ႃႇ
HOOFSTUK 6
DIE ALGEMENE TERUG-
VOER VAN UITSTALLERS
IS DAT DIE VOLUME
BESIGHEID GEDOEN BO
VERWAGTING IS EN IN
BAIE GEVALLE SELFS DIE
VORIGE JARE SE SYFERS
OORTREF. EWENEENS
IS DIE TERUGVOER VAN
BESOEKERS SPONTAAN
POSITIEF OOR DIE
HOË STANDAARD VAN
UITSTALLINGS EN
VAN DIE TERREIN.
– Mnr Jub Jubelius,
Oesdagvoorsitter; 2006.
en deur vrywilligers beman is. Broekman Studiegroep sou in die jare wat volg
betrokke raak by die bemanning van die biertuin en Allanridge Studiegroep by die
toegangshekke. Nagenoeg 500 vrywilligers het in die stadium gedurende ’n Oes-
dagweek kom skouer aan die wiel sit.
Johan Loxton, Bestuurder: Administrasie en later Bestuurder:
Kommersiële Dienste van NAMPO en toe Graan SA 1996 - 2016
Toe Loxton hom in 1996 by NAMPO aansluit as Bestuurder: Administrasie was
die basis van die Oesdag en die infrastruktuur op die terrein gevestig. Met ’n
menslike hulpbronbestuur- en sake-agtergrond sou sy uitdaging wees om in
samewerking met die Oesdagkomitee hierdie eiesoortige landbou-handelsten-
toonstelling voortdurend te laat aanpas by die nuutste neigings en om aan die
voorpunt van tegnologie te bly.
Loxton het ’n sleutelrol gespeel in die ontwikkeling van infrastruktuur (elektrisiteit-
verspreiding, waterretikulasie, rioolstelsel en vullisverwydering) sowel as die al-
gemene modernisering van die administrasie, uitstallingsmetodes, fasiliteite en
kommunikasie. Hy vertel dat deurlopend gefokus is op die inhoud van wat aange-
bied is en die wyse waarop die Oesdag bestuur is.
Namate kommersiële boerderye ter wille van volhoubare winsgewendheid begin
diversifiseer het, het die keuse van uitstallers en die fasiliteite dinamies in pas ge-
bly met nuwe ontwikkelings en die nuutste boerderytegnologie ten einde vandag
so te sê aan elke faset van landbou aandag te gee.
Wat getal uitstallers en bywoning betref, het die Oesdag sedert die deregulering
van landboubemarking in 1997 oor die afgelope twee dekades bykans verdubbel.
’n Egalige verspreiding van besoekers oor die vier dae is onder andere bereik deur
die georganiseerde program vir elke dag dieselfde te maak.
In pas met verandering
Ten einde top uitstallers te betrek en om tred te hou met die konstante groei van die
Oesdag is NAMPO Park se infrastruktuur doelmatig ontwikkel en op aanbeveling van
die Oesdagkomitee het NAMPO en later Graan SA jaarliks fondse teruggeploeg in
die opgradering van die terrein en die fasiliteite.
Die Oesdag sou nie die impak van ’n afname in openbare dienslewering kon
vryspring nie en dit was voor die hand liggend dat NAMPO Park selfvoorsienend
moes word vir die huidige behoeftes en vir die toekoms. Tegnologie en hulpmid-
dels is dus ingespan om moderne stelsels vir kragverspreiding, waterverspreiding
en riolering te installeer.
Ondersteuningsdienste vir veiligheid en ramphulp op die terrein is vroeër jare deur
Bothaville se plaaslike owerheid verskaf. ’n Beheersentrum is egter in 2010 ingerig
wat tydens die Oesdag deurlopend in kontak is met die SAPD, verkeersowerhede,
mediese nooddienste, lugverkeerbeheer en al die dienste op die terrein ten opsigte
van elektrisiteit, gas, riool, vullisverwydering en brandbestryding. Deur samewer-
king met provinsiale verkeersowerhede is toegangsroetes na en van die Oesdag-
terrein verbeter.
Hennenman Boerevereniging het in 1998 ’n inisiatief van
stapel gestuur om ’n gedenkmuur op te rig wat ten doel
het om ’n versamelpunt vir name van slagoffers van
plaasaanvalle te wees. Hierdie Muur van Herinnering is ’n
monument ter nagedagtenis aan die produsente en hul
families wat sedert 31 Mei 1961 in plaasaanvalle dood is.
Aangesien NAMPO Park se sentrale ligging dit ideaal maak
vir die verering van slagoffers van plaasaanvalle het die
NAMPO Oesdagkomitee ingestem dat die gedenkmuur op
die terrein digby die hoofingang opgerig word. Teen 2016
was meer as 2 000 name reeds op
die muur aangebring.
MUUR VAN HERINNERING KRY STAANPLEK OP NAMPO PARK
Mnr Johan Loxton
“
”