Background Image
Previous Page  11 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 11 / 64 Next Page
Page Background

Terratill Implemente fokus op Horsch-

planters en grondbewerkingsimplemente

T

erratill Implemente is bekend vir die volledige reeks Horsch-

implemente wat hulle in Suid-Afrika versprei. Vanjaar het

hulle die Horsch-planterreeks uitgebrei met die Pronto DC-mini-

mumbewerkingkoringplanter wat saam met die Maestro-, Focus-,

Joker- asook Terrano- en Tiger-grondbewerkingimplemente op

NAMPO 2016 te siene was.

1: Toeskouers kyk hier na ‘n demonstrasie van die Horsch Joker 12 RT.

Die implement het ‘n werkswydte van 12,25 m – wat op hoë spoed

meer effektief is en werk. Dit kan maklik 100 ha in ‘n agt ure-skof

kafdraf. Die Horsch Joker-reeks kompakte dis, skottelimplement, is

die mees suksesvolle implement wat beide primêre en sekondêre

grondbewerking kan doen.

2: Maritz Grobler (Settlers), Jaco Prinsloo (Groblersdal), Zandré Nel

(Settlers) en Rassie van Vuuren (Settlers) by die Maestro 24,75 (24 ry;

75 cm spasiëring) SW-mielieplanter. Die SW agter die naam verwys na

seed wagon for seed and fertiliser

. Hierdie planter kan ook sojabone,

sonneblom en sorghum plant.

3: Wessel Lemmer (Absa), Theo Ferreira (Graan SA-hoofbestuurslid),

Kiewiet Ferreira (voorsitter: Bonsmara Genootskap) en Ters Wille

(Terratill) by die Tiger 3 MT. Die implement lewer ‘n eenbeweging/

-bewerking met sy kombinasie van skottels, tande en roller. Die

MT-modelle het almal voor 680 mm-swaardiensskottels wat die

materiaal sny en ‘n stel beiteltande direk agter die skottels wat die

grond tot 350 mm losmaak, terwyl die rubberwielroller agter die res

doen en druk op die grond en materiaal plaas om die fermentasieproses

vinnig aan die gang te kry.

4: Ters Wille, Charl de Wet (Bothaville) en Juan Nel (Villiers). Charl en

Juan is besig om navorsing te doen oor optimale bewerkingspraktyke

en het by Terratill kom inloer tydens die Graan SA NAMPO Oesdag.

Agter hulle staan die Horsch Terrano FX. Die implement is beskikbaar

in ‘n 3 m-driepuntmodel met tien tande tot en met ‘n 12 m-sleepmodel

met 45 tande.

5: Hannes Saunders (Terratill), Mike en Yvonne Phillips (Normandien,

Natal) by die Maestro 12,75 SW-mielieplanter. Die planter kan ook

sojabone, sonneblom en sorghum plant. Soos die naam aandui, is

dit ‘n 12 ry 75 cm-spasiëringplanter. Hierdie planter spog met hul

gepatenteerde

seed on demand

-tegnologie.

6: Willie Stols (Terratill), Danie Osborne en Rudie Brand (albei

koringprodusente van Hopefield). Die Horsch Pronto DC is

‘n eenbewerking koring- en fynsaadplanter met ‘n saad- en

kunsmismassatenk wat 40/60 verdeel is vir die 3 m-model van

2 800 liter tot en met 5 000 liter vir die 6 m-model.

7: Johan Nothnagel (Terratill) en Boeta Tolken (Leeudoringstad) by die

Focus 12,75 ST

strip-till

-planter. Boeta bedryf ‘n gemengde boerdery

saam met sy saaiboerdery. Die planter kan as koring- of mielieplanter

aangewend word deur van die toerusting te verander. Die planter is

’n kombinasieplanter wat beitelbewerking, saadbedvoorbereiding en

plant kombineer.

9

June 2016

PROMOSIE-ARTIKEL

JURGEN VAN ONSELEN,

Kolbe Media

1

3

6

7

4

5

2