Previous Page  8 / 27 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 8 / 27 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ONS SAL DAARTEEN

MOET WAAK OM NIE TOE

TE LAAT DAT DIE OESDAG

IN ’N VLOOIMARK

ONTAARD NIE. DIE DOEL

VAN DIE OESDAG IS OM

AAN INSETVERSKAFFERS

DIE GELEENTHEID TE GEE

OM OP ’N PERSOONLIKE

BASIS MET ONS BOERE

KONTAK TE MAAK EN

SODOENDE DIE JONGSTE

TEGNOLOGIE OP DIE

GEBIED VAN LANDBOU

AAN HULLE OOR TE DRA.

– Mnr Giel van Zyl,

Hoofbestuurder van

NAMPO; 1996.

Landbouleierskap

Die oesdagpioniers was daarop ingestel om die Oesdag as mededingende SAMPI-

produk te vestig en terselfdertyd die behoefte van produsente effektief aan te

spreek. Die drie grondleggers van Bloemfontein het regdeur die beginjare ’n sterk

teenwoordigheid gehandhaaf in die organisering van die Oesdag wat op Hopefield

gehou is, asook die ander streeksoesdae wat sedert 1969 begin posvat het.

Mnr Kobus Kotzé het die voortou geneem in die organisering van die Oos-Trans-

vaalse oesdag. In die Wes-Transvaal het mnr Callie van Wyk van Ottosdal leiding

geneem. Mnr Paul Jordaan was vanaf 1974 die Oesdagvoorsitter en is in 1983 deur

Van Wyk opgevolg.

Teen die vroeë tagtigerjare is die amptenary ondersteun deur ’n reëlingskomitee

bestaande uit vrywillige produsente wat nie noodwendig op die Hoofbestuur

Die eerste geboue het in 1974 op die permanente Oesdagterrein verrys. Hier word die vloer

van een van die restaurante gegooi.

Graan SA het tydens ’n 50 jaar-geleentheid op Vrydag, 20 Mei, die organisasie se oud-leierskap, NAMPO Oesdag-komiteelede, vrywil-

ligers, personeel en vriende van die Oesdag onthaal. Op die foto is die landbouleierskap verantwoordelik vir Graan SA se NAMPO Oesdag

oor die afgelope bykans drie dekades. Voor: Vic Mouton (Oesdagvoorsitter 2001 - 2005), Jub Jubelius (Oesdagvoorsitter 2005 - 2011),

Cobus van Coller (Oesdagvoorsitter sedert 2011) en Johan Loxton (wat as Bestuurder: Kommersiële Dienste vir die afgelope 20 jaar aan

die stuur van die NAMPO Oesdag se organisering staan). Agter: Jannie de Villiers (Uitvoerende Hoofbestuurder: Graan SA), Japie Grobler

(Oesdagvoorsitter 1987 - 1989) en Bully Botma (Oesdagvoorsitter 1989 - 2001).