Previous Page  20 / 27 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 20 / 27 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႄႂ

• ’n Ekonomiese impakstudie wat in 2008 deur die Vrystaatse Universiteit uitgevoer

is, het aangedui dat die spandering deur besoekers aan Bothaville sowat R7 miljoen

tydens die Oesdag beloop terwyl uitstallers se spandering R3,5 miljoen bedra het.

• ’n Opknappingsprojek van die beeskompleks se voorste gedeelte het in 2011

afgeskop en is teen 2015 voltooi.

• ’n Ploegkompetisie, wat as kwalifiseerder vir die Wêreld Ploegkompetisie gedien

het, is tussen 2013 en 2015 tydens die Oesdag deur Graan SA in samewerking

met Tubestone aangebied.

• ’n Afslaerskompetisie word sedert 2015 in samewerking met die tydskrif,

Vee-

plaas,

en Toyota in die veilingskompleks aangebied.

• Die eerste fase van die 8 000 m

2

-uitbreiding van uitstalruimtes op die ou suide-

like parkeerarea – asook die skep van ’n nuwe parkeerarea aan die suidekant van

die terrein – is gedurende die Oesdag van 2013 in gebruik geneem.

• Die gewilde Nasie in gesprek-gesprekforum – waarin Graan SA, Senwes en an-

der maatskappye vennote is – betrek sedert 2013 denkende leiers uit verskeie

affiliasies, politieke agtergronde en die besigheidsektor om tydens die Oesdag

dialoog te voer oor landbousake van nasionale belang en oplossings te vind om

die landboubedryf se toekoms en lewensvatbaarheid te verseker.

• Na die bywoning van die Damesprogram oor tyd afgeneem het, het die SAMPI-saal

sedert 2015 plek gemaak vir ’n wyer verskeidenheid van damesgerigte uitstallers.

• Verskeie saadmaatskappye neem deel aan saadplotte wat in 2015 op die nuwe

deel van die terrein gevestig is. Die toevoeging gee oesdaggangers die geleent-

heid om verskaffers se kultivars in praktiese produksieomstandighede te bekyk

en te vergelyk.

NAMPO se veetentoonstellings is ver-

teenwoordigend van die meerderheid van

rasgenootskappe in die land.

’n Gratis trekker-en-waentjie-vervoerstelsel is ingestel vir individue wat minder mobiel

is...en vir voete wat moeg ge-NAMPO is.

Spesiale voorsiening word vir lede van die plaaslike en oorsese media gemaak by

Graan SA se mediasentrum.