SA Graan April 2014 - page 20

April 2014
18
Stukkies van legkaart
bymekaar gebring
2013 was ‘n hoëspoedjaar; ‘n jaar waarin Graan SA veral
daarop gefokus het om te doen wat hy beloof: Om dit vir
graanprodusente moontlik te maak om voluit op produksie
te konsentreer,” so het mnr Louw Steytler, voorsitter van
Graan SA, sy verslag (wat in oudiovisuele formaat aangebied is)
tydensGraanSA se 2014Kongres afgeskop.
“Graan SA is voortdurend besig om die stukkies van die legkaart
bymekaar te bring. Sodoende kan ons die groter geheel beskou,
planne beraam en herberaam, soos wat die landskap verander,”
het hy gesê. “Graan SA se primêre verantwoordelikheid is voed-
selsekerheid vir ons land. Ons wil graag ‘n beleidsomgewing skep
waarindieprodusent volhoubaarwinsgewend kanwees.”
Volgens mnr Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van
Graan SA, was dit ‘n jaar gekenmerk deur groot uitdagings, soos
byvoorbeeld die klimaatuiterstes: “Die seisoen het afgeskop met
baie belofte en ‘n nat ooste, maar geweldige droogte in die weste
en abnormale reënval in die suide tydens oestyd. Aan die ander
kant was daar onweerswolke rondom die vryemark. Daar was veral
sprake dat die staat weer beheer wil toepas. Gelukkig het ons die
kapasiteit binne die organisasie om krisisse soos hierdie te hanteer.
Veral die spoed waarteen ons daarop kan reageer, is vir ons van
groot belang,” het hybygevoeg.
“Voedselsekerheid is ‘n voorregwat onsmoet koester. Ons kan nie
op ingevoerde voedsel staatmaak nie. Landbou verteenwoordig
daarom die basis waarvandaan groei gehandhaaf en ons mense
gevoed kanword,” aldusSteytler.
In Graan SA se samesprekings met regeringsdepartemente word
gefokus op raakpuntewat landbou endie land as geheel raak.
Om die negatiewe effek van die invoer van goedkoop produkte op
plaaslike landbou en langtermynvoedselsekerheid teen tewerk, het
onderhandelinge met die Departement van Handel en Nywerheid
daartoegelei dat die regering invoertarieweopproduktesooskoring
en hoenders ingestel het en daarbenewens het uitvoerfasilitering
nuwewêreldmarkte vir graanoopgemaak.
“Suid-Afrika het hierdie jaar mielies uitgevoer na Mexiko vir hul
tortillabedryf, na Japan sowel as na Korea en Taiwan, wat groot
klantevanons is,” het DeVilliersgesê. “Onsondersoekookuitvoere
nadieMidde-Ooste, waar ons voortdurend verhoudinge versterk en
hulleblootstel aanons produkte.”
Daar is ook plaaslik nuwe ontwikkelinge, soos biobrandstof, in die
mark. “Die biobrandstofbeleid wat die regering gevolg het, is vir
Graan SA ‘n groot deurbraak en pas mooi in by die land se totale
beleid,” verduidelik De Villiers. “Vanaf 1 Oktober 2015 moet daar
in alle brandstof ‘n persentasie biobrandstof ingemeng word. Nou
moet produsente, veral ook opkomende boere, die moontlikhede
en geleenthede hierin geleë ondersoek en ontgin, want daar sal
grondstowwe ingekoopmoet word.
“Met etanol word veral sorghum geteiken. Daarvoor is daar reeds
twee aanlegte, een by Bothaville en een by Cradock. Wat biodiesel
betref, isdit veral sojabonewat oorweegword,maar onsondersoek
ook diemoontlikheid om kanola vanuit dieWes-Kaap in biodiesel te
kanomskakel,” het hybygevoeg.
Die kapasiteit van plaaslike sojaboonaanlegte word volgens
DeVilliers uitgebrei enopgegradeer. “Ons fokus ook daaropomons
produksiekapasiteit uit te brei. Ons produseer tans tussen 800 000
en 900 000 ton sojabone, terwyl die kapasiteit ver oor ‘nmiljoen ton
is en dan is daar nog nie vir biodiesel voorsiening gemaak nie. Daar
is dus groot geleenthedehieringeleë.
“Vir die toekoms ondersoek ons die moontlikheid om sonneblom-
aanlegte in werking te stel ommeer perskapasiteit te verkry; wat
werkskepping sal laat realiseer en ook ‘n belegging is, want ons kan
TERUGBLIK
Kongres
Spesiale
– “Walk the talk” sê voorsitter enuitvoerendehoofbestuurder
SAGRAAN/GRAIN
REDAKSIE
Louw Steytler het produsente bedank dat hulle genoegsame voedsel
produseer om ‘n nasie te voed. Hy het produsente aangemaan om nie
so negatief oor die toekoms van die land tewees nie. “Moenie voor jou
kinders sê daar is nie ‘n toekoms vir ons kinders inhierdie landnie. Sien
daarvanaf. Jyvernietig joukindsedrome.”VolgensSteytler sal diestem
van redelikheid seëvier.
1...,10,11,12,13,14,15,16,17,18,19 21,22,23,24,25,26,27,28,29,30,...92
Powered by FlippingBook