Previous Page  18 / 27 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 18 / 27 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႃႊ

Hoogtepunte en mylpale

Uitbreidings, opgraderings en aktiwiteite wat gerealiseer het met Johan Loxton

aan die stuur van Oesdagsake, was soos volg:

• Geboue wat in samewerking met uitstallers opgerig is, sluit in Senwes, Omnia,

Claas, Northmec en SA Truck Bodies. Verskeie uitstallers het ook die perma-

nente strukture op hul standplase opgegradeer.

• Die toegangspad is vanaf die hoofingang op die terrein geteer, grondpaaie is ge-

plavei en bykomende grasperke is tussen die geboue en op standplase gevestig.

• Onderhandelings met John Deere wat al in Van Zyl se tyd begin het, is deur

Loxton voortgesit en uiteindelik met besondere ondersteuning van Mouton as

Oesdagvoorsitter deurgehaak.

• ’n Nuwe aanloopbaan vir ligte vliegtuie en helikopters – met ’n bemande beheer-

toring tydens die oesdagweek – is in 1999 op die terrein gevestig en word deur

uitstallers, besoekersgroepe, private vlieëniers en landbouprodusente gebruik.

Tydens NAMPO 2016 het 448 vliegtuie en/of helikopters daar geland.

• Die eerste fase van ’n eie elektrisiteitsverspreiding-projek op die terrein is in 2000

voltooi en ’n substasie en vier transformators is in die jaar in gebruik geneem.

As een van die grootste kapitaalprojekte tot op daardie stadium, het Botma hom

goed van sy taak as Oesdagvoorsitter gekwyt om die Dag- en Hoofbestuur van

NAMPO se steun vir die projek te verkry.

• ’n 4x4-hindernisbaan is in 2000 aan die suidekant van die terrein ontwikkel en

weer in 2008 opgegradeer.

• In ’n steekproef op Woensdag, 15 Mei 2001, is 5 800 produsente by die beheerde

implement- en werktuigdemonstrasies getel.

• ’n Mieliehop Pendeldiens na en van NAMPO Park word sedert 2001 deur die Mie-

liehoofstad Sakekamer in samewerking met die taxidrywers uit die gemeenskap

van Bothaville bedryf. Geborgde voertuie word ook ingespan. Die diens is sedert-

dien uitgebrei om selfs op aanvraag ’n roete vanaf Gauteng en elders in te sluit.

• Nuwe standplase, uitstalruimtes, geplaveide paaie en toiletgeriewe is jaarliks

geskep en het meegebring dat die Oesdagterrein stelselmatig sedert 2001 in ’n

suidelike rigting uitgebrei het.

• As gevolg van praktiese omstandighede is die restaurante en wegneemete-

kiosks sedert 2001 aan instansies wat op fondsinsameling aangewese is, soos

skole, kerke en boereverenigings, op ’n tenderbasis toegeken.

NAMPO Park se aanloopbaan vir ligte vliegtuie en helikopters word goed benut gedurende die Oesdagweek.

Die 4x4-demonstrasiebaan trek jaarliks

groot groepe toeskouers.