Previous Page  13 / 27 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 13 / 27 Next Page
Page Background

ႃႅ

HOOFSTUK 6

gedoen het en Dappies Venter wat bykans al die staalstrukture van geboue opgerig

het – weliswaar teen vergoeding maar met besondere lojaliteit teenoor die Oesdag.

Van Zyl se visie om ’n groot saal wat 127 uitstallers kan huisves en nagenoeg

3 600 m

2

beslaan, is verwesenlik toe die NAMPO Saal tydens die 1998-Oesdag in

gebruik geneem is. Hierdie moderne toevoeging tot die onderdak uitstalruimte is

afgerond toe dit toegerus is met matte en professionele uitstalhokkies. Die uit-

stalmetode, wat deur mnr Johan Loxton ingestel is, is sedertdien na elkeen van

die sale op die terrein uitgebrei.

Video: Mnr Giel van Zyl vertel hoe ’n dame

van Mpumalanga oor die foon vir NAMPO Park

water aangewys het.

Die NAMPO Oesdag-handelsmerk was nog

in gebruik tot met Graan SA se stigting in

1999. Hoewel die naam behoue gebly het,

staan die skou sedertdien amptelik bekend

as Graan SA se NAMPO Oesdag.

Drie van die harde werkers in die Fanie Ferreira-saal. Van links verskyn Petra Kruger,

Annatjie van Zyl en Theresa Jordaan. Hier is hulle in druk gesprek besig om ’n ernstige pro-

bleem wat opgeduik het, op te los. Petra was teen 1991 in beheer van die spyseniering en

Annatjie in beheer van die ontbytsessies.

Die mense stroom die Fanie Ferreria-saal binne en dit moet hier vat, daar vat en raak vat!

Soos dit maar elke jaar die geval is, het al die vrywillige helpers en helpsters uur na uur

die aanslag van honger mae getrotseer. Dank gaan aan al die vroue wat op dié wyse hul

plekke oor jare vol gestaan het.

’n Toneel wat spreek van ’n miernes van bedrywighede tydens die tweede dag van die 1985 NAMPO Oesdag.

Play Video