Previous Page  27 / 27
Information
Show Menu
Previous Page 27 / 27
Page Background

ႄႉ

HOOFSTUK 6

M

nr Jan Combrink, nog een van Graan SA se lede met

jare se diens by die Oesdag, het ’n hele paar snaakse

stories daar uit die “buighuis” se omgewing, soos die ou wat

hulle laataand toe hulle gaan seker maak dat alle voertuie

weg is van die terrein af, kry waar hy handeviervoet in die

parkeerplek rondkruip op soek na sy kar. Dis ’n Citroen, be-

duie hy, maar hulle kry nie so ’n kar nie. ’n Hele ruk later

kom hulle op sy vriende af wat ook naarstiglik maar taamlik

onbeholpe weens oormatige inname na hom soek. Hulle ry

toe ’n Cortina! “Ek moes seker nie daar onder regs gedraai

het nie,” het die man wat toe al eintlik agt rye spore geloop

het, verduidelik.

E

n mnr Vic Mouton, eertydse Oesdagvoorsitter, vertel ook

van een van sy goeie vriende wat hulle laatmiddag na ’n

lang gekuier na sy “wit kar” help soek het – en toe hulle die

kar uiteindelik kry, is dit ’n bloue!

K

lub 200 is die eetplek waar belangrike gaste gewoonlik

onthaal is. So kort na 1994 se verkiesing is die destydse

premier van die Vrystaat, mnr Mosiuoa Lekota, deur die

komitee daar onthaal toe die krag afgaan. Mense wat die plek

ken sal weet dat as die krag afgaan, is dit nie net stikdonker

nie, maar die waaiers wat die braairoosters se rook uitrek

gaan staan en die lokaal is gou dik van die rook. Toe dit ge-

beur bars Lekota se lyfwagte die plek binne – goed paraat met

oorgehaalde wapens en al. Dinge kon skeef geloop het, vertel

mnr Jub Jubelius, oudvoorsitter van die Oesdagkomitee, as

dit nie was vir sy vrou nie wat hard deur die donkerte en die

rook geskreeu het dat dit net die krag is wat af is en die mense

net rustig moet word. “Dit kon lelik gewees het, maar vandag

kan ons net lag oor die lyfwagte wat so vinnig was om wild en

wakker te skiet.”

Hy vertel ook die staaltjie van een van die lede van die

Dameskomitee wat ’n aankondiging oor die Damesprogram

moes doen. Deftig uitgevat, met perfekte haredos, stap sy

op haar hoë polvye vorentoe, maar by die verhoog struikel

sy oor ’n deftige handsak in die paadjie en sy slaan daar neer

dat ’n mens kan sien of sy daardie dag al haar klere mooi

aangetrek het! Maar sy het beslis nie op haar mond geval

nie. “Dan val ek nou maar sommer met die deur in die huis...”

het sy haar aankondiging begin.

2016