Background Image
Previous Page  13 / 64 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 13 / 64 Next Page
Page Background

TERUGBLIK

NAMPO 2016

Spesiale

11

June 2016

Eskom se diensafdeling staan gereed om klante van hulp te wees.

Hulle is Gerhard van Zyl (klante-adviseur: Bothaville), Eugene Myburgh

(klantediensverhoudingebestuurder: Vrystaat) en Johan van Huyssteen

(klante-adviseur: Parys). Hulle het klante gehelp met nuwe aansoeke,

wanneer hulle rekeninge wou nagaan, klagtes, algemene inligting ver-

lang of tariefnavrae gehad het.

New Holland SA se areabestuurder, Jan Barnard, staan hier by die

New Holland T8.435 SmartTrax

TM

-rusperbandtrekker. Die SmartTrax-

reeks is bekend daarvoor dat dit maklik en skoon draai, wat dit veelsy-

dig maak om ook werk soos spuit en topbemestingstoediening te kan

hanteer. Dit kan in wydtes van 1 930 mm tot 3 960 mm werk en het ‘n

aangeslane krag van 379 pk (320 kW).

Conleth en Shaun Costigan (albei van Jooste Suiers en Pompe)

in gesprek met mnr Willie Helberg van Wolmaransstad. Willie hou

een van Jooste se vlekvryestaalsilinders, waaroor hy kom navraag

doen het, vas.

Richard Huyerman (beligtingshandelsmerkbestuurder: ACDC Dynamics)

staan hier by van hulle LED-spreiligte. Die grootste voordeel van

LED-ligte is kragbesparing. ACDC het ‘n wye verskeidenheid van

industriële en kommersiële LED-ligte vir enige toepassing vir die hele

mark in 30 dorpe in Suid-Afrika. Dit koppel ook gemaklik met

enige sonkragprodukte, wat ook by hulle beskikbaar is.

Radium Engineering se span by hul Schulte-klipopteller. Hulle is

Jairus Modimola, Kudzi Tafirei, Paul Oberholzer, Gareth Roest,

Evan Howell en Kevin Ferreira. Die Schulte-klipopteller word saam

met die kliphark, wat die klippe in ‘n windry sorteer, gebruik. Die klip-

opteller tel die klippe op in ‘n vangbak en vervoer dit van die land af.

Twee besoekers van Balfour, Werner Cox en Kallie Koekemoer (mid-

del), het by Bearings International aangedoen om na hul omvattende

reeks laers en kragtransmissieprodukte te kyk. Brian Tillie (produkbe-

stuurder: Bearings International, links) en Ryno Dercksen (verkoops-

verteenwoordiger: Bearings International, heel regs) het die besoekers

se vrae oor die produkte beantwoord.

NAMPO Oesdag 2016 troef verskeie rekords

Ons het by dié uitstallers gedraai