Background Image
Previous Page  16 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 16 / 64 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

NAMPO 2016

Spesiale

Junie 2016

14

Harry Conradie (streeksbestuurder: Afgri, Centurion – links) en

Janus Viljoen (verhoudingsbestuurder: Afgri, Kroonstad – regs) het vir

Johan Grobbelaar (Wesselsbron) meer oor die nuwe eAccounts vertel.

Dié e-rekeningdiens bied aanlyn, intydse transaksieverwerkingsvermoë

en toegang tot relevante rekeninginligting.

McBeans se hidroulies-aangedrewe brandbestrydingseenheid met ‘n

Normac-pomp maak dit vir produsente moontlik om ‘n brand vinniger

onder beheer te kry danksy die hoër druk en watervolume. Nick Kelbrick

(verkoopsbestuurder: Pompe) het dié handige hulpmiddel aan

Deon Hoon en Bennie Oosthuizen (albei van Kuruman) vertoon.

Marius Hartman (bestuurder: Winkels) het die demonstrasie

waargeneem.

Hierdie drie besoekers van Dwaalboom, Hannes Terblanche,

George van der Merwe en Danie Terblanche, het by Mark Taylor (Afrika-

areabestuurder: Teejet) kom uitvind hoe die UniPilot

®

funksioneer. Met

hierdie stuurwielgemonteerde loshandstel-stuurstelsel is dit nie nodig

om die stuurwiel te verwyder nie. Die ratring word op jou stuurwiel

gemonteer en ‘n eenvoudige teenrotasiehaak aan die stuurkolom. Enige

aanraking van jou hande sal die stelsel onmiddellik tot stilstand bring.

Die Visagie-gesin van Rustenburg (Corné, André, pa Eugene en ma

Marlene) het by hierdie produkte van Stihl stilgestaan. Kevin Richards

(areabestuurder: Noord- en Wes-Kaap) het verduidelik dat die masji-

nerie verminderde geraas en vrylating van gasse bied. Die hoofvoor-

deel is dat die batterye met ander koordlose Stihl-produkte gebruik

kan word.

Vic Botha (Unitrans, Mosambiek) en Jackie Jacobs (Lonagro,

Mosambiek) het met GSI se areabestuurder in Zambië gesels oor die

nuwe boogstrukture van GSI wat veral in Afrika baie gewild is. Hierdie

strukture is baie veelsydig en kan vir enige iets van gewasbeskerming

tot laekostebehuising gebruik word.

Oesdagbesoekers kon meer leer oor Intelex, ‘n Kixor-gedrewe

oplossing, wat die nuutste toevoeging tot BASF se voor-opkoms-

plaasbestuuroplossings is. Dit bied buitengewone lang voor-

opkomsonkruidbeheer en laat die produsent toe om later te besluit

of ‘n na-opkomstoediening nodig is. Hier is Barend Moolman (Reitz),

Willie Wessels (tegniese bestuurder: BASF), Louw Kleynsmith (Reitz)

en Gerhard Heyns (kommersiële bestuurder: BASF).

NAMPO Oesdag 2016 troef verskeie rekords