SA Graan April 2014 - page 21

19
April 2014
meer produseer en het dan ook meer kopers wat om ons produk
meeding,” het hybygevoeg.
Transformasie is besig om vorm aan te neem om oud-president
NelsonMandela senagedagtenis vanversoeningdeur samewerking
te eer. “Ons moet mense nie net probeer oplei nie, maar ook hul
denke rakende transformasieprobeer verander,” aldusDeVilliers.
“In 2013 het ons die lewens van 4 000 mense, in die vorm van
nuwe toetreders tot die landbousektor, geraak,” het Steytler vertel.
“Dit sluit 108 studiegroepe in. Ons het nou 82boerewat elkmeer as
250 tonmielies produseer.”
“Onshet voortgegaanmet diebestaande studiegroepeenhet ook ‘n
streekkantoor indieOos-Kaapgeopenomproduksie-uitbreidingwat
daar moet plaasvind, te fasiliteer,” het De Villiers bygevoeg. “Ons
het ‘n klompmense opgelei; ons fokus het nou verskuif namaniere
omvir hulle finansiering te reël omproduksievolstoomaandiegang
te kry.”
Terselfdertyd moet grondvlak-ontwikkeling uitgebrei word. Ven-
nootskappe met die regering se herkapitaliseringsprogram was
uiters suksesvol, maar finansiële beperkings bemoeilik Graan SA se
vermoëomdie taak voluit tepak. Dit sal ‘ngroot kapitale investering
van die regering vereis, maar dit is belangrik dat grondhervorming
gefokus is op ‘n lang, positiewe uitkoms om ‘n langtermyninkomste
vir begunstigdes en voedselsekerheid vir die land te verseker.
Graan SA sien die beginsels van die vrye mark en die grondslag
van ons grondwet as noodsaaklik vir suksesvolle grondhervorming.
“Ons opinie is dat dit nie nodig is om die grondwet te verander,
veral Artikel 25 daarvan, om die oogmerke van grondhervorming in
Suid-Afrika te bereik nie,” het Steytler verduidelik. “As ons daarmee
karring, veral wat betref eiendomsreg, gaan ons inmeng met die
vermoë om landboukommoditeite te produseer, want die grond
self staan as sekuriteit vir die krediet wat verkry is van kommersiële
banke, landboubesighede en van LandBank.”
GraanSA se top ekonome, in samewerkingmet statutêre en privaat
rolspelers, monitor die vraag- en aanbodketting versigtig. “Met
die vrye mark is dit belangrik dat ons daardie inligting aan die
boerderygemeenskapkommunikeer sodat hullediekorrektebesluite
kan neem aangaande produksie, die koste van produksie en die
bemarking van die kommoditeite wat hulle produseer,” het Steytler
verduidelik.Met nuweglobalemarktewatoopgaan, isditbelangriker
as ooit tevore.
“Die wêreld kyk na die suidelike deel van Afrika as ‘n oplossing vir
voedselsekerheid indievolgende tien tot vyftien jaar,”hetDeVilliers
gesê. “‘nKlompmultinasionalemaatskappye isbesigom inAfrika te
investeer endie pad is deur Suid-Afrika. Almal is nuuskierigoorwat
hier gebeur en oor wat onswaarneem. Daar is selfs artikels geskryf
oor die ‘Green OPEG’ vir die biobrandstofbedryf en ek dink daar is
geleenthede, in aggenome die lessewat ons geleer het, wat ons op
naAfrika kanneem sodat hullevoedselsekerheid kanhêenonshulle
selfs vanhier af daarin kanondersteun.”
Graan SA het in die laaste jaar gefokus op die vestiging van navor-
singsnetwerke sodat daar op ‘n kompeterende basis in die mark-
vraag voorsien kan word. “Navorsing in Suid-Afrika is ongelukkig
aangewese op kommoditeittrusts vir befondsing en daaromwil ons
met die regering gesprek voer oor hul verantwoordelikheid om die
landbounavorsingsdienste te verbeter,” aldusSteytler.
Die gehalte en beskikbaarheid van produksie-insette word voort-
durend deur Graan SA gemonitor, omdat dit ‘n direkte invloed op
produksiekapasiteit het. Die dieselrabat is daarom ‘n saak wat,
ten spyte van vordering daarmee, steeds aandag geniet. Wat
langtermynvolhoubare produksie gekoppel met laer insetkoste
betref, is ‘n bewaringsinsetkomitee gestig om produsente te help
met besluite rakendedieoorskakelingna kommersiëleboerdery.
“Ons het agtergekom dat dit produsente in ander lande gehelp het
ommeer te produseer met minder insette en al is dit nuut vir ons,
veral wat die praktiese uitdagings daarvan betref, het ons in die
eerste jaar reeds baie vordering daarmee gemaak,” het De Villiers
vertel.
“Graan SA se NAMPO Oesdag bly vir ons ‘n groot bate, veral ook
as beeldbou-instrument na buite en daarom het ons opnuut daarin
belê. Ons probeer veral om eensgesindheid by mense te kweek
rakende temas soosdieweer, sodat almal byvoorbeeld sal besef dat
reën nie net beteken dat ‘n sambreel nodig is wanneer mens werk
toe gaan nie, maar dat voedselpryse gaan styg as dit nie reën nie,”
het hybygevoeg.
Met die fokus op die toekoms is dieGraanAkademie in 2013 gestig.
“Ons wil belê in ons jonger mense en seker maak die ervaring van
die ouer produsente word na hulle oorgedra. Dit geld ook vir ons
navorsers en al die ondersteuningsdienste wat in landbou ‘n rol
speel teneindehierdiewaardeketting temaakwerk.Onshet daarom
skemas inplekom jongermensena landbou te trek, dieselfdeasmet
die skoleprogram. Sodoende sienhulledie essensie van landbou en
verstaanhulledie rol van landbou indieekonomie,” het hy afgesluit.
Steytler het as slotopmerking bygevoeg dat Graan SA een van die
belangrikste gunswerwingsgroepe in Suid-Afrika gaan word. “Ek is
van mening dat, met die regte leierskap, stukrag en vertrekpunte
wat beide die konstitusionele en ekonomiese argumente betref,
daar ‘n baie blink toekoms vir landbou is, omdat ‘n honger nasie
onregeerbaar is en Suid-Afrikaanse landbou sal toesien dat Suid-
Afrika as ‘nnasienooit daardie vlakke van veragtering sal bereikwat
deur baie ander lande indiewêreldbeleef is nie.”
Die voorsittersverslag is in oudiovisuele formaat aangebied en elke
Kongresganger het ook ‘nDVD ontvangwat hy of sy huis toe kon neem
omdaar aanbelangstellendes tegaanwys.
Volgens Jannie de Villiers is Graan SA se primêre verantwoordelikheid
voedselsekerheid vir ons land. “Onswil graag ‘n beleidsomgewing skep
waarindieprodusent volhoubaarwinsgewend kanwees.”
1...,11,12,13,14,15,16,17,18,19,20 22,23,24,25,26,27,28,29,30,31,...92
Powered by FlippingBook