange-

drewe veër is spesifiek ontwerp om in boorde, met laag-hangende

takke, te werk met uitstekende sigbaarheid en maksimum operateurs-

gerief. Flory het verskeie werktuie vir die pekanneutbedryf.

4: Albertus de Wet (Jacobsdal) en Japie Nortjé (Hopetown) by die

Super 32. Die Super 32 is ‘n 15-tand met kouters en rollers. Die werk-

diepte van die Super 32 is 800 mm en dit is spesifiek ontwerp vir

aanwending in sanderige grond met diep ploegbanke.

5: Thorsten Kapp (Namibië) en John Rich (Upington) by van die Rovic

Redline-toerusting. Hierdie reeks word gesien as die meer bekostigbare

reeks en is ontwikkel vir die nuwe era-boer. Op die foto links voor is ‘n

skotteleg met ‘n aartappeloesmasjien links agter. Die implement regs is

‘n aartappelplanter.

6: PD Botha (Bultfontein) en Mannie Louw (Hartenbos) by die plaaslik-

vervaardigde waaierspuit – vir gebruik in wingerde en boorde. Die tenk-

grootte is 1 000 liter en gemaak van poliëtileen vir maklike skoonmaak.

Die spuit het ook ‘n skoonwatertenk om byvoorbeeld die filter skoon te

maak tydens gebruik.

7: Danie en Jaco Pienaar (albei van Edenburg) by die Excelerator 8000.

Hierdie alles-in-eenbewerkingsimplement sny, vermeng, berei die saad-

bed voor en plant – alles in een aksie. Die Excelerator 8000 spog met ‘n

maksimum werkdiepte van 8,9 cm.

13

PROMOSIE-ARTIKEL

JURGEN VAN ONSELEN,

Kolbe Media

1

4

7

2

5

3

6

June 2016