DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႃႂ
Wat verversings betref, mag niemand anders as die Oesdagkomitee enige verver-
sings op die terrein gebring het nie. ’n Sterk vrywilligerskorps was dus onontbeer-
lik. Die slag van skape en beeste en die verwerking daarvan was ’n grootskaalse
aktiwiteit in die week voor die Oesdag. Vrywilligers is gedurende die Oesdag in-
gespan om die braaiwerk te doen en slaai te maak. Hierdie vrywilligers het bestaan
uit produsentelede, lede van hul gesinne asook mense uit die gemeenskap.
Sedert 1974 is ’n damesprogram aangebied. Dit het uit sprekers, demonstrasies en
’n modeparade bestaan.
WAT IS ONDER DIE
SWART DOEK?
IN DIE BEGINJARE IS
PROBLEME ONDERVIND
OMDAT BAIE VAN DIE
VERVAARDIGERS NIE
AAN DIE OESDAG WOU
DEELNEEM NIE. HANNES
VAN WYK VERTEL VAN EEN
TREKKERMAATSKAPPY
WAT HARDNEKKIG
GEWEIER HET OM AAN DIE
OESDAG DEEL TE NEEM.
DIE REËLINGSKOMITEE
HET TOE EEN VAN
DIE MAATSKAPPY SE
TREKKERS IN DIE MIDDEL
VAN DIE TERREIN GETREK
EN ONDER ’N SWART
DOEK TOEGEGOOI,
WAT NATUURLIK BAIE
AANDAG GETREK HET.
DIT WAS BLYKBAAR DIE
LAASTE KEER DAT DIÉ
MAATSKAPPY NIE DEEL
VAN DIE OESDAG WAS NIE.
Dennis von Abo, Oesdagdirekteur 1976 - 1987
Danksy ’n bemarkingsloopbaan in die meganisasiebedryf was mnr Dennis von Abo
instrumenteel om ’n gesonde basis van werktuig- en implement-uitstallers by die
Oesdag te vestig. Onder sy beheer het die Oesdag uit sy 1974-skoene tot ’n volwaar-
dige landbouskou ontwikkel.
In 1977 is die eerste buitelandse deelname aan die trekker- en implement-demon-
strasies aangeteken toe ’n vervaardiger van die destydse Rhodesië deelgeneem het.
Demonstrasies is op vier persele aangebied wat oesdaggangers in staat gestel het
om die volle reeks demonstrasies op vasgestelde tye te kon besoek.
Die 1982-oesdag kan beskou word as ’n mylpaaljaar aangesien verskeie voltooide
permanente geboue op die terrein in gebruik geneem is, waaronder die NAMPO/
Shell-inligtingsentrum. Die oesdagkantore is hier gehuisves asook ’n sitkamer en
kroegarea vir belangrike gaste. Volgens Dennis kon hy deur onderhandeling met
mnr Church van Niekerk van Shell ook Kaaps-Hollandse geelhouttafels en riempie-
stoele asook ’n ingeboude soliede hout kroegtoonbank as skenking verkry.
Ander voltooide geboue wat in 1982 in gebruik geneem is, het ingesluit:
• NAMPO Museum (geborg deur Mobil)
• Malcomess-gebou
• Ford opleidingsentrum
• Bayer SA-gebou
• Vetsak-gebou
• International Harvester-gebou
• Natuurgroei-gebou
• Spartan Cages-gebou
• Rietvlei-saal (later omskep in die Klub 200-restaurant en tans die Graan SA
ledelokaal)
Wat demonstrasies betref, is die eerste dag gewy aan statiese uitstallings. Op
die tweede en derde dag het ’n grootskaalse demonstrasie van werktuie plaas-
gevind met die statiese uitstallings steeds daar vir besigtiging. Sedert 1983 is
die demonstrasies in verskillende kategorieë aangebied om toeskouers in staat
te stel om werktuie en implemente direk met mekaar te vergelyk. Vanaf 1987 is
trekkers volgens kilowatt-grootte gegroepeer.
DIT WAS DAREM NIE ALLES WERK EN GEEN TYD
VIR SPEEL NIE...
•
Die Landman
(voorganger van
SA Graan/Grain
-tydskrif) van April 1974
berig soos volg: “Vir die aande is daar vuurwarm vermaak. Dit sluit in ’n
verskeidenheidskonsert, ’n kabaretvertoning en ’n Oesdagbal.”
• Hannes van Wyk vertel in April 1989 aan
Mielies/Maize
dat na afloop
van die vroegste Oesdae se verrigtinge, daar in ’n tent tot ligdag gedans
en jolyt gehou is “dat selfs die tent byna in die stof gebyt het.”
Mnr Dennis von Abo