DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႄႈ
Komiese insidente wat jare later nog onthou
word, is seker noodwendig een van die ken-
merke van groot byeenkomste met derdui-
sende besoekers. Die jaarlikse NAMPO
Oesdag is in dié opsig geen uitsondering nie
en
SA Graan/Grain
het ’n paar ou hande van
die landboufamilie gevra om van dié staaltjies
te deel.
E
en daarvan wat baie van die manne goed onthou, is
die ware storie van die oulike blondine in haar spierwit
katpakkie. Mnr Bully Botma, oud-voorsitter van Graan SA,
vertel dit was in een van daardie jare wat dit sommer baie
meer as gewoonlik by die Oesdag gereën het. Die water het
vinnig by sekere plekke opgedam en oesdaggangers moes
dikwels maar by stalletjies onderdak skuiling soek.
Naby die skaapkrale en die skaapskeerders het die water ’n
goeie 15 cm tot 20 cm diep gestaan en mense het daar onder
’n pilmasjien se dakkie skuiling gesoek. Een van hulle was ’n
nogal oulike blondine met so ’n spierwit eenstukpakkie – “cat
suits” is dit daardie dae genoem. Sy wou graag die skaap-
skeerders se vernuf van nader gaan bekyk maar het nie kans
gesien vir die diep water nie. Een van die manne wat daar
doenig was, het met haar aan die gesels geraak en toe
besluit hy sal kyk wat hy kan doen. Soos ’n man wat sy
bruid in die huis indra, het hy haar in sy arms opgeskep
en deur die plasse water begin stap. Die blondine het
eers teëgestribbel, maar die paar sterk boere-arms
het haar gou gerusgestel en dit het gelyk of die be-
handeling haar nogal welgeval.
Dinge het goed gegaan met die draery – tot
by die laaste trappie wat al toe was onder
die water – en net daar trap ons galante
vriend mis en slaan met blondine en al
neer. Papnat en met haar wit pakkie wat nou
bruin van die modder is en haar duur haredos
van die oggend nou in modderslierte om haar
gesig, het die besoekster haastig – en briesend
– daar padgegee. Waar en hoe sy droog en skoon
gekom het, weet hulle nie, maar hulle het haar nie
weer gesien nie.
’n Paar weke later kry die Oesdagkomitee ’n brief van
haar waarin sy aandring op vergoeding vir skade gely
aan haar klere en seker ook aan haar eer en aansien.
Hulle het haar toe maar laat weet dat dit nie in die
galante heer wat haar deur die water gedra het,
se posbeskrywing staan dat hy sulke takies
moet verrig nie en dat die Oesdagbestuur
dus nie verantwoordelikheid daarvoor kan
aanvaar nie. Dit lyk of dit veral reën was wat
dikwels groot lagstories veroorsaak het.
M
nr Kobus van Zyl, graanprodusent wat al jare by die Oes-
dag betrokke is, vertel dat die manne ook een jaar lank in
die kroeg gaan skuil het vir die aanhoudende reën – soms TE
lank. Hy stap ’n slag op die stoep uit om te kyk hoe hard dit nog
reën en hier sit een van die manne met ’n visstok wat hy nugter
weet waar gekry het. Aan die punt van die lyn is ’n piesang
vasgemaak en hy hengel al te heerlik in die water wat ’n goeie
10 cm plas op die Vrystaatse vlaktes gemaak het.
Dit was – en is blykbaar nog – van die vrywillige werkers se
gebruik om in die karavaanpark in tente en woonwaens te
slaap. Een jaar, vertel Van Zyl, was hulle laataand besig om
’n vleisie te braai na die dag se harde werk, toe kom daar ’n
besoeker aangestap wat lank nie meer eens op die terrein
moes gewees het nie. Toe hulle hom vra wat hy nog daar
soek, beduie hy met ’n sterk sleeptong dat hy net kom raad
vra het. Nou watse raad kan hulle hom die tyd van die nag
gee, wil hulle weet. Nee, hy wil net weet watter kant toe is
KwaZulu-Natal. As hulle hom die regte koers sal wys, sal hy
self regkom. Dit blyk toe dat die man met ’n busvrag vriende
uit Noord-KwaZulu-Natal gekom het en toe die bus wat al
vroegmiddag daar weg is, verpas het.
“Ek het hom beduie dat ek dink KwaZulu-Natal is seker so in
’n oostelike rigting. Ons het net mielies hoor kraak soos hy
min of meer in daardie rigting in die mielielande verdwyn
het. Maar wat van hom geword het, weet ons tot hedendag
nie want ons het nooit weer van hom gehoor nie.”
LAG SAAM MET DIE OESDAG
Deur Thys Human, gepubliseer in SA Graan/Grain, April 2010