DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႃႈ
BUITEN DAT DIE NAMPO
OESDAG WÊRELDWYD
VIR SUID-AFRIKA
ONGELOOFLIKE GOEIE
REKLAME MEEBRING, IS DIT
’N ABSOLUTE NOODSAAKLIKE
GEBEURTENIS VIR ENIGE
KOMMERSIËLE BOER. DIT IS
DIE PLEK WAAR JY ALLES
BYMEKAAR OP EEN PLEK
SIEN EN AANKOOPSBESLUITE
KAN NEEM. HIER IS
OOK ONGELOOFLIKE
NETWERKGELEENTHEDE.
DIT IS DIE PLEK OM TE WEES
AS JY IN LANDBOU IS.
– Mnr Johan Loxton,
Bestuurder: Kommersiële
Dienste van Graan SA; 2015.
Hoewel voorafverkope van kaartjies sedert 2006 ingestel is, is ’n elektroniese kaartjie-
stelsel wat aanlyn-aankope bied, toegangsbeheer optimaliseer en akkurate bywo-
ningsyfers verseker, sedert 2015 in samewerking met TicketPro geïmplementeer.
Die uitgebreide Oesdagkomitee van weleer is intussen meer vaartbelyn gemaak.
Sedert die verversings grootliks op tenderbasis aan organisasies toegeken word,
is die komitee meer koördinerend van aard. Die Oesdagvoorsitter word bygestaan
deur ’n ondervoorsitter en sameroepers van die meganisasie- en 4x4-demonstra-
sies en vee-uitstallings terwyl die algemene bestuur, terrein, administrasie, funk-
sies en spyseniering deur Graan SA-personeel hanteer word.
Waar die Oesdag in 1967 met net agt uitstallers en ’n tydelike terrein afgeskop het, spog Graan SA se NAMPO Oesdag teen 2016 met ’n
moderne, toegeruste terrein wat meer as 650 uitstallers met gemak kan huisves.
TOE EN NOU: UITSTALLERS- EN BYWONINGSGETALLE
Jaar
Getal uitstallers
Bywoning
1967
8
203
1974
32
“Duisende egte boere”
1983
175
13 000
1996
280
42 000
2000
516
50 400
2005
576
68 802
2010
650
68 900
2015
Meer as 650
69 584
2016
685
75 116
“
”