DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႄႄ
• ’n Gratis trekker-en-waentjie-vervoerstelsel met vasgestelde roetes is in 2015
ingestel om vervoer dwarsoor die terrein te vergemaklik.
• Die toegangshekke word al vir bykans twee dekades deur Engen geborg en beman.
• Graan SA se NAMPO-handelsmerk word deurlopend uitgebou en versterk deur
middel van die volgende mediums:
- NAMPO Oesdag-webtuiste
- Skakeling met landbou- en ander media
- Toegeruste mediasentrum op NAMPO Park
- Mediaverklarings en perskonferensies
- Inligtingskantoor op NAMPO Park
- Spesiale Oesdaguitgawe van
SA Graan/Grain
in April gepubliseer
- Gratis boekie met uitstallerslys by hekke beskikbaar
- Uitstallerslys voorheen op ’n mobi-stelsel vir selfone beskikbaar
- Graan SA Radio sedert 2012 op die lug vir die duur van die Oesdag. Dit word
bedryf deur OFM Stereo en hou luisteraars op hoogte van verkeersvloei,
gebeure op NAMPO Park, handelsnuus en aktuele landboukundige inligting
- NAMPO Oesdag toep (
app
) sedert 2015 beskikbaar – bevat inligting, dagpro-
gram, terreinkaart en nuus
- Teenwoordigheid op sosialemedia-netwerke
• Namate kommersiële boerderye ter wille van volhoubare winsgewendheid begin
diversifiseer het, het die Oesdagkomitee se keuse van uitstallers en die fasiliteite
dinamies in pas gebly met nuwe ontwikkelings en die nuutste boerderytegnolo-
gie ten einde vandag so te sê aan elke faset van landbou aandag te gee.
INTERNASIONALE DEELNAME
Die Oesdag bied ’n ideale geleentheid vir internasionale uitstallers om ondersoek
te kom instel of daar ’n mark vir hul produkte in Suid-Afrika is en om kontak te maak
met plaaslike verspreidingsnetwerke.
’n Afvaardiging van Argentinië het in 2008 die eerste keer aan die NAMPO Oesdag
deelgeneem, wat sedertdien ontwikkel het tot ’n Argentynse paviljoen. In 2010 het
sowat vyf Amerikaanse uitstallers deelgeneem terwyl nuwe produkte uit Australië
ook ten toon gestel is. Vanaf 2011 het besoekersgroepe uit Afrika begin posvat.
Teen 2012 het gekombineerde uitstallings vanuit Amerika en Argentinië deel ge-
vorm van die oorsese uitstallers, met individuele uitstallers uit Pakistan, Brasilië,
Italië en Denemarke. Meer as 45 internasionale uitstallers was teen 2013 by die
Oesdag betrokke.
Welkom by Graan SA Radio...mnr Jannie de Villiers van Graan SA (links) is in gesprek met mnr Christie Hansen van OFM Stereo – wat
Graan SA Radio jaarliks namens Graan SA bedryf.
Mnr Charl van Rooyen van Landbou-
weekblad span uit oor etenstyd.
Oesdagvoorsitter Cobus van Coller (links)
en Johan Loxton in die elektrisiteit-be-
heerkamer. Elektrisiteit word in grootmaat
aangekoop en self op die terrein versprei.
Kort voor saktyd in die Mediasentrum se
nuuskantoor loop die konsentrasie hoog.